Johan Potgieter (47) het vandag in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn nadat ʼn plaaswerker in die kop geskiet is toe Potgieter blouapies gejag het.
4 in hof vir moord op konstabel
Die vier verdagtes wat in verband met die moord op konst. Vincent Mhangwani in hegtenis geneem is, het Vrydag in die Giyani-landdroshof verskyn.
Uber-bestuurders betoog voor dooiemansdeur
Ontstoke bestuurders van die Uber-taxidiens het Vrydag na dié maatskappy se hoofkantoor in Parktown-Noord in Johannesburg opgeruk om antwoorde te eis op die memorandum wat hul drie weke gelede oorhandig het.
Klag van bedrog teen vorige bestuur van Tshwane-metro ingedien
Die burgerregte-organisasie AfriForum het Vrydag ’n strafregtelike klag van bedrog teen die vorige bestuur van die Tshwane-metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien.
Lesbiërs verneder by skool, DA vra MRK om in te gryp
Die meisies is glo beledig en aangesê om “op te hou” homoseksueel wees.
Sendeling vas ná hy plaaswerker glo per ongeluk skiet
Twee weke nadat Stefan Hepburn op borgtog vrygelaat is nadat ʼn plaaswerker doodgeskiet is toe Hepburn bosvarke gejag het, verskyn nog ʼn man Vrydag in ʼn Limpopo-hof nadat ʼn plaaswerker in die kop geskiet is toe die man op blouapies geskiet het.
Vrou sterf ná verkragting, verdagte in hof
“Ek soek haar oral, ek weet nie watter kant toe nie. Ons het gelewe vir mekaar.”
Nuuskommentaar: Ruk die wetenskap handuit?
Die bekende Stephen Hawking het pas in ’n tydskrif-onderhoud gesê kunsmatige intelligensie hou ’n bedreiging (en geleenthede) vir die mensdom in. Sy “oplossing”, ’n wêreldregering, sal waarskynlik onder erger kritiek as sy ander menings deurloop. Maar hoe reageer die Christen op die wetenskap / natuur?
Drie honde uit brandende KZN-huis gered
Nooddienste is vanoggend net na 07:00 uitgeroep na ʼn huis wat aan die brand was in Kinmont Crescent in Glenmore, KwaZulu-Natal.
Talle paaie versper weens betoging
Talle motoriste is Vrydag weereens vasgevang in nóg ʼn staking wat die meeste paaie na die Internasionale Lughawe OR Tambo versper het. Metertaxi-bedieners betoog teen…
Sassa: Hof sal antwoord vind vir toelaagkrisis, sê Ramaphosa
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê hy het volle vertroue in die konstitusionele hof om ʼn oplossing te vind vir die welsynstoelaagkrisis.
PE-pa in hof oor dogters se porno
ʼn 44-jarige man wat beskuldig word daarvan dat hy pornografie van sy agtjarige tweelingsdogters versprei het, het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.
Jhb-inwoners sal beboet word vir onwettige storting
Die Stad Johannesburg betaal jaarliks ongeveer R170 miljoen om onwettige stortingsterreine skoon te maak.
Bekende natuurverskynsel verdwyn oornag
Malta se bekende Azure-venster, ʼn interessante rotsformasie, het oornag verdwyn.
OR Tambo-rooftog: ‘Beveiliging van vrag nie Acsa se verantwoordelikheid’
Maatskappye met waardevolle vrag by lughawens moet hul eie veiligheidsmaatreëls in plek hê buiten dit wat deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Lughawensmaatskappy van SA (Acsa) verskaf word, het die uitvoerende hoof Bongani Maseko gesê.
Babapornoverslaafde gevonnis
ʼn Selferkende verslaafde aan pornografie is Donderdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis vir misdade wat seksuele uitbuiting van babas en jong kinders insluit.
13 studente by UJ beroof
Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Donderdag gesê hy het toegangsbeheermaatreëls verskerp ná ʼn gewapende roof by sy Aucklandpark Kingsway-kampus.
Polisie slaan toe op onwettige goud, platinum-laboratorium
Die Valke het op ʼn laboratorium in Lenasia, suid van Johannesburg, toegeslaan waar goud en platinum onwettig geprosesseer is. Beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op edelmetale ter waarde van ongeveer R5 miljoen.
Drie sterf tydens skietery in Kimberley se strate
Twee polisiebeamptes en ʼn voormalige polisiebeampte is Woensdagmiddag voor talle motoriste in ʼn besige kruising in Kimberley doodgeskiet. Die voorval hou vermoedelik verband met huishoudelike geweld.
SA man, vrou in VAE tronk oor swangerskap
Emlyn Culverwell (29) en sy verloofde, Iryna Nohai (27), is in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in hegtenis geneem omdat hulle voorhuwelikse seks gehad het.