ʼn 34-jarige vrou is Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal deur ʼn vragmotor vergruis.
Minister paai ná nog geldkrane toegedraai word
Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het beleggers gerusgestel dat Suid-Afrika se semistaatsinstellings stabiel is nadat ʼn tweede batebestuurder aangekondig het dat hy nie die land se maatskappye in staatsbesit verder gaan finansier nie.
Ondersoek ná reusekremetart gedeeltelik ineenstort
Kenners probeer steeds ontrafel wat gelei het tot die gedeeltelike ineenstorting van die Sunland-reusekremetart in Modjadjiskloof naby Tzaneen in Limpopo.
Twee gevonnis ná moord op drawwer
Twee mans wat ʼn drawwer vir ʼn skamele R4 en sy tekkies vermoor het, is Donderdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis.
[Foto’s] Boere ontvang droogtehulp
AfriForum het Donderdag 85 ton voer aan boere van die droogtegeteisterde gebied Reddersburg in die Vrystaat geskenk.
Ramaphosa haal uit en wys nuwe regerings-kondome
Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Donderdag ʼn beroep op parlementslede gedoen om die regering se gratis nuwe gegeurde kondome te gebruik.
Misdaadstatistiek more bekend gemaak
Die land se jongste misdaadstatistiek word Vrydag in die parlement bekend gemaak.
Bok-kaptein hang stewels op
Adriaan Strauss, kaptein van die Springbokke, het Donderdag aankondig hy tree aan die einde van die 2016-seisoen uit toetsrugby.
Video: Sielkundige geskrap vir wangedrag
ʼn Sielkundige, wat ʼn ongekwalifiseerde persoon toegelaat het om sy werk vir hom te doen, is van sy lisensie gestroop. Die Raad vir Gesondheidsberoepe het Anton Dreyer skuldig bevind aan wangedrag.
Drama by Nelspruit-winkelsentrum: Vrou sterf, man gewond
ʼn Man is Donderdag by die Promenade-winkelsentrum in Nelspruit se middestad geskiet, waarna ʼn vrou, wat glo die voorval gesien het, ineengestort het en dood is.
Video: Groep veg vir dagga-reg
ʼn Groep Rastafariërs en ander dagga-gebruikers sê hulle gaan alles in die stryd werp om die gebruik van dié plant in Suid-Afrika te wettig.
Vrou langs haar man in motor doodgeskiet
ʼn Ma van twee is Woensdag ten aanskoue van haar man in die oprit van ʼn huis in Edenvale doodgeskiet.
Die wêreld in foto’s – 1 September 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Fietsryer steek twee ‘rowers’ met knipmes dood
Twee vermeende rowers is dood nadat hulle ʼn fietsryer naby ʼn gewilde bergfietspark in Pinetown, KwaZulu-Natal, wou beroof.
Porno op skoonmaak-DVD skok
ʼn Pa van Johannesburg is “gewalg” nadat sy peuterdogter en haar maatjies aan “ernstige pornografie” blootgestel is nadat hy ʼn DVD by ʼn Crazy Store-winkel gekoop het.
Motorfietsryer se liggaam in veld gevind
Die liggaam van ʼn motorfietsryer, vermoedelik in sy 30’s, is Donderdagoggend in ʼn veld in Rustenburg in Noordwes gevind.
SA se goue-swemduo maak skoonskip
Suid-Afrika se Olimpiese swemduo, Chad le Clos en Cameron van der Burgh, het die land se naam hoog gehou in die Fina-wêreldbekerreeks in Berlyn Woensdagaand.
Jong man sterf in gru-ongeluk
ʼn Man, vermoedelik in sy vroeë 20’s, is Donderdagoggend dood toe hy op die N12 in Mpumalanga met sy voertuig agter in ʼn vragmotor vasgery het.
[Foto’s] Hyskraan val op motors
Groot skade is aangerig toe ʼn hyskraan voor die kantoor van die Walvisbaai-munisipaliteit in Namibië omgeslaan het.
Twee beseer in ontploffing by laerskool
Twee vroue is Donderdagoggend in ʼn ontploffing by ʼn laerskool in Durban beseer.