ʼn Landswye uitbraak van die gevreesde Afrika-perdesiektevirus (APS) het sedert die begin van Desember 2016 etlike honderde perde se lewens geëis.
[Foto’s] Parys-boere: Só lyk die toneel
Die gebied reg rondom die toneel is veld met enkele groot klippe wat plek-plek tussen die gras uitsteek.
Nuuskommentaar: Kan alles weer bymekaar gehark word?
Vandag spoel Max du Preez sy mond kwaai uit oor wit mense op Coligny wat byvoorbeeld nog die “k”-woord gebruik wat tot die situasie bygedra het.
Opposisiepartye glo hof sal in hul guns beslis
Daar is tydens die aanhoor van die saak spesifiek gefokus op die skeiding van magte en of die hoogste hof in die land se prerogatief.
Ladybrand-vrou met steekwonde in afgebrande huis gekry
Die kêrel van ʼn 34-jarige vrou van Ladybrand in die Vrystaat verskyn Dinsdag in die dorp se landdroshof nadat hy haar vermoedelik vermoor het en toe haar liggaam aan die brand gesteek het.
16-jarige sterf ná kafeïendrankies
Die tienerseun het by sy hoërskool inmekaargesak.
Vier vas ná omroeper, akteur se skietdood
Vier mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn gewilde radio-omroeper en akteur.
Man (40) se liggaam in begraafplaas gekry
Die man se liggaam het veelvuldige steekwonde gehad.
Twee dood in Wes-Kaap-botsing
Een van die mans is met die impak van die botsing uit die motor geslinger, terwyl die ander man in die motorwrak vasgevang was.
Man in hof ná bedrieglike padongelukkefonds-eis
ʼn 23-jarige man het Maandag voor ʼn Kaapstadse hof verskyn nadat hy vroeër verlede jaar ʼn oneerlike eis by die padongelukkefonds (POF) ingedien het.
Drie dood, ses beseer in Boksburg-ongeluk
Twee mans was vasgekeer en moes met gespesialiseerde reddingstoerusting uit die wrak gesny geword het, terwyl die derde man uit die voertuig geslinger is. Al drie mans is dood verklaar.
Man doodgeskiet in OR Tambo-kapingsdrama
“Voor jy kon sien, was die voertuig [van die kapers] se deure oop, en drie mans het uitgespring en losgebrand. Die man het op die pad gelê – dit het gelyk of sy liggaam in stukke geskiet is.”
[Video] Bryde-walviskarkas van Milnerton-strand verwyder
ʼn 15 meter lange Bryde-walviskarkas is Maandagoggend van Sunset-strand in Milnerton in Kaapstad verwyder.
Staatsaanklaer en vrou vas oor bedrog
ʼn Staatsaanklaer van Johannesburg en sy vrou is in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie nadat hy glo R6 000 geëis het vir twee dossiere om te “verdwyn”.
Saak teen ‘terreur-tweeling’ uitgestel
Die saak teen die tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee Thulsie wat onder andere van terrorisme beskuldig word, is Maandag weer by die Johannesburgse landdroshof uitgestel, omdat die verdediging nie toegang gehad het tot die betrokke dokumente nie.
Mosie van wantroue: LP’s mag volgens hul oortuiging stem, hoor hof
Suid-Afrika se LP’s het ʼn reg om in die geheim en volgens hul oortuiging te stem, het Tembeka Ngcukaitobi, vir die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), Maandag aan die konstitusionele hof gesê.
Droogtekrisis: Gebruik water slegs vir drink, bad en kook
Die Stad Kaapstad het ʼn waarskuwing aan alle ondernemings en inwoners in Kaapstad uitgereik om alle nie-essensiële gebruik van munisipale water dadelik te staak.
SA’ners het baie bedmaats
Die bevindinge van ‘n opname toon onder meer hoeveel bedmaats Suid-Afrikaners het en in hoeveel gevalle hulle van kondome gebruik maak.
Kampsbaai-moord: Beskuldigde pleit, blameer dwelms
Diego Dougherty, ook bekend as Diego Novella, van Guatemala wat verdink word van die moord op sy vriendin, Gabriela Alban (39), in Kampsbaai in 2015, se verhoor het Maandag in die hooggeregshof in Kaapstad begin.
Durban-strande gesluit oor swaar reën
Die nat weerstoestande het ook talle kragonderbrekings tot gevolg gehad.