ʼn Pa van Johannesburg is “gewalg” nadat sy peuterdogter en haar maatjies aan “ernstige pornografie” blootgestel is nadat hy ʼn DVD by ʼn Crazy Store-winkel gekoop het.
Motorfietsryer se liggaam in veld gevind
Die liggaam van ʼn motorfietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagoggend in ʼn veld in Rustenburg in Noordwes gevind.
SA se goue-swemduo maak skoonskip
Suid-Afrika se Olimpiese swemduo, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, het die land se naam hoog gehou in die Fina-wêreldbekerreeks in Berlyn Woensdagaand.
Jong man sterf in gru-ongeluk
ʼn Man, vermoedelik in sy vroeë 20’s, is Donderdagoggend dood toe hy op die N12 in Mpumalanga met sy voertuig agter in ʼn vragmotor vasgery het.
[Foto’s] Hyskraan val op motors
Groot skade is aangerig toe ʼn hyskraan voor die kantoor van die Walvisbaai-munisipaliteit in Namibië omgeslaan het.
Twee beseer in ontploffing by laerskool
Twee vroue is Donderdagoggend in ʼn ontploffing by ʼn laerskool in Durban beseer.
Onafhanklikheid van Afrikaanse skole ondersoek
Die Solidariteit Beweging het Woensdag tydens ʼn toekomsberaad oor onderwys in Centurion aangekondig dat dié organisasie binnekort ʼn taakspan van kenners sal aanwys om onafhanklike Afrikaanse onderwys te ondersoek.
‘Dronk’ neefs pluk mes uit oor DVD
Twee 28-jarige nefies van Deneysville in die Vrystaat is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn vriend met ʼn mes aangeval het oor ʼn DVD.
Lentedag-sonsverduistering
Suid-Afrikaners vier vandag Lentedag met ’n gedeeltelike sonsverduistering.
Oudminister in hof oor ‘bedrog, geldwassery’
Sbu Ndebele, voormalige minister van vervoer, sal vandag saam met vier medebeskuldigdes in die hooggeregshof in Pretoria verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery.
Nuuskommentaar: Is dit die toppunt van ’n Zuma-mosie van wantroue?
Kan dit wees dat die gety in die private sektor nou met Futuregrowth se opskorting van lenings aan ses staatsbeheerde instellings só teen pres. Zuma draai dat hy moet kopgee en dié instellings van patronaatskap en swak bestuur skoonmaak, of gaan hy hardnekkig klou aan die “oorlog wat Suid-Afrika teen homself voer” en die risiko van ʼn “atoombom” loop?
Streng waterbeperkings vir NMB ingestel
“Indien die watergebruik nie binne die volgende twee maande met 15% verminder nie, sal die raad noodgedwonge strafmaatreëls moet oorweeg.”
Kleuter kritiek ná trok haar tref
ʼn Vyfjarige meisie moes Woensdag in ʼn kritieke toestand per helikopter na ʼn hospitaal vervoer word nadat sy buite Polokwane deur ʼn vragmotor raakgery is.
Bedrogsaak teen LP wat raadslid word begin
Die EFF het Woensdag ʼn strafregtelike saak teen Peace Mabe, die ANC se burgemeesterskandidaat in Mogale City, aanhangig gemaak omdat sy glo ʼn posisie as raadslid in die munisipaliteit aanvaar het sonder om as lid van die parlement te bedank.
Man gevonnis wat 79-jarige verkrag
ʼn 21-jarige man is Dinsdag gevonnis vir die verkragting van ʼn 79-jarige vrou van Nongoma, oos van Vryheid, in KwaZulu-Natal.
KZN-polisie vind talle onwettige vuurwapens
Die polisie in KwaZulu-Natal het in minder as ʼn maand op altesaam 119 onwettige vuurwapens beslag gelê.
Video: Vrystaatse skool los haarprobleem vinnig op
In dieselfde week wat die Pretoria High School for Girls onder skoot gekom het oor sy beleid, het ‘n Bloemfonteinse pa hom óók tot sosiale media gewend oor wat hy beskryf as onaanvaarbare praktyke by sy dogter se skool.
Aankondiging oor studiefooie dan verwag
Blade Nzimande, die minister vir hoër onderwys en onderrig, het Woensdag gesê besprekings om ʼn oplossing te vind vir die omstrede #FeesMustFall-kwessie is steeds aan die gang.
Uitspraak binnekort gelewer ná 5-jarige se ontvoering, moord
Anovuyo se kaal liggaam is saam met haar klere in ‘n vullissak agter iemand se huis gevind, sowat drie huise vanaf die beskuldigde se huis.
PE-studente aangeval: Nog ʼn verdagte vas
ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die kaping van ʼn studentepaartjie by die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU), waartydens die man doodgeskiet en die vrou verkrag is.