ʼn Goeie vriendin van die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou het Maandag in die hooggeregshof in Port Elizabeth in trane uitgebars nadat sy tydens haar getuienis gepols is oor duur geskenke wat sy van Panayiotou ontvang het.
#FeesMustFall-leier doen aansoek om borgtog
Mcebo Dlamini, leier van die #FeesMustFall-betogings en voormalige leier van die studenteraad van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
[Video] Yslike stofkombers omvou Noordwes
ʼn Video van ʼn yslike stofstorm in Biesiesvlei in Noordwes, wat byna lyk soos ʼn stofkombers wat dié gebied omvou, word wyd op sosiale media gedee
Vrou (61) oorleef ontvoeringsdrama
ʼn 61-jarige vrou van die Oos-Kaap is Sondagaand in haar plaashuis oorval, aangerand en ontvoer kort nadat sy buite met haar honde gespeel het.
Man sterf ná wrede kaping
ʼn Man is dood en sy vriend ernstig beseer nadat hul voertuig in Lydenburg, Mpumalanga, gekaap is.
Wees bedag op Facebook-privaatheidsfoefie
ʼn Sogenaamde kennisgewing oor Facebook-gebruikers se privaatheid, wat die afgelope week die ronde op dié sosialemedia-netwerk doen, het gebruikers behoorlik op hol.
N1-busongeluk: Dodetal styg
Die dodetal het gestyg ná Sondagoggend se busongeluk op die N1 tussen Touwsrivier en Laingsburg in die Wes-Kaap.
Sewe Zimbabwiërs ná plaasaanval vasgetrek
Sewe mans, almal glo Zimbabwiërs, sal na verwagting Maandag in die Louis Trichardt-landdroshof verskyn nadat hulle op ʼn plaas in Limpopo toegeslaan en twee mense ernstig aangerand het.
Nuuskommentaar: Dis nou Koue Oorlog in ANC en straks binnekort wêreldwyd
Dit is nou vir almal duidelik dat daar ’n magspel tussen pres. Zuma en sy teenstanders in die ANC is, maar dis nog nie so duidelik wie die beste daarvan gaan afkom nie. Uiteindelik is die vraag of dit kan uitspeel sonder dat geweld in die ANC uitbreek en die land verswelg.
Neil Tovey kritiek ná hartaanval
Tovey het Sondagmiddag geoefen toe hy die hartaanval gehad en na ʼn hospitaal gehaas is.
‘Gewelddadige universiteitsbetogings moet dadelik end kry’
Die regering het in ʼn verklaring ʼn beroep op betogende studente gedoen om die landswette te respekteer en gesê die gewelddadige vernietiging van eiendom is strafregtelik en ongevraag.
Ramaphosa steun Gordhan
Adj.pres. Cyril Ramaphosa het sy steun verleen aan Pravin Gordhan ná die minister se onthulling van verdagte transaksies van miljarde rande deur die Gupta-familie en hul ondernemings.
Drie swaar gestraf na moord op polisiebeamptes
Drie mans is swaar gestraf nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op twee polisiekonstabels in die Oos-Kaap.
‘Zuma moet waai’
Pres. Jacob Zuma bly die grootste hindernis vir Suid-Afrika se sukses en moet onmiddellik bedank of herroep word, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Sondag gesê.
Gupta-transaksies: Klagtes ingedien; Valke-ondersoek gevra
Strafregtelike klagtes is teen die Gupta-familie en Duduzane Zuma, pres. Jacob Zuma se seun, ingedien in verband met “verdagte” transaksies van meer as R6,8 miljard, wat Gupta-maatskappye tussen 2012 en Junie 2016 gedoen het.
Rower skiet homself, drie makkers vas
“Die polisie het die verdagtes voorgekeer en ʼn 27-jarige verdagte het sy vuurwapen [ʼn 9mm-pistool] uitgeruk en selfmoord gepleeg.”
Vier kinders sterf in brand
Vier kinders, tussen twee en vyf jaar oud, is dood nadat die plakkershut waarin hulle was, aan die brand geraak het in Ivory Park, oos van Johannesburg.
Nege vas oor grondbesetting
Nege mense is Saterdag in hegtenis geneem nadat ʼn groep van sowat 2 500 mense in Zamdela, by Sasolburg in die Vrystaat, grond onwettig wou beset.
Valke fnuik moordkomplot
Die Valke in KwaZulu-Natal het ʼn vrou se beweerde komplot, om haar man te laat vermoor, gefnuik.
#FeesMustFall-leier in hegtenis geneem
Mcebo Dlamini, voormalige president van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se studenteraad, is vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem.