Pres. Jacob Zuma het die groen lig gegee vir die Spesiale Ondersoekeenheid (SO) om enige wangedrag by die SAUK te ondersoek, het sy kantoor Vrydag gesê.
Ondersoek ná brand kwartiere verwoes
Die polisie in Louis Trichardt ondersoek ʼn brand wat vanoggend omstreeks 02:00 uitgebreek het by die polisie-kwartiere.
DA nader hof om Grace Mugabe se diplomatieke immuniteit te daag
Die Demokratiese Alliansie het aansoek gedoen in die konstitusionele hof om direkte toegang te bekom om die besluit van die minister van internasionale betrekkinge en samewerking om diplomatieke immuniteit aan Grace Mugabe toe te staan, te daag.
Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie
Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie.
‘Prokureur’ kla nou oor onregmatige inhegtenisneming
Brenda Wardle het tydens die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se moordsaak bekendheid verwerf toe die SAUK en die BBC in daardie stadium met haar onderhoude gevoer het as ʼn regsanalis.
Doodskis-video: Twee hoor dan hul lot
Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die beskuldigdes in die berugte doodskisvideo-saak, is Vrydag in die hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind op verskeie aanklagte.
Botsing lei tot omstanders se dood
Twee mans is Vrydag dood toe ʼn voertuig wat in ʼn botsing betrokke was, hulle getref het.
Skoonmaker kom op fetus af
ʼn Fetus is Vrydagoggend in Kempton Park aan die Oos-Rand gevind nadat dit in koerantpapier toegedraai en in ʼn asblik gegooi is.
Doodskis-video: Uitspraak gelewer
Die Middelburg-hooggeregshof in Mpumalanga het Vrydagoggend uitspraak gelewer in die saak teen Theo Martins Jackson (29) en Willem Oosthuizen (28), die twee beskuldigdes in die opspraakwekkende sogenaamde doodskis-video-saak.
Onderwysdepartement sê oor Meyerspark se beheerliggaam
Die Gautengse onderwysdepartement sê hulle het besluit om die omstrede beheerliggaam van Laerskool Meyerspark van alle magte te stroop en ʼn bestuursadministrateur oor die skool aan te stel.
Hospitaalwerker bedank ná sy R10 miljard wen
Voordat sy na die wen-nommers gekyk het, het sy aan haar vriendin gesê: “Dit sal nooit ek wees wat wen nie, dit is maar net ʼn droom vir my.”
Skelm ‘dokter’ op 4 523 aanklagte gevonnis
“Gedurende hierdie tydperk het hy pasiënte fisiek ondersoek, gediagnoseer, na spesialiste verwys, bloedtoetse aangevra, besnydenisse gedoen en medisyne voorsien.”
Die wêreld in foto’s – 25 Augustus 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Guptas se beeldpoetser moontlik beboet
Van Damme het gesê indien die DA se klag nie deur PRCA se professionele praktykkomitee gehandhaaf is nie, sou hulle dit Donderdagmiddag bekendgemaak het.
Skool se biblioteek afgebrand
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na verdagtes wat ʼn biblioteek by ʼn plaaslike hoërskool afgebrand het.
Werksoekers teen aanlyn slenter gewaarsku
Volgens die valse advertensie kan daar om 18 poste as senior sekretaris en 42 poste as algemene assistent aansoek gedoen word.
Sanger in kapingsdrama
ʼn Suid-Afrikaanse sanger is Vrydagoggend glo buite sy huis in Melville in Johannesburg gekaap en ontvoer.
‘Skelm’ buffelverkoper uiteindelik vas
Die polisie het Donderdag ʼn man, in sy 40’s, in hegtenis geneem wat glo al ʼn geruime tyd gesoek is in verband met verskeie bedrogsake wat verband hou met kammabuffelverkope.
Tekenprent: ʼn Helpende hand vir SAL
Die tesourie is steeds van plan om R10 miljard van sy aandeel van 39% in Telkom los te maak om die “terminale” Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) van ondergang te red. Die tekenprentkunstenaar Jeremy gee sy interpretasie van die gebeure.
Koalisieregering in Nelson Mandelabaai in gedrang
DA-leier Mmusi Maimane het Bantu Holomisa, leier van die UDM, se ultimatum om aan die Nelson Mandelabaai-koalisie te onttrek indien die adjunkburgemeester nie weer in sy pos heraangestel word nie, verwerp.