Pres. Jacob Zuma het Donderdag gesê hy haat nie wittes nie, maar hy het gesê hy sal die waarheid praat – dat wit mense nog steeds voordeel trek uit die land se rykdom, veral wat grondeienaarskap betref.
Polisie ‘geskok’ oor grusame ontdekking
Die polisie in die Oos-Kaap het sy skok uitgespreek nadat twee gedeeltelik ontbinde liggame gevind is.
[Video] Só lyk Tiger Woods toe polisie hom aftrek
Beeldmateriaal wat die polisie van die Amerikaanse deelstaat Florida uitgereik het, wys hoe die gholfster Tiger Woods tydens ʼn nugterheidstoets nie op ʼn reguit lyn kan loop of sy skoenveters kan vasmaak nie.
Die wêreld in foto’s – 1 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou se liggaam langs Pta-pad gevind
Die liggaam van ʼn vrou is Woensdag langs ʼn pad naby ʼn kleinhoewe in Kameeldrift, Pretoria, gevind.
[Video] Munisipale gebou aan die brand gesteek
“Ek dink nie daar is veel van die gebou oor nie.”
Een gewond ná rowers op Pta-lodge toeslaan
Een verdagte is in die bolyf geskiet en drie kon daarin slaag om van die toneel te vlug. Daar is beslag gelê op die gesteelde goedere.
Eskom-vrou is vermoor
Daar sal ook gekyk word na bewerings van haar familie dat sy nie gelukkig by die werk was nie en dae voor haar dood griewe aan haar werknemer bekend gemaak het.
Treinbotsing: ‘Meer as 100 beseer’; oorsaak bekend
“’n Man in die tweede trein is tydens die botsing dood. Ons stel tans ondersoek in hoekom hy op ʼn leë trein was wat nie in gebruik was nie.”
Phahlane: ‘Klopjag-bewerings is verregaande’
Phahlane het ook gesê hy sal nie in die media kommentaar lewer op die aanklagte teen hom nie, omdat dit “oneties en teenproduktief sal wees om ondersoek en verhore deur die media te doen”.
Afrikaanse akteur, komediant in hoësorgeenheid
“Hy is teen die Maandagmiddag na die hoësorgeenheid oorgeplaas waar hy gemonitor word en die nodige behandeling ontvang. ”
Reën moontlik vir Wes-Kaap op pad
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se jongste langtermynvoorspelling is daar ’n moontlikheid van reën in die Wes-Kaap.
Tafelberg-lyk: Identiteit van vrou nog onbekend
Die identiteit van die vrou wie se ontbinde liggaam Dinsdagoggend op Tafelberg in Kaapstad gevind is, is nog nie bekend nie.
Regering staan oorlede Eskom-vrou se familie by
ʼn Span maatskaplike werkers van die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling gaan Donderdag die familie van die Oos-Randse Eskom-vrouewerker besoek wie se liggaam twee weke nadat sy vermis geraak het, in ʼn kantoor by haar werkplek gevind is.
Polisie waarsku oor verspreiding van fopnuus
“Dit het gelei tot gewelddadige betogings en plundering waartydens twee persone geskiet is. Een van daardie persone is dood.”
Boer met panga op plaas aangeval
Die boer het omstreeks 23:30 gesien die veld buite sy huis brand.
CNN pos vrou oor ‘onthoofde Trump-kop’
President Trump het ook sy ontsteltenis oor dié foto uitgespreek en gesê sy 11-jarige seun, Barron, het gedink hy is oorlede toe hy die foto sien.
Kaboel-ontploffing: Dodetal styg skerp
Die dodetal in Woensdag se kragtige bomontploffing in die Afgaanse hoofstad, Kaboel, het skerp gestyg.
Nuuskommentaar: Staatskapingkommissie – Wag hier weer ’n wapenskandaal?
Enige opgewondenheid oor die kommissie moet noodwendig wag tot Zuma die voorsitter aangestel het.
Mandela-stigting: ‘Zuma moet gaan’
“Ons moedig Zuma aan om na die stemme van die mense te luister. Sou hy dit doen, sal dit die tweede keer wees wat hy doen wat die mense versoek.”