Die twee studente, wat die afgelope naweek by ʼn lodge buite Pretoria verdrink het, was op ʼn spanbou-uitstappie saam met ʼn daghuis van die Universiteit van Johannesburg (UJ).
UJ student glo deur veiligheidswag doodgeskiet
Die bestuur van Universiteit van Johannesburg het reeds met die familie vergader om hul opregte medelye uit te spreek.
Clive Derby-Lewis dan begrawe
Clive Derby-Lewis word vandeesweek begrawe nadat hy verlede week in die ouderdom van 80 oorlede is.
Waterreserwes gebruik om Gauteng se waternood te verlig
Die departement van water en sanitasie het gesê waterreserwes van die Vrystaat se Sterkfonteindam sal Maandag beskikbaar gestel word vir die Vaaldam, wat byna leeg is.
Drie Pta-kitskosrestaurante gelyktydig beroof
Drie kitskoskosrestaurante is Sondagaand in die noorde van Pretoria gelyktydig beroof, kort voor sluitingstyd.
Nuuskommentaar: Probeer nét aan Pravin te vat!
Die oproepe op die publiek om druk op die Nasionale Vervolgingsgesag te plaas om sy vervolging van minister Gordhan te staak, het min of meer…
Aardbewing weens ‘skaliegasontginning’ rig groot skade aan
ʼn Aardbewing het groot skade in Cushing, in die Amerikaanse deelstaat Oklahoma, aangerig.
Twee sterf in liefdesdriehoek
ʼn Man (42) is die naweek in Kroonstad in die Vrystaat in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en haar vermeende minnaar.
Julius Malema in hof
“Ons is ten volle bewus daarvan dat die aanklagte [teen Malema] ʼn politieke besluit van ʼn gekaapte regering is, wat ongetwyfeld besig is om ʼn outoritêre regime te word en enigiets moontlik sal doen om sy korrupte winste te verdedig.”
‘Molefe moet onder eed getuig’
“Molefe het gerieflikheidsonthalwe probeer om die verdoemende onthullings in die openbare beskermer se staatskaping-verslag tydens mediakonferensies weg te verduidelik.”
Man vas na hy glo regter se handtekening vervals
ʼn Beweerde bedrieër, wat sedert 2012 voortvlugtend is, is deur die Valke in hegtenis geneem.
Vier kinders sterf in botsing
Vier kinders is dood in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor op die N14, buite Kuruman in die Noord-Kaap.
[Foto’s] Brand beskadig Tulbagh-geboue
Twee historiese geboue in Tulbagh in die Wes-Kaap is deur ʼn brand beskadig.
NG Kerk besin weer oor gay-kwessie
Die NG Kerk hou vandeesweek ʼn buitengewone algemene sinode, waar die besluit oor selfdegeslagverhoudings weer indringend bespreek gaan word.
De Aar-gesinsmoord: Verdagte vas
ʼn Verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn gesin van De Aar in die Noord-Kaap dood in hul huis aangetref is.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat sy motorfiets met ʼn bakkie gebots het, op die R711 tussen Clarens en Fouriesburg in die Vrystaat.
Jong man vermis
ʼn Jong man van Hermanus word sedert Saterdagoggend vermis sedert hy ʼn kuierplek verlaat het.
[Foto’s] ‘Moordtog’ aan die lig gebring na vrou in vraghouer gevind is
Die man wat ʼn vrou glo in ʼn vraghouer vasgeketting het, het volgens die polisie erken hy het minstens sewe mense vermoor.
Gesin in huis vermoor
ʼn Gesin van De Aar in die Noord-Kaap is dood in hul huis aangetref. Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Glenwill Makaleni…
‘Terreur-tweeling’: Staat van misbruik beskuldig
Die Thulsie-tweeling, Brandon-Lee en Tony-Lee, wat daarvan beskuldig word dat hulle terreuraanvalle by die Amerikaanse ambassade en Joodse instellings in Suid-Afrika beplan het, se saak is Vrydag weer uitgestel.