“Die plaaslike GPF het ons na die toneel ontbied.”
Parool ná gru-plaasmoord: ‘Hulle verdien dit nie’
John (78) en Bina (76) Cross is 17 jaar gelede wreed op hul plaas vermoor. Hul moordenaars kan moontlik binnekort op parool vrygelaat word. Die egpaar se dogter, wat die moordenaars ook al in die tronk besoek het, meen egter dit moet nie gebeur nie.
Soektog na Kruger-vier duur voort
Die soektog duur voort na vier jong leeumannetjies wat uit die Krugerwildtuin in Mpumalanga ontsnap het.
Vrou sterf ook ná man huis aan die brand steek
Haar dood bring die dodetal van dié tragiese voorval op drie te staan.
Hof sê oor verpleegster se plasing
Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdag uitspraak gelewer rakende die departement van gesondheid se beweerde versuim om ʼn afgestudeerde verpleegster meer as ses maande nadat sy haar studie voltooi het, by ʼn hospitaal te plaas.
Dieretuin-staking: Stakers rand werkers aan
Sommige werkers wat die naweek te midde van die skoolvakansie op ʼn staking by die Pretoriase dieretuin gegaan het, het Maandag hul protesaksie voortgesit.
Nóg ʼn fetus in asblik gevind
Dié vonds kom slegs ure nadat ’n pasgebore babaseuntjie dood in ’n asblik buite ’n kompleks in Honeyguide-weg in Douglasdale, Fourways, gevind is.
Die Viljoens se eenvoudige gebed vir gesinne met spesiale behoeftes
“Ek dink hierdie was een van my trotste oomblikke. Die seer en pyn wat ons as gesin beleef het, het iets mooi geword wat ander gesinne kan help. Ons uitdagings het vir ander mense ʼn seën geword.”
Soektog vir Pta se nuwe metropolisiehoof begin
Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van Pretoria, het Dinsdag ʼn beroep op gekwalifiseerde kandidate gedoen om aansoek te doen om Tshwane se metropolisiehoof te wees.
Man krap in asblik, vind babaseuntjie
ʼn Babaseuntjie is in ʼn asblik in Fourways gevind.
AfriForum rig ‘simboliese monument’ op vir Zuma
“Ons is vandag weer hier om kapsie te maak teen Noordwes se planne om steeds ’n monument vir Zuma op te rig.”
Minister onthul konflik van belange by Prasa
“Meer as R100 miljoen is as gevolg hiervan onregmatig toegeken.”
Vrou wat haar as regskenner voordoen agter tralies
ʼn Beweerde kamma-prokureur wat vir lank as ‘n “regskenner” vir sommige mediahuise opgetree het en onder meer ’n analise oor die Oscar Pistorius-saak verskaf het, is in hegtenis geneem.
OB sal nie Reserwebank-hofaansoek teenstaan nie
Mkhwebane se besluit volg op die advies van haar regspan dat dit nie ʼn goeie idee is om ʼn hofstryd hieroor te voer nie.
‘Dís hoekom DA-hoës by hospitaal weggejaag word’
Die provinsiale departement van gesondheid het redes bekend gemaak hoekom twee DA-hoës Maandag fisiek daarvan weerhou is om die onkologie-eenheid in die Addington-hospitaal in KwaZulu-Natal te besoek.
Worcester-vrou sterf in huisbrand
ʼn Vrou, vermoedelik in haar 30’s, is Maandag in ʼn huisbrand in Worcester in die Wes-Kaap dood.
Nuuskommentaar: Zuma en Suna – weerskante van die integriteitsgordyn
Oor omtrent enigiets wat van pres. Jacob Zuma geskryf kan word, kan die teenoorgestelde van wyle Suna Venter, die joernalis, gesê word.
Trokdrywer in hof ná botsing wat 18 eis
Die bestuurder van die vragmotor wat betrokke was in die gru-ongeluk verlede week buite Machadodorp in Mpumalanga waarin 18 mense dood is, het Maandag in die Belfast-landdroshof verskyn.
Kaapstad-waterkrisis: Verbruikers gewaarsku
Die Stad Kaapstad het waterverbruikers gewaarsku dat die onlangse reën ʼn geringe verskil in damvlakke gemaak het en dat inwoners moet aanhou om water spaarsamig te gebruik.
‘ʼn Derde van Afrikaanse skole uitgewis sedert 2002’
“Die minister voer aan die rede hiervoor is ʼn ‘groter aanvraag’ van leerlinge na Engels en ʼn ‘afname’ in die aantal Afrikaanse leerlinge by skole.”