Die DA het Donderdag aangekondig dat hy vir die soveelste keer ʼn mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal instel omdat dit glo “bevestig is” dat hy Pravin Gordhan, minister van finansies, gaan afdank.
Baba wat in lug gebore is sprei sy vlerke verder
Rainier Horak, ʼn student aan Unisa wat 22 jaar gelede op ʼn vlug van Tzaneen na Pretoria gebore is, het vandeesweek nog ʼn droom van hom verwesenlik.
Metrobeampte tydens huisroof doodgeskiet
ʼn Beampte van die Tshwane-metropolisie (TMPD) is Woensdagaand tydens ʼn huisroof doodgeskiet.
[Foto’s] ‘Dief’ lewend begrawe
ʼn Man wat van diefstal beskuldig is, is vandeesweek aangerand en toe lewend begrawe.
Rian groet dalk nié
Groot dinge het Donderdagoggend regstreeks in die JacarandaFM-ateljee gebeur.
SA voor Strafhof gedaag
Dit is in verband met die regering se versuim om Omar al-Bashir, president van die Soedan, in hegtenis te neem toe hy die Afrika-unie se beraad in Junie 2015 in Johannesburg bygewoon het.
EFF nader grondwethof oor Zuma
Die EFF gaan Donderdagmiddag ʼn aansoek by die konstitusionele hof indien om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te laat plaas.
Hoop vir SA se ‘sukkelende’ staalbedryf
Nog ʼn Suid-Afrikaanse bedryf wat werk aan derduisende mense verskaf, word bedreig deur die storting van gesubsidieerde produkte van die buiteland in die plaaslike mark.
SAKP bevestig kabinetskommeling en ‘intelligensieverslag’
Die SAKP het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê pres. Jacob Zuma het aan die party bekend gemaak dat hy die minister van finansies en sy adjunk gaan vervang.
SA gesin verloor alles oorsee: ‘Bring net ons hondjies huis toe’
“Ons het alles verloor en met drie tasse bagasie in Johannesburg geland – dit alles te danke aan ʼn man wat ons met ʼn slap riem gevang het. Daarbenewens is ons drie hondekinders nog in Serwië en ons vrees dat hulle uitgesit gaan word.”
Vermiste Ermelo-man gevind
Fanie Grobler (42), ʼn man van Ermelo wat sedert Dinsdagoggend vermis was, is gevind.
OR Tambo-rooftog: Ondersoek kan nog maande duur
Die staat het Woensdag in die Kempton Park-landdroshof gesê die ondersoek na die opspraakwekkende rooftog by die Internasionale Lughawe OR Tambo kan nog tot ses maande duur.
Realiteitsreeks gestaak, maar niemand sê vir deelnemers
Die vervaardigers van die reeks het egter nagelaat om vir dié tien te sê dat die reeks ná slegs vier episodes in Augustus 2016 gekanselleer is weens lae kykergetalle.
[Foto’s] Water wêreldwyd ʼn krisis
Altesaam 663 miljoen mense wêreldwyd het geen toegang tot skoon water nie. Volgens WaterAid, ʼn internasionale welsynsorganisasie, se verslag woon 522 miljoen van dié mense in landelike gebiede.
Man by werkplek aangeval, beroof
“Ek gaan jou skiet. Ek gaan jou skiet,” het Vernon Brynard (54) herhaaldelik gehoor.
Polisiebeamptes, nog verdagtes vas by grenspos
“Hulle het paspoorte wat reeds verval het en ander vervalste reisdokumente oor die hoof gesien in ruil vir kontant of ander vergoeding”.
Nuuskommentaar: Kathrada ter ruste – Zuma se onrus(te)
Gaan struggle-veteraan Ahmed Kathrada se begrafnis, waarvan pres. Jacob Zuma uitgesluit was, en die jongste Gordhan-debakel as katalisators dien wat uiteindelik tot die ANC se skeuring kan lei?
Vermiste man in slang gevind
Die slang is doodgemaak en oopgesny waarna hulle op die man se liggaam afgekom het.
Nog ʼn Ford-model herroep
“Die veiligheid van ons klante is ons eerste prioriteit.”
Ford SA se hoof teruggeroep na VSA
Jeffery Nemeth, die uitvoerende hoof van Ford SA, is laat Dinsdagmiddag na die VSA teruggeroep.