ʼn Inwoner van ʼn aftree-oord in Wellington in die Wes-Kaap is dood nadat ʼn brand Dinsdag in die vroeë oggendure by die oord ontstaan het.
Skote klap tydens transitorooftog
“Die beamptes het gehoor hoe ʼn vuurwapen oorgehaal word en toe besef hulle word aangeval.”
DA dien hofdokumente in oor 783 Zuma-aanklagte
“Dit is van uiterste openbare belang dat mnr. Zuma teregstaan op die 783 aanklagte van bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery waarvan hy beskuldig word.”
Man sterf toe vullishouer hom vaspen
“Die man het ernstige beserings opgedoen en het reeds voor paramedici se aankoms op die toneel aan sy beserings beswyk.”
Man sterf net ná hy vis vang
ʼn 71-jarige man is Sondag op die strand naby die gewilde Wild Coast-hotel oorlede toe hy ineengestort het.
ANC waarsku oor gevare van ‘swart monopoliekapitaal’
Die stryd teen wit monopoliekapitaal en gelyke ekonomiese geleenthede moet nie uiteindelik lei tot swart monopoliekapitaal nie, het die hoof van die ANC se politieke skool, Nathi Mthethwa, Maandag gesê.
Interstate Bus Lines bevestig gru-botsing op N8
Interstate Bus Lines het bevestig een van sy busse was betrokke in die noodlottige ongeluk Maandagoggend waartydens ses persone dood is en minstens 51 beseer is.
Polisie sê oor ‘motor wat skoolmeisies teister’
Die polisie in die Vrystaat het gesê hy wil die feite weergee na aanleiding van gerugte wat die ronde op sosiale media doen oor ʼn motor wat na bewering skoolmeisies in Bethlehem ontvoer.
Alexander Forbes-man bedank oor #GuptaLeaks
Alexander Forbes Group Holdings het Maandag aangekondig dat sy beleërde nie-uitvoerende direkteur, Moses Kgosana, met onmiddellike effek uit die raad bedank het.
Vier vas oor gewelddadige betogings in Houtbaai
Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, is Maandag verhoed om met inwoners van Imizamo Yethu in Houtbaai te vergader, wat sedert die naweek gebuk gaan onder betogings.
Polisie vra hulp om ‘bedrieër’ op te spoor
Die man is vroeër in hegtenis geneem maar het intussen spoorloos verdwyn.
Die wêreld in foto’s – 3 Julie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
‘Verkragting’ by Bloem-skool: Seuns nou in ouers se sorg
Die drie hoërskoolseuns van Bloemfontein wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn 14-jarige meisie verkrag het terwyl hulle ʼn video van die voorval gemaak het, is in die sorg van hul ouers vrygelaat.
Kenners sê oor ‘fidget spinners’
“Daar’s ʼn rede waarom fidget spinners een van die beste verkopers van die jaar is.”
Man gevonnis wat stiefdogters jare lank verkrag
Die stiefdogters se ma het van die seksuele aanranding geweet, maar het aan die hof gesê sy is nie ʼn konfronterende persoon nie en het nie geweet hoe om die saak met haar man te bespreek nie.
Dlamini tydelik minister van polisie
Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, neem dié week vir ʼn paar dae die leisels as minister van polisie oor.
Gewelddadige betogings woed voort in Houtbaai
Vensters is stukkend geslaan, voertuie is met klippe bestook, verkeerstekens is beskadig en aan die brand gesteek en polisiebeamptes is aangeval.
Student steeds in waakeenheid: ‘Ons vat dit dag vir dag’
“Ons bly net bid en glo en vertrou dat die Here hom sal gesond maak.”
Klagtes kom oor geld vir Gupta-troue
Daar is einde verlede week onthul dat die Guptas glo miljoene rande gekry het van die Vrystaatse regering se suiwelprojek in Vrede.
Twee vas oor renosterhoring
Lede van ʼn nasionale taakspan wat saamgestel is om renosterstropery te beveg, was die hele nag op soek na die verdagtes se voertuig nadat hulle inligting daaroor ontvang het.