Dit het ook aan die lig gekom dat die slagoffer ‘n groot bedrag in ‘n siviele hofgeding van Oosthuyzen en Jackson eis.
Agentskap gepos oor ‘net wittes’-advertensie
M-Net het Maandag bevestig dat hy die werwingsagentskap die trekpas gegee het.
Vrystaat-plaasmoord: Man het noodboodskap gestuur
Die jong man wat Sondag op ʼn wildsplaas in die Jagersfontein-omgewing in die Vrystaat doodgeskiet is, het kort voor sy dood ʼn noodboodskap van sy selfoon af gestuur.
Titanic-brief vir miljoene verkoop
“As alles goed gaan, sal ons Woensdagoggend in New York aankom,” lees ʼn deel van die brief.
Man dood in motor gevind
ʼn Man is Maandagmiddag dood in sy motor in Randburg, Johannesburg, gevind.
Vrou op kleinhoewe met skroewedraaier gesteek
Dit is glo nie die eerste keer dat die vrou op die kleinhoewe aangeval is nie.
Man in gesig gesteek toe hy wou Uber
Die Afrikaanse kletsrymer, Jack Parow, het bygevoeg hy en nog ʼn vriend is onlangs deur taxibestuurders met pangas gedreig toe hulle buite Sandton City Mall vir ʼn Uber-bestuurder gewag het.
Balfour-plaasaanval: Vrou (73) moes aanvallers help vlug
ʼn Bejaarde vrou moes Vrydagaand op ʼn plaas buite Balfour in Mpumalanga haar aanvallers help om hul bakkie aan die gang te stoot, terwyl haar man roggelend op die vloer in die huis gelê het nadat hy in die gesig geskiet is.
Krieketspeler ontken dat hy hom ontbloot
Die krieketspeler dagvaar ‘n mediamaatskappy oor bewerings wat hulle in ʼn reeks artikels in Januarie 2016 gemaak het.
Weduwee, twee ander skuil in badkamer tydens plaasaanval
ʼn Vrou, haar negejarige seun, ʼn vriendin, die plaasvoorman en werkers is Sondagaand op ʼn plaas in Mpumalanga aangeval.
Esidimeni: Qedani moet getuig, sê Helpende Hand
Helpende Hand wil die publiek aanmoedig om die petisie te steun sodat ons kan seker maak die gewese LUR ry aan die pen vir haar swak besluite.
Jong man op Vrystaat-plaas doodgeskiet
ʼn Ondersoekspan was Maandagoggend steeds op die toneel waar ʼn 21-jarige voorman op ʼn plaas in die Jagersfontein-gebied in die Vrystaat doodgeskiet is.
Oscar Pistorius-kostuum van rakke verwyder
Die aanlyn handelaar Amazon het verkope van ʼn Halloween-uitrusting wat Oscar Pistorius uitbeeld, onttrek.
Nuuskommentaar: Verskriklik! Wie is spioen en wie pleeg sedisie in regering?
“Skrikwekkend” en “dit slaan die asem weg,” is maar twee van die soort opmerkings wat van ontleders en politieke leiers gehoor word ná die Sunday Times se voorbladberig oor wat agter die skerms met die kernprogram aan die gang is.
Pta-advokaat in hof vir aanranding
ʼn Advokaat van Pretoria verskyn Maandag in die stad se landdroshof nadat hy glo ʼn 29-jarige vrou met ʼn bierbottel aangerand het toe sy vir ʼn sigaretaansteker gevra het.
Duiker in see by Kaapstad vermis
ʼn Duiker word vermis nadat hy en sy broer Sondag in die see by Bantrybaai in Kaapstad gaan duik en hy nie weer uit die water te voorskyn gekom het nie.
Matriekeksamen skop vandag af
Die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen skop Maandag landwyd af met vraestelle vir nie-amptelike tale wat vandag geskryf word.
Polisieman tydens inhegtenisneming vermoor
ʼn Polisiebeampte van Limpopo is Sondagmiddag in Louis Trichardt vermoor toe hy ʼn gewelddadige verdagte in hegtenis probeer neem het.
Man op Balfour-plaas geskiet
ʼn Man is Vrydagaand glo sonder enige waarskuwing geskiet toe hy by sy huis op ʼn plaas in die Balfour-distrik in Mpumalanga ingestap het.
Nóg ʼn aanklag van seksuele aanranding by Gauteng-skool
Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê hy het met hartseer van die jongste voorval verneem.