Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder in die presidensie, het bevestig dat regter Ray Zondo van die konstitusionele hof met onmiddellike effek as adjunkhoofregter aangestel is.
Poskantoor en Sassa teken dalk binnekort ʼn ooreenkoms
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor kan moontlik volgende week ʼn kontrak aangaan met die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) waarvolgens hy die betalings van welsynstoelaes vir die volgende paar jaar gaan oorneem.
Helen Zille amptelik geskors
Die federale uitvoerende raad van die Demokratiese Alliansie het Woensdagoggend met ʼn meerderheidstem besluit om Helen Zille van alle partyverwante aktiwiteite te skors totdat haar dissiplinêre verhoor afgehandel is.
50 vas oor wildsmisdade
ʼn Renostertaakspan het die afgelope twee maande 50 verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op 13 renosterhorings, twee olifanttande en 19 jaggewere.
‘Ventersdorp-naamsverandering ʼn mors van geld’
“Die ANC dwing die naamsverandering af sonder ʼn behoorlike impakstudie om die uitgawes daarvan te bepaal.”
‘Dokters’ gevonnis oor onwettige aborsies
ʼn Groep persone, wat hulself as dokters voorgedoen het, is skuldig bevind op aanklag dat hulle onwettig swangerskappe beëindig het.
Vrou buite Potch aangeval
ʼn Vrou is gisteraand in die Wilgeboom-gebied op die Schoemansdriftpad naby Potchefstroom in Noordwes aangeval.
Die wêreld in foto’s – 7 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Foto’s en video] Brande naby Knysna: Drie dood
ʼn Egpaar en hul seun is dood in ʼn brand naby Rheenendal in die Wes-Kaap.
Hillbrow-polisiestasie nié beroof terwyl beamptes slaap
Die Gautengse polisie het Woensdag bevestig die Hillbrow-polisiestasie in Johannesburg is nie deur dwelmverslaafdes beroof terwyl die beamptes wat aan diens was glo geslaap het nie.
[Video en foto’s] Wes-Kaapse storm: Vyf sterftes aangemeld
Die erge storm wat die Wes-Kaap Dinsdagaand getref het, het reeds die lewe van vyf mense geëis.
[Video’s] PG du Plessis oorlede
Die skrywer en dramaturg dr. PG du Plessis is Woensdagmiddag in die ouderdom van 82 oorlede.
[Foto’s en video] Dit lyk byna of dit sneeu op Melkbosstrand
ʼn Maroela Media-leser het dié pragtige foto’s ingestuur.
Staking dreig by binnelandse sake
Vakbonde dreig dat personeel by die departement van binnelandse sake binnekort kan staak indien daar nie aan hul eise voldoen word nie.
[Video] Man verlam ná kleinhoewe-aanval: ‘Ek sukkel elke dag van my lewe’
“Die mens wat sê dit raak beter wanneer jy verlam is, lieg. Dit raak nie beter nie. Ek het nie net die vermoë om te loop verloor nie, ek het ook die vermoë verloor om vir my familie te sorg.”
SA resessie: Ekonomie betaal die prys vir politieke onstuimigheid
Ekonome is dit eens dat Suid-Afrikaanse verbruikers hulself sal moet staal vir onstuimige ekonomiese waters.
Franziska se moordenaar gevonnis
Howard Oliver (27) is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad vir die moord op en verkragting van die 16-jarige Franziska Blöchliger gevonnis.
Eks vas vir Pta-vrou se verkragting
Die ekskêrel van ʼn 22-jarige vrou van Centurion is vandeesweek in hegtenis geneem nadat hy haar glo by haar huis met ʼn mes gesteek en verkrag het.
Man glo drankie ingegee voor hy ontvoer is
Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê dit kom ná ʼn 65-jarige man op 1 Junie as vermis aangemeld is nadat hy nooit huis toe gekom het ná werk nie.
Tiener vas vir moord op ‘swanger’ meisie
Die polisie in Limpopo het ʼn 17-jarige seun in hegtenis geneem vir die moord op sy 15-jarige meisie wat glo swanger was.