Margaret Roberts, die bekende plant- en kruiekenner, is Saterdag oorlede.
Pravin Gordhan gee terugvoer aan studentegeldekommissie
Pravin Gordhan, minister van finansies, het terugvoer gegee aan die kommissie wat die moontlikheid van gratis hoër onderrig ondersoek.
Man sterf in mikrovliegtuig-ongeluk
ʼn Man is Saterdagoggend dood toe ʼn mikrovliegtuig op ʼn plaas in Suikerbosrand in Meyerton, Gauteng, neergestort het.
[Video] Vrou en seun by Polokwane-vulstasie aangeval
Jeanette Densem (58) en haar seun Tony (28) wat uit Zimbabwe na Suid-Afrika gekom het om ʼn nuwe begin in die land te maak, is Vrydagoggend met ʼn panga by ʼn vulstasie in Polokwane aangeval.
Man uit dolosse by Durbanse hawe gered
ʼn 50-jarige man word vir vermoedelik rugbeserings behandel nadat hy tussen die dolosse by South Arm in Durban se hawe ingeval het.
[Foto’s] ‘Koevoet-bende’ in Kaapstad aangekeer
Vier lede van ʼn vermeende koevoet-huisbraakbende is in Parow in Kaapstad in hegtenis geneem.
#LifeEsidimeni: Departement moet miljoene vir pasiënte betaal
Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Vrydag gesê die regering sal meer as R40 miljoen per jaar betaal vir 300 psigiatriese pasiënte in Gauteng, wanneer die departement begin om die gesondheidsombudsman se aanbevelings te implementeer.
DG bedank te midde van Sassa-skandaal
Zane Dangor, direkteur-generaal van die departement van maatskaplike ontwikkeling, het bedank.
Kriel hoor dan sy lot
Dawie Kriel het op 27 Januarie skuld beken op die aanklag, maar landdros Themba Sishi het gesê hy moet seker maak dat Kriel wel skuld beken op al die elemente van die misdaad.
[Foto’s] Twee gered na motor in kanaal beland
Twee mense is Vrydagaand uit ʼn waterkanaal in Bloemfontein gered nadat hul motor in die kanaal beland het.
Meer as 7 000 Pajeros herroep
Mitsubishi Motors SA het bevestig dat hy 7 449 Pajeros in die Suid-Afrikaanse mark herroep.
Voorlegging aan departement oor stortingsterreine
AfriForum het ’n voorlegging aan die departement van omgewingsake se provinsiale lisensiëringstaakspanne gedoen ten einde die toestand van Suid-Afrika se stortingsterreine te verbeter.
Zuma wil wette oor grondhervorming wysig
“Daar kan geen ekonomiese transformasie wees sonder grondhervorming nie en wette, insluitend die Grondwet, moet gewysig word om voorsiening te maak vir onteiening sonder vergoeding.”
Brand gestig waar ma, vier kinders slaap
ʼn Vrou is Vrydag in die vroeë oggendure ernstig beseer en vier kinders het verkool nadat die plakkershuis waarin hulle geslaap het, aan die brand gesteek is.
Minister verseker publiek oor Sassa-betalings
Bathabile Dlamini, die minister van maatskaplike ontwikkeling, het Vrydag die regering se versekering benadruk dat alle begunstigdes wat in aanmerking kom vir welsynstoelaes, betyds hul geld sal ontvang.
Grensposte gesluit weens vloede
Die departement van binnelandse sake het Vrydag bevestig dat drie grensposte in Limpopo gesluit is weens vloede in die gebied.
Misdaadstatistieke: ‘Suid-Afrikaners moet hulsélf beveilig’
“Die minister voer aan dat hulle die stryd teen misdaad geleidelik wen, terwyl misdrywe soos kapings, huisroof en die roof van ondernemings met sowat 6,1% toegeneem het.”
Mans wat met duisende krewe betrap is in hof
Die vier mans wat in hegtenis geneem is in verband met duisende krewe wat in hul besit gevind is, het in die Strand-landdroshof verskyn.
Spotprent 3 Maart 2017
Jerm se spotprent vir 3 Maart 2017
Die wêreld in foto’s – 3 Maart 2017
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.