Daar word beweer dat die vroue die meisies vir die pastoor gewerf het en dan hul bewegings fyn dopgehou het in die plekke waar hulle aangehou is.
Mnangagwa sal Vrydag ingesweer word
Die afgedankte adjunkpresident van Zimbabwe, Emmerson Mnangagwa, sal Vrydag as die staatshoof van dié land ingesweer word.
Gupta-broer het my geïntimideer, sê oud-Eskom-voorsitter
Tony Gupta, een van die broers wat geïmpliseer word in bewerings van staatskaping in Suid-Afrika, sou die voormalige raadsvoorsitter van Eskom vra vir sakegunste, en as hy geweier het, het Gupta gedreig om hom by uBaba aan te meld, het LP’s Woensdag gehoor.
Esidimeni-verhoor: Getuie vertel van sussie se verkragting
Die getuie het gesê haar familie het eers van die verkragting te hore gekom nadat sy drie dae lank in die bed gebly het.
Nuwe polisiekommissaris aangestel
Pres. Jacob Zuma het Woensdag Suid-Afrika se nuwe nasionale polisiekommissaris aangestel.
ANC ‘onthuts’ oor gebeure in Zimbabwe
Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het gesê die party was onthuts oor die militêre oorname in Zimbabwe wat Robert Mugabe se 37 jaar lange bewind tot ʼn einde gebring het.
Parys-boere: Tjixa ‘in diep slaap’ ure voor hy sterf
Om 05:00 die oggend van 7 Januarie 2016 het ʼn verpleegster by die staatshospitaal in Parys, waar Samuel Tjixa ʼn pasiënt was, op haar notas aangedui die pasiënt toon geen reaksie nie, sy bloeddruk is baie laag, hy is op 100% suurstof en het ʼn bruinerige afskeiding uit sy neus en mond. Om 06:00 was hy dood.
Afrigter dan in hof oor seksuele aanranding van seuns
Die voormalige waterpolo-assistentafrigter van Parktown Boys’ High School in Johannesburg wat tereg staan op 160 aanklagte wat strek van seksuele aanranding en verkragting tot poging tot moord, het Woensdag in die Johannesburgse hooggeregshof verskyn.
Vermiste man dae later in rotsskeur op plaas gevind
“Ek was nog nooit so bly om iemand te hoor hoes nie.”
Die wêreld in foto’s – 22 November 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Man voor kleinkinders met panga aangeval
Koos Ludeke was op die punt om die plaas saam met sy kleinkinders verlaat toe hy sien sy voertuig se band is pap.
Anika-saak: Maat vertel oor gerugte by skool
Maxie de Kock, die vrou wat saam met Anika Smit (17) op skool was toe sy in 2010 in die noorde van Pretoria wreed vermoor is, het Woensdag in die Pretoria-Noord-landdroshof tydens die geregtelike ondersoek na haar dood getuig.
Parys-boere: Verskeie onbeantwoorde vrae
ʼn Mediese dokter wat Woensdag tydens die sogenaamde Parys-boere-moordverhoor getuig het, kon verskeie van die vrae wat tydens kruisondervraging aan hom gestel is, nie beantwoord nie.
Anika Smit se ma opgespoor
Charlotte Eksteen, ma van die vermoorde Pretoria-tiener Anika Smit, is opgespoor nadat sy vroeër nie bereik kon word om die geregtelike ondersoek na haar dogter se moord by te woon nie.
Skokgetuienis oor Zuma, Myeni en Gupta-broer se inmenging by Eskom
Volgens Tsotsi het Tony Gupta vir hom gesê: “Voorsitter, jy help ons met niks. Ons is die een wat jou in dié posisie gesit het, ons is die een wat dit van jou af kan wegvat!”
Sosiale media gons ná Mugabe-bedanking
Nando’s is bekend daarvoor dat hulle mense laat skater met hul spitsvondige en dikwels aktuele bemarkingsmateriaal en hul reaksie op Robert Mugabe se bedanking as president van Zimbabwe het nie teleurgestel nie.
Seun vas ná hy pa (77) glo met byl doodkap
“Sy het haar pa in ʼn plas bloed aangetref, hy was reeds dood.”
Anika Smit se ma skoonveld
Anika se ma is een van die belanghebbende getuienisse in die ondersoek.
Dwelms, renosterhoring en leeutande op lughawe gevind
Wetstoepassers by die Internasionale Lughawe OR Tambo het ʼn besige paar dae agter die rug.
Twee kinders sterf in botsing
Twee meisies, glo albei 10 jaar oud, is Woensdag in ‘n botsing in Johannesburg dood.