Die man wat aangekla word van die verkragting van en moord op die driejarige Courtney Pieters sal Donderdag weer in die Goodwood-landdroshof verskyn.
Gauteng-ontsnapping: 5 van 20 weer vas
Vyf van die 20 verhoorafwagtende gevangenes wat Dinsdagmiddag uit ʼn polisiewa in Johannesburg ontsnap het, is weer agter tralies.
[Foto’s] Talle sterf toe magtige tifoon tref
“Mense het net geswem en geskree om hulp. Daar was geen bote nie. Die water het net so skielik gekom.”
Ramaphosa: ‘Guptas sal nie vervolging kan vryspring’
“Niemand, geen familie, is bo die wet verhewe nie. Ek wil wegdoen met die mite dat sommige mense die beskerming van die staat geniet.”
‘Stropery’: Plaasbestuurder vra borgtog
Samuel Liversage (68), ʼn plaasbestuurder van Limpopo wat in hegtenis geneem is nadat renosterhorings, olifanttande en ongelisensieerde vuurwapens verlede week op ʼn wildreservaat buite Tzaneen gevind is, sal na verwagting Donderdag om borgtog aansoek doen.
Nuuskommentaar: Verval land of is dit net persepsie?
Die ANC dis gereeld voor verkiesings sy “goeie storie” op en pres. Jacob Zuma ry die perd ook holrug in sy staatsredes. Maar is dit werklik, of is die waarneming van algemene verval meer as net ’n persepsie?
Mans met miljoene se perlemoen betrap
Die Wes-Kaapse polisie het twee mans in hegtenis geneem nadat perlemoen ter waarde van sowat R10 miljoen in hul besit gevind is.
Ramaphosa ontken heksejag teen ANC-LP’s wat vír mosie stem
“Die ANC het aanvaar dat die stemming plaasgevind het soos dit het. Soos enige ander politieke party het die ANC private interne prosesse en dit moet gerespekteer word, net soos ons die interne prosesse van ander partye respekteer.”
Nuwe waarnemende misdaadhoof aangestel
ʼn Nuwe waarnemende afdelingskommissaris vir misdaadintelligensie is pas aangestel.
1 dood, 2 beseer toe gesin begrafnisonderneming besoek
Die gesin het glo die begrafnisonderneming besoek om die begrafniskoste van ʼn oorlede familielid te betaal toe hulle deur vier verdagtes oorrompel is.
‘Neem die boer in hegtenis,’ eis Majakaneng-betogers
Dié boer van die Brits-omgewing moes sy plaas vroeër ontruim nadat hy glo doodsdreigemente ontvang het en daar gedreig is dat sy huis afgebrand gaan word.
Foto’s van ontsnaptes uitgereik
Die Gautengse polisie het gewaarsku dat die 20 verdagtes as gevaarlik beskou moet word.
Zimbabwiërs vas oor R2 m. se heroïen
Drie Zimbabwiërs is Dinsdagaand by die Beitbrug-grenspos in Limpopo hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ʼn groot hoeveelheid heroïen in die Suid-Afrika in te smokkel.
Gabriella Engels, AfriForum gaan hof toe oor Grace Mugabe
Mugabe het Sondag na Zimbabwe teruggekeer ten spyte van talle eise dat sy vervolg moet word nadat sy Gabriella Engels glo aangerand het.
KFC-voorval: Drie bly nog agter tralies
“Wit-op-swart-aanvalle word deurlopend aan die groot klok gehang, terwyl swart-op-wit-aanvalle grootliks geïgnoreer word”.
Man vas oor vuurwapens, plofstof
Die Valke het ʼn 65-jarige man aan die Oos-Rand in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens, handgranate, ammunisie, plofstof en gouddraende materiaal.
Vodacom vergoed kliënte só na datablaps
“ʼn Fout soos dié het nog nooit voorheen voorgekom nie en ons het stappe gedoen om te verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.”
KFC-voorval: ‘Geweld kan uitbreek as beskuldigdes borgtog kry’
“Jy het gesien wat buite die hof gebeur. Wat dink jy sal gebeur as die beskuldigdes borgtog toegestaan word?”
Guptas verkoop Tegeta ‘om poste te red’
Oakbay se uitvoerende hoof het gesê die koop sal ook die Guptas toelaat om hul naam te herstel na aanleiding van toenemende bewerings van staatskaping.
Ondersoek afgehandel ná weermaglid glo Pta-vrou skiet
Die polisie se ondersoek is afgehandel in ʼn saak van poging tot moord wat spruit uit ʼn voorval byna twee weke gelede waarin ʼn weermaglid Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria, glo ten aanskoue van haar verloofde en motoriste in haar bors geskiet het.