Die tydperk van 2014 tot 2019 gaan ʼn periode van fundamentele, dramatiese verandering wees waarin Suid-Afrika op ʼn manier herdefinieer gaan word. Die groot vraag is watter rol kan en gaan plaaslike sakelui in dié verband speel?
Karlien boos oor voorbladfoto van kinders
Van Jaarsveld dreig nou om die tydskrif hof toe te sleep. Talle ander bekendes het intussen ook die tydskrif veroordeel.
Van Rooyen weer hof toe oor staatskaping-verslag
Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is Maandag weereens hof toe in ʼn poging om te verhoed dat Thuli Madonsela se finale staatskaping-verslag bekendgemaak word.
Aanklagte teen Gordhan en kie laat vaar
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het Maandag tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak dat die aanklagte teen Pravin Gordhan, minister van finansies, laat vaar is.
Peuter verdrink in swembad
“Met paramedici se aankoms op die toneel was die seuntjie egter reeds dood.”
SA sakereus gee leisels oor
Een van Suid-Afrika se grootste sakemanne, dr. Whitey Basson, sal ná 45 jaar aan die stuur die leisels oorgee.
Drie dood in trompop botsing
Drie mense is dood en drie beseer in ʼn trompop botsing op die N8 buite Bloemfontein in die Vrystaat.
Pa en seun waag lewe om vrou uit vlammehel te red
“Die vrou het toe so halflyf uit die motor gehang. Ek het nader gegaan en haar begin uittrek, maar die hitte was verskriklik”.
Ventersdorp-plaasmoord: Verdagte glo oudwerker
Die man wat in hegtenis geneem is vir die wrede moord op Annerie Grobler (55), wat Sondag op ʼn plaas buite Ventersdorp in Noordwes dood aangetref is, is glo ʼn voormalige werknemer.
Brandslagoffer Sean praat met ma
“Ons is met sy aankoms meegedeel dat sy linkerlong platgeval het.”
[Foto’s en video] Hatfield brand
Chaos het Maandagoggend in Hatfield in Pretoria uitgebreek nadat betogende studente die strate ingevaar het.
Nuuskommentaar: As die aarde kwaad word
Die jongste reeks aardbewings in Italië wat byna 300 lewens geëis het, vestig opnuut die aandag op hierdie natuurverskynsel.
Vrou op Eugene Terre’Blanche se plaas vermoor
Annerie Grobler (55) is Sondag dood aangetref op Eugene Terre’Blanche, voormalige leier van die AWB, se plaas buite Ventersdorp in Noordwes.
14-jarige skiet per ongeluk skolier dood
ʼn 14-jarige is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van moord nadat hy per ongeluk ʼn skolier doodgeskiet het.
Vyf tieners sterf toe motor in hulle ploeg
Vyf tieners is Sondagoggend in Mpumalanga dood toe ʼn bestuurder met sy bakkie in ʼn groep jongmense geploeg het.
DA sê Abrahams moet Gordhan-aanklagte terugtrek, bedank
Die DA het Sondag gesê Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolging, moet die regte ding doen en die aanklagte teen die minister van finansies en sy medebeskuldigdes terugtrek en daarna bedank.
113 kinders sterf weens wanvoeding in Gauteng
Altesaam 113 kinders is tussen April 2015 en Maart 2016 in Gauteng dood weens wanvoeding, het die Demokratiese Alliansie Sondag gesê.
Bejaarde boer sterf tydens Ellisras-plaasaanval
JJ (Poem) Lamprecht (89) is Saterdagaand dood toe hy en sy vrou op hul plaas, ongeveer 30 km buite Ellisras in Limpopo, aangeval is.
Man by Durban-sportklub doodgeskiet
ʼn Man is doodgeskiet nadat hy en medepligtiges ʼn veiligheidswag vroeg Sondagoggend by ʼn Durban-sportklub aangeval het.
Man gered wat aan boom hang
ʼn 35-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy aan ʼn boom gehang het in ʼn park in Highlands-Noord in Johannesburg.