Lise Brink, vrou van dr. Danie Brink, het Woensdag ʼn ernstige terugslag gehad en is tans in ʼn kritieke toestand in die Unitas-hospitaal in Centurion.
Verkeersbeamptes vas oor ‘omkoopgeld’
Drie verkeersbeamptes wat glo omkoopgeld by motoriste in die Oos-Kaap geëis het, het Woensdag in die Peddie-landdroshof verskyn.
Seun herstel goed na patroon in hand ontplof
Darius Hay, die tienerseun van Odendaalsrus in die Vrystaat, wat vier vingers verloor het toe ʼn swaarkaliberpatroon in sy hand ontplof het, was Woensdag weer op die operasietafel in die Universitas-hospitaal in Bloemfontein.
[Foto’s] Boere ‘moedeloos, trane lê vlak’ oor droogte
Volgens Brink het hulle reeds agt koeie, agt swartwildebeeskalfies en 34 blesboklammers weens die droogte verloor.
Ma vas wat glo siek babatjie in taxi los
“Die baba was in ʼn kombers toegedraai en met ʼn handgeskrewe nota en medikasie agtergelaat.”
Miljoene se vervalste goedere tydens klopjag gevind
Gautengse polisiebeamptes en lede van die Valke het Dinsdag tydens ʼn klopjag op ʼn gebou in die Johannesburgse sakesentrum op vervalste goedere ter waarde van R60 miljoen beslag gelê.
Eerste sneeu in 37 jaar in die Sahara
Sneeu het vir die tweede keer in menslike heugenis, en die eerste keer in 37 jaar, in die Sahara-woestyn geval.
Dubbele tragedie vir Alberton-gesin
Die familie van Ané Jacobs, die tienermeisie van Alberton wie se liggaam in November in ʼn veld naby die plaaslike sokkerklub gevind is, is deur ʼn tweede tragedie geruk.
Nege vas ná betoging by DRK se ambassade in Pta
Nege mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewelddadige betoging Dinsdag by die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se ambassade in Pretoria.
Nuuskommentaar: “Happy holidays” versus “Geseënde Kersfees”
In Suid-Afrika begin “Happy Holidays” nou in al hoe meer sfere nesskop en word die eintlike Kersboodskap rondom Jesus se geboorte al hoe meer eenkant geskuif.
Seun (10) se lyk by verlate plaashuis gekry
Die Port Alfred-polisie in die Oos-Kaap het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat die liggaam van ʼn tienjarige seun langs ʼn verlate plaashuis gevind is. Die seun is Saterdagoggend vir die laaste keer lewend gesien.
Polisieman in Jhb doodgeskiet
ʼn Polisiesersant is Dinsdagmiddag in Johannesburg doodgeskiet terwyl hy ʼn man wat vermoedelik by ʼn rooftog betrokke was, agternagesit het.
Lise Brink: ‘Volgende paar dae krities’
“Hy is baie moeg want hy is heeltyd by die hospitaal.”
Talle dood ná vuurwerk-ontploffing
Daar was glo soveel as 2 000 mense by die vuurwerkmark toe die ontploffing plaasgevind het
OB kap terug oor ‘kwaadwillige’ berigte
Volgens mediaberigte het die nuwe OB gedreig om as gasheer te onttrek sou adv. Thuli Madonsela, haar voorganger, genooi word.
‘Hlaudi moet vervolg word’
“Ons sal verseker dat Motsoeneng en die ander betrokkenes verantwoordbaar gehou word.”
Kersmark-tragedie: Duitse polisie het dalk ‘verkeerde man’
Owerhede in Duitsland het Dinsdag hul kommer uitgespreek of hulle die regte verdagte in hegtenis geneem het nadat ʼn vragmotor deur ʼn besige Kersfeesmark in Berlyn gejaag het.
Bruid se ma sterf toe boom op haar val
ʼn 61-jarige vrou is dood toe ʼn boom tydens haar dogter se troue op haar geval het.
Knysna-vakansiegangers gemaan om spaarsamig water te gebruik
Knysna-munisipaliteit het ʼn dringende beroep op inwoners en vakansiegangers in die groter Knysna-gebied gedoen om water spaarsamig te gebruik.
Sakemanne swaar gevonnis vir diamantsmokkel
Twee van die 20 prominente sakepersone wat in Kimberley en ander provinsies in hegtenis geneem is, is in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis vir handeldryf met ongeslypte diamante.