ʼn Man het Sondag tussen Pearly Beach en Dyer-eiland in die Wes-Kaap vermis geraak op sy rubberboot.
Leeu-aanval: Seun steeds kritiek ná ‘benoude oomblikke’
Kristian Prinsloo (11), die Pretoriase skoolseun wat vroeër vandeesmaand deur ʼn leeumannetjie aangeval is, se toestand is steeds kritiek.
‘Vrystaat-plattelanders lewe in vrees’
Vier mense is verlede week in drie verskillende plaasaanvalle in die Vrystaat vermoor.
Nuuskommentaar: Die oog op die bal, en nie net op Zuma
Verskeie media-instansies het die afgelope tyd kommer uitgespreek oor die kwessie dat die veldtog teen pres. Jacob Zuma die kollig so bly steel dat ander belangrike nuusgebeure nie die nodige aandag kry nie. Ons kyk vanoggend na enkele sake wat nie deur die nuuskrakies behoort te val nie.
Nie ʼn sent verder op Nkandla nie, sê DA
Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Sondag gesê nie ʼn sent van belastingbetalersgeld mag verder spandeer word “tot voordeel van een man” nie.
10 beseer ná chemiese lekkasie
Tien persone is Sondagmiddag beseer ná ʼn chemiese lekkasie by ʼn maatskappy in Bloemfontein.
Man vas ná ouma, kleinkind se bylmoorde
ʼn 38-jarige man verskyn Maandag in die hof op aanklag dat hy ʼn 72-jarige vrou en haar tweejarige kleinkind met ʼn byl vermoor het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
20 sterf in ongeluk: Pa verloor drie kinders
“Ek het hulle laas Vrydagoggend gesien toe hulle skool toe is. Hulle was gelukkig. Ek kon dit nie glo toe ek later die middag hoor hulle is almal in die ongeluk dood nie.”
Brown steek stokkie voor betaling van R30 m. aan Brian Molefe
Dit is jammer dat só ʼn sensitiewe en privaat saak só roekeloos hanteer is, het Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, gesê.
Parlement sê SAUK moet self ‘inbraak’ ondersoek
Die parlement sal die SAUK aanraai om self ondersoek in te stel ná ʼn beweerde inbraak by die uitsaaier se kantoor op die perseel, het die instansie Sondag gesê.
ANC besorg oor intimidasie, dreigemente
Die ANC het Sondag sy kommer uitgespreek oor ʼn “klimaat van intimidasie wat Suid-Afrika se politiek binnesluip”.
Vier sterf in Noordwes-ongeluk
Vier persone is Saterdagaand dood en ses beseer tydens ʼn ongeluk op die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom.
Kind oorleef ná hy met sambreel uit gebou spring
ʼn Sewejarige kind het wonderbaarlik ʼn val van 10 verdiepings ver oorleef toe hy ʼn sambreel as ʼn valskerm gebruik het.
[Foto’s] ‘Een miljoen by nasionale biddag’
Daar was glo minstens een miljoen mense Saterdag by Angus Buchan se It’s Time- nasionale biddag op die plaas Wilde Als in Bloemfontein.
Presidensie ontken nuwe verbeterings by Nkandla
Die presidensie het Sondag onomwonde mediaberigte verwerp van verdere opknappingswerk op belastingbetalerskoste by sy privaat huis in Nkandla, KwaZulu-Natal.
Vavi genomineer vir Saftu-leierskap
Zwelinzima Vavi, geskorste algemene sekretaris van Cosatu, en vier ander is genomineer vir topleierskapsposisies in die nuwe vakbondfederasie, die South African Federation of Trade Unions (Saftu).
Ma, seuntjie ongedeerd ná Ford Kuga aan die brand slaan
ʼn Ma en haar driejarige seuntjie het Saterdag ongedeerd weggestap nadat hul motor, ʼn Ford Kuga, aan die brand geslaan het.
20 sterf in ongeluk: Oorlewende praat oor padveiligheid
ʼn 14-jarige skolier wat Vrydag ʼn ongeluk oorleef het waartydens 20 persone gesterf het, het Saterdag ʼn beroep op motoriste gedoen om veilig te ry om padsterftes te verhoed.
Speaker meen ‘geheime stemming’ is teen die wet
Speaker Baleka Mbete het Vrydag dokumente by die konstitusionele hof ingedien in die saak van ʼn geheime stemmery oor die mosie van wantroue in die parlement.
Nuwe vakbondfederasie ingehuldig
Minstens 24 vakbonde het Vrydag in Boksburg bymekaargekom vir die inhuldiging van ʼn nuwe vakbondfederasie, onder leiding van die voormalige hoof van Cosatu, Zwelinzima Vavi en die vakbond Numsa.