Die datum van die verhoor van die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die egpaar Jacob en Dudu Sono in Augustus by die KFC-deurrybaan in Montana in noorde van Pretoria aangerand het, is Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof vasgestel.
Prins Harry is verloof
Clarence House het die nuus in ʼn verklaring bevestig.
Rondloperleeu opgespoor
Die wilde leeu wat sedert Sondagmiddag in die Magoebaskloof-omgewing rondgeloop het, is Maandagoggend gevind.
Boer sit aanvallers agterna ná plaasaanval
“Die verdagtes het verskeie skote op die boer afgevuur en hy het teruggeskiet.”
Man sterf toe trok, bromponie bots
ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood toe ʼn vragmotor en ʼn bromponie Sondagaand in Knysna in die Wes-Kaap gebots het.
Seuns tuis ná weerlig tref: ‘God is goed’
“Hy is wel nog baie stil en teruggetrokke, en ruk wanneer hy slaap. Die skool het ʼn sielkundige gekry wat hom sal bystaan.”
Regering wil deurdruk met nasionale gesondheidsversekering
“Die kernfokus is om ʼn einde te maak aan die mediese skemas wat tans sowat 9 miljoen lede het.”
Tienerseuns vas ná aanval op boer
Vier verdagtes, tussen 14 en 18 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat ʼn 65-jarige boer Sondagmiddag in die Mooirivier-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval en aangerand is.
Nuuskommentaar: Apartheid weer ‘afgestof’
Apartheid, of die ou Nasionale Party, word nou weer betreklik gereeld in die media geopper, en nie altyd volledig krities nie. Dit word dikwels in sterk teenstelling geplaas met die gemors wat pres. Jacob Zuma en sy kornuite met die ANC aanvang. Aan die ander kant word apartheid steeds goed ingespan om te blameer vir als wat nou skeefloop.
Foto’s: Demi-Leigh – ‘’n Kleintyd-droom het waar geword’
“Ek dink nie ek kan hierdie gevoel aan enigiemand verduidelik nie – wanneer jy almal wat nie in jou geglo het nie, verkeerd bewys en almal wat in jou geglo het vandat jy ʼn klein meisietjie was, trots maak.”
175 oor naweek in Jhb vasgetrek
Altesaam 175 verdagtes is die afgelope naweek in sentraal-Johannesburg in hegtenis geneem.
Wilde leeu gesoek ná ontsnapping uit sleepwa
“Lede van die meenskap word gewaarsku om versigtig te wees as hulle in die omgewing is of daarheen reis.”
Dwelmlaboratorium danksy wenk ontdek
“ʼn Geheime laboratorium met verskillende chemikalieë en dwelms is in een van die kamers van die huis aangetref,” het Van Wyk gesê.
Man vas oor beskermde reptiele
ʼn 49-jarige man sal Maandag in die hof verskyn nadat hy glo met beskermde reptiele ter waarde van meer as R700 000 in sy besit betrap is.
Wes-Kaap steun Ramaphosa vir president
Die meeste ANC-takke in die Wes-Kaap het hul gewig agter adj.pres. Cyril Ramaphosa gegooi as die voorkeurkandidaat om as ANC-president oor te neem by die party se verkiesingskonferensie in Desember.
Klag teen boer ná werker in fratsongeluk sterf
ʼn Saak van strafbare manslag sal teen ʼn wildsboer van Limpopo aanhangig gemaak word nadat ʼn plaaswerker Sondag tydens ʼn fratsongeluk op ʼn plaas noord van Lephalale gesterf het.
Man erken hy slaan vriendin met stoel dood
“Hy het haar gelos waar sy op die vloer gelê het en gaan slaap. Toe hy vanoggend wakker word, het hy haar dood aangetref.”
Demi-Leigh as Mej. Heelal gekroon
Suid-Afrika se Demi-Leigh Nel-Peters is pas as die volgende Mej. Heelal gekroon tydens ʼn glansgeleentheid by The Axis-teater in Las Vegas in die VSA.
Kritiek-beseerde kleuter wakker in hospitaal
Jayden Helberg, die kleuterseuntjie van Pretoria wat Donderdag kritieke beserings by sy skool opgedoen het, se toestand het verbeter en hy maak al sy oë oop.
Tien jaagduiwels binne paar uur vasgetrek
Die grootste jaagduiwel is vasgetrek nadat hy 233 km/h gery het. ‘n Ander motoris het aan EMPD-beamptes gesê hy het gejaag omdat hy op pad was om sy diabetes-medikasie te kry.