Die laaste van die drie verhoorafwagtende gevangenes wat in Augustus uit die aanhoudingselle van die Letsitele-polisiestasie buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is Sondag by sy vriendin se huis in hegtenis geneem.
Nuuskommentaar: Zuma en studente-onluste – elkeen se eie bril laat spanning oplaai
Maar hoe verskillend kyk mense nie na Zuma en die studente-onluste in Suid-Afrika nie?
Anika Smit-moordsaak: Verdagte vir waarneming gestuur
André van Wyk (24), wat aangekla word van die moord op Anika Smit, het Maandag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn.
[Foto’s] Betogings gaan voort by Tuks
Ondanks die Universiteit van Pretoria (UP) se onderneming dat alle akademiese bedrywighede Maandag hervat sou word en dat toegang tot die instansie se Hatfield-kampus streng gemonitor sal word, het betogers weer Maandagoggend op die kampus saamgedrom.
NWU se Vaalkampus bly toe
Akademiese bedrywighede by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Vaaldriehoekkampus sal nie Maandag hervat word nie nadat petrolbomme na die kampus se hoofingang gegooi is.
Nuwe hokkieliga eindig op hoë noot
Die nuwe Premier Hokkieliga (PHL) het Sondag opwindend ten einde geloop en die positiewe vernuwing vir Suid-Afrikaanse hokkie is met ʼn intense en goeie manseindstryd afgesluit.
Twee verdrink in see
Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Sondagmiddag na Mnandi-strand aan die Valsbaai-kuslyn ontbied nadat twee mans in die see verdrink het toe hulle in ʼn seestroom vasgevang is.
Paramedikus met mes aangeval op ongelukstoneel
ʼn Paramedikus van ER24 is met ʼn mes aangeval op ʼn ongelukstoneel in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal.
Anika Smit-saak hervat
Andreas Johannes (André) van Wyk (24), die man wat hom aan die polisie oorgegee het in verband met die moord op Anika Smit (17) ses jaar gelede, verskyn Maandag weer in die Pretoria-Noord-landdroshof.
Veiligheid vir studente, personeel geëis sodat universiteite kan heropen
Dit volg ná berigte dat talle kampusse gesluit sal bly, waaronder die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) en Universiteit van Kaapstad (UK).
[Foto’s] Minstens 61 beseer ná bus rol
Minstens 61 persone is beseer nadat ʼn bus, van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, Sondagmiddag omstreeks 16:30 op die R603 naby Umbumbulu-polisie omgeslaan het.
Arnold Palmer – gholf se ‘grootste ambassadeur’ sterf
Die legendariese Amerikaanse gholfspeler, Arnold Palmer, is Sondag in die ouderdom van 87 in Pittsburgh, Pennsylvania, oorlede, het die Amerikaanse Golfvereniging bevestig.
Hond steek vrou met mes
ʼn Vrou is Woensdag na ʼn hospitaal gehaas nadat haar hond haar met ʼn mes gesteek het.
Kêrel het meisie glo by woonstel uitgestamp
ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem nadat ʼn vrou glo Sondagoggend omstreeks 02:00 uit die venster van ʼn woonstel op die 14de verdieping van ʼn gebou in Johannesburg gestamp is.
Oos-Kaap-polisie ondersoek tref-en-trap-ongeluk
Die polisie in Butterworth ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn voetganger in die dorp doodgery is.
Motsoeneng: Hof is al uitweg, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het sy regspan opdrag gegee om Hlaudi Motsoeneng se heraanstelling as “waarnemende” bedryfshoof by die SAUK terug te neem hof toe, het die party Sondag gesê.
SA’ner wen Grand Prix-titel
Brad Binder (21) is Sondag die eerste Suid-Afrikaner in 36 jaar wat ʼn Grand Prix-titel verower ná hy as die Moto3-wêreldkampioen aangewys is.
VSA-verkiesing: Clinton en Trump is kop aan kop
Hillary Clinton en Donald Trump is byna kop aan kop in die meningsopnames voor die eerste presidensiële debat, het die Washington Post Sondag berig.
CoP 17: Konferensie oor natuurbeskerming in Jhb
Meer as 2 500 afgevaardigdes van 180 lande vergader tydens die 17de konferensie van die partye (CoP 17) van die konvensie oor handel in bedreigde spesies (Cites) in Sandton, Johannesburg.
Wêreld se grootste radioteleskoop geopen
Honderde astronome en entoesiaste het Sondag die opening van die FAST-teleskoop bygewoon.