Paramedici het die man probeer stabiliseer, maar hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.
‘Mislukte regering rede vir werkloosheid’
“Werkloosheid sal nooit verminder indien die regering nie tot die besef kom dat die staat nie die primêre werkskepper kan wees nie.”
Twee vas vir Noordwes-plaasaanval
Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 61-jarige vrou Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval is.
ANC sê Gupta-e-posse moet ondersoek word
Die ANC het Vrydag ʼn beroep op die regering gedoen om dringend die egtheid van duisende e-posse te ondersoek wat na bewering die korrupte en verwoestende bande tussen pres. Jacob Zuma en die Gupta-familie bewys.
‘VSA moet onttrekking aan Parys-akkoord heroorweeg’
“Die onttrekking van die VSA is nie net ʼn versaking van ʼn globale verantwoordelikheid teenoor die mensdom nie, maar ook skadelik vir multilaterale verhoudings, die oppergesag van die gereg en vertroue tussen nasies.”
Plaasvoorman vas wat glo seuns verkrag
Die polisie het tydens die man se inhegtenisneming op pornografiese materiaal, ʼn .22-geweer en ammunisie beslag gelê wat in sy besit was.
Kabinetskommeling: Hof sê oor appèl
Die hooggeregshof het vroeër bevind pres. Jacob Zuma moet al die relevante dokumente verskaf rakende die redes vir sy kabinetskommeling waartydens Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank is.
[Video] Gesin helder oordag by vulstasie beroof
Op die video kan gesien word hoe een van die rowers ʼn vuurwapen by die bestuurder se venster indruk terwyl die tweede rower die agterdeur van die bakkie oopmaak.
Die wêreld in foto’s – 2 Junie 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Ondersoek oor aantygings by kinderhuis afgehandel
Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling het amptelik sy ondersoek afgehandel nadat drie meisies onlangs skokkende aantygings oor omstandighede by ʼn bekende kinderhuis in Vereeniging gemaak het.
Groen lig vir Delmas-water
Delmas se watergehalte is vandeesweek getoets.
Maties-student se lewe gevier
“Sy is nie weg nie, sy het net haar adres verander. Haar lewe was ʼn fees, sy is nie net ʼn tragiese storie nie.”
Staatsaanklaer, vier ander vas oor ‘piramiedskema’
ʼn Staatsaanklaer is een van vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met ʼn beweerde piramiedeskema waarin miljoene rande glo verlore gegaan het.
Drie ernstig beseer tydens transitorooftog
Volgens die polisie is die bestuurder en twee veiligheidslede wat in die transitovoertuig was ernstig beseer en moes na ʼn hospitaal gehaas word.
Vrou wreed aangeval op plaas
ʼn 61-jarige vrou is op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval.
Kyk Maties-student se gedenkdiens hier
Kyk hier regstreeks na die gedenkdiens van Hannah Cornelius (21), die Maties-student wat ontvoer en vermoord is.
Phahlane moet sê hoekom hy nie geskors moet word
“Dit is vir my duidelik dat die aanvanklike redenasie oor lt.genl. Phahlane se ongewenstheid om aan te bly as waarnemende nasionale polisiekommissaris ook van toepassing is op sy oorspronklike rol.”
Sannieshof-plaasaanval: Ses weer in hof
Ses verdagtes verskyn weer Vrydag in die Delareyville-landdroshof op aanklag van moord, poging tot moord en huisbraak ná ʼn plaasmoord by Leeukuil-plaas naby Sannieshof in Noordwes.
Nuuskommentaar: Trump-onttrekking aan Parys-akkoord is verwag
’n Groot deel van die sukses wat Donald Trump met die presidentsverkiesing behaal het, was omdat baie Amerikaners weer werklik trots op hul land te laat voel. Gaan Trump se besluit om die VSA aan die Parys-klimaatsverdrag te onttrek nie dalk boemerang en van die VSA die wêreld se spreekwoordelike “laughing stock” maak nie?
Ontvoerde SA’ner se ma ter ruste gelê
Imtiaz Sooliman, hoof van Gift of the Givers, het gesê Beverly het die afgelope paar jaar elke dag gehoop dat Stephen vrygelaat sal word en dat sy hom vir oulaas sou kon sien voordat sy sterf. Dit het egter nie gebeur nie.