Die ANC se nasionale leierskapkonferensie skop eers amptelik Saterdag by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg af, maar Twitter is reeds behoorlik aan’t gons soos wat daar op dié sosialemediaplatform oor die konferensie gesels en gedebatteer word.
Vyf plaasaanvallers swaar gestraf
Dié groep gewapende mans het plase in die Pongola- en Magudu-polisiëringsgebiede aangeval en die eienaars van waardevolle items soos vuurwapens beroof en vroue verkrag.
Vier ‘inbrekers’ loop rieme styf
“Die verdagte het na bewering toegang tot die slagoffer se erf verkry deur die muur te breek.”
Man wat glo vyfjarige vermoor dood aangetref
ʼn 28-jarige man wat in hegtenis geneem is omdat hy na bewering sy vrou en kinders vroeër vandeesmaand tydens ʼn voorval van huishoudelike geweld aangeval het, is dood in sy tronksel in Louis Trichardt aangetref.
Rugbyster se vrou vermoor glo eie kinders
Die 39-jarige vrou het haarself na bewering ook verskeie kere in die maag gesteek – glo in ʼn poging om haar eie lewe te neem.
Vroue jok glo oor rooftog by Pta-poskantoor
Drie vroue wat by ʼn poskantoor in Centurion werk, is in hegtenis geneem nadat hulle glo valslik beweer het dat hulle by hul werkplek aangeval en beroof is.
Man tydens winkelroof geskiet
‘n Man moes Dinsdagaand self na ʼn hospitaal jaag nadat hy tydens ʼn gewapende rooftog in ʼn winkel geskiet is.
Staatskapingverslag: Zuma moet self betaal
Pres. Jacob Zuma het verlede jaar in sy hofaansoek aangevoer hy het nie genoeg tyd gehad om oor die bewerings teen hom in die staatskapingverslag te reageer nie.
Jacques Pauw: Polisiebeampte glo van saak verwyder
Jacques Pauw, die ondersoekende joernalis en skrywer van die omstrede boek The President’s Keepers, het Dinsdag gesê die polisieondersoekbeampte wat die saak teen hom behartig het, is van die saak verwyder.
Soektog na Gauteng-pa duur voort
“Dit is vir ons ma baie stresvol. Sy is nie baie gesond nie en die stres gee haar ʼn ekstra knou. Sy sukkel om daarmee saam te leef en slaap nie in die nagte nie.”
Steinhoff: Nóg ondersoeke kom
Afgesien van die ondersoek saam met CIPC, sal die departement ook die onafhanklike reguleringsraad van ouditeure (Irba) vra om ondersoek in te stel na die rol van ouditeure in die Steinhoff-skandaal.
Vermiste Polokwane-sakeman opgespoor
Die polisie het bevestig Harmse is tans in die hospitaal en ontvang mediese behandeling.
Meer as R1 miljard vir Jan Taks in 2016-‘17
ʼn Demografiese en geografiese analise van die belastingbetalers wat teen einde Junie 2017 geassesseer is, het getoon dat 40,2% van alle belastingbetalers van Gauteng afkomstig is.
Nuuskommentaar: Zuma kos die ANC baie steun
Die jongste versoeningsbarometer se syfers werp heelwat lig op hoe pres. Jacob Zuma die ANC van die wal in die sloot gehelp het. Nou breek daar vir Zuma ’n oomblik van waarheid aan.
Presidensie ontken noodtoestandberigte
Dié berig het onder meer genoem dat enige veiligheidsbeampte ingevolge hierdie konsepregulasies volgens sy eie oordeel kan optree en mense in hegtenis kan neem of eiendom deursoek.
Kampsbaai-moord: Verhoor hervat
Die moordverhoor van Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella, van Guatemala wat verdink word van die moord op sy vriendin, Gabriela Alban (39), in Kampsbaai in 2015, sal na verwagting Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad hervat.
Nóg 8 vas vir 93 moorde by Glebelands-hostel
Agt verdagtes onder wie ʼn polisieman is in hegtenis geneem in verband met 93 moorde by die berugte Glebelands-hostel in uMlazi in KwaZulu-Natal.
Wes-Kaap: Varswaterhulpbron gevind
Die departement van minerale hulpbronne het Dinsdagaand bevestig dat hy ʼn varswaterhulpbron in die Wes-Kaap gevind het.
Man (67) verkrag glo 9-jarige stiefdogter
Die ma het agtergekom dat haar dogter ongewoon vreemd optree nadat sy van die werk af teruggekeer het en haar daaroor uitgevra.
Strandgangers gewaarsku teen haai-aktiwiteit
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) en die owerhede het die publiek aan die kuslyn van die Suid-Kaap gemaan om versigtig te wees ná verhoogde haai-aktiwiteit in die gebied tussen Natures Valley en Mosselbaai.