Die polisie in Limpopo ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat twee weermaglede Donderdag in ʼn botsing noord van Louis Trichardt oorlede is.
Fanie du Preez: ‘Ek het nie my kinders geskiet nie’
Fanie du Preez (40), wat Woensdag tot 94 jaar tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vrou en hul twee kinders, mag nie teen sy skuldigbevinding of vonnis appelleer nie.
Spotprent 15 Desember 2016
Jerm se spotprent vir 15 Desember 2016.
Politieke gevangenes se oorskot opgegrawe
Die oorskot van 13 politieke gevangenes is Woensdag by die Rebeccastraat-begraafplaas in die weste van Pretoria opgegrawe.
Minister gepols oor Hlaudi, Guptas
Faith Muthambi, minister van kommunikasie, is Woensdag behoorlik onder kruisverhoor geneem terwyl lede van die ad hoc-komitee wat die bevoegdheid van die SAUK-raad ondersoek, probeer vasstel het of Muthambi verantwoordelikheid vir die krisis by die openbare uitsaaier sal aanvaar.
Anika Smit-moordsaak: Verdagte geskik om verhoor te word
Die Pretoria-Noord-landdroshof het Donderdag gehoor André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), het geensins aan ʼn geestesversteuring gely toe Anika ses jaar gelede vermoor is nie.
Nuuskommentaar: Fees van kluitjies bak en rassistiese doodsdreigemente
Iemand lieg dat die nete klap – dit is immers onmoontlik dat die weersprekende getuienis van getuies voor die parlementêre ad hoc-komitee oor die SAUK alles die waarheid kan wees. Dié meinedige gedrag word egter oorskadu deur rassistiese doodsdreigemente wat sommige getuies nou weer ontvang het.
Die wêreld in foto’s – 15 Desember 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Boere red seun (9) tydens kapingsdrama
Een van die kapers het ʼn vuurwapen by hom gehad en die ander ʼn mes. Hulle het die egpaar en hul ouer seun in die kattebak van die voertuig gedruk, terwyl die negejarige seun saam met die kapers in die voertuig moes bly.
Meisie (15) dae lank in onbewoonde huis aangehou, verkrag
ʼn 15-jarige meisie is Woensdag gered nadat sy glo vier dae lank in ʼn onbewoonde vervalle huis in Louis Trichardt, Limpopo, aangehou en herhaaldelik verkrag is.
Kind sterf in bed ná taxi deur huis ploeg
ʼn 10-jarige kind is dood en twee is beseer toe ʼn minibustaxi Woensdag deur ʼn huis se muur in KwaZulu-Natal geploeg het.
Anika Smit-moordsaak hervat
André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit (17), sal na verwagting Donderdag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat hy vir nagenoeg 50 dae sielkundige waarneming by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal ondergaan het.
Modelbaas Kersfees vir eers nog vry
Regter Cassim Moosa het onder meer bewyse voorgelees van een van De Villiers se kinders wat beskryf het dat een van die meisies wat by sy pa se huis was, klein bikini’s met die “broekies tussen die boude” gedra het.
Verdagte dood, drie vas ná skietery met polisie
ʼn Verdagte is Woensdag in Gauteng doodgeskiet en drie is in hegtenis geneem ná ʼn oor-en-weer-skietery met die polisie.
[Video] Bloed spat toe hy bal vir R1 m. by krieket vang
Louwrens Engelbrecht (23) het Dinsdag vir homself ’n aandeel in R1 miljoen verseker deur ’n vangskoot met een hand in die paviljoen tydens die T20-wedstryd tussen die Warriors en die Highveld Lions in Port Elizabeth.
Nuwe spinnekopspesie kry naam uit ‘Harry Potter’
Wetenskaplikes in Indië was so betower deur die ontdekking van ʼn nuwe spinnekopspesie dat hulle dié agtpotige gedierte ʼn naam uit die Harry Potter-reeks gegee het.
Vrystaat-boere geloof vir veediefstal-bekamping
Marius Henning, ʼn boer in die gebied, het gesê hy voel bemoedig deur die vordering wat tot dusver gemaak is.
Man gevonnis oor porno met jong seuns
Dylan Gouws (23) is Woensdag in die landdroshof in Port Elizabeth gevonnis.
‘AfriForum nie saam met McBride by braai nie’
Mokotedi beweer dat AfriForum en Robert McBride, hoof van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektortaat (Opod), onder meer saam “gebraai” en teen hom en andere saamgesweer het.
SAUK-joernaliste ontvang glo dreig-SMS’e
“You are warned, we don’t kill blacks but sit and watch the blood flow.”