ʼn 52-jarige man van KwaZulu-Natal is swaar gevonnis nadat hy sy sesjarige kleindogter verkrag het.
Nuuskommentaar: Moet Zuma amnestie kry (en betaal word) om te verdamp?
Die moontlikheid dat pres. Jacob Zuma amnestie teen vervolging kry om van die toneel te “verdwyn” is pas weer geopper, en dié keer deur ’n gerespekteerde politieke kommentator. Maar dit lyk of ’n groot deel van die publiek voel Zuma verdien nie amnestie nie en moet tot by oom Daantjie in die kallerhok opgefoeter word.
Dodetal styg steeds ná aardbewing in Italië
Die dodetal van die aardbewing wat Woensdag die sentrale gebied van Italië geskud het, het weer skerp gestyg.
Wynlandgoed-moord: Rohde vandag in hof
Jason Rohde, uitvoerende hoof van Sotheby’s International Realty South Africa wat Dinsdag in verband met die moord op sy vrou in hegtenis geneem is, sal vandag in die Stellenbosch-landdroshof verskyn.
Dogtertjie sterf ook ná fratsgolf
Die tweejarige dogtertjie wat Vrydag saam met haar gesin, oorspronklik van Johannesburg, tydens ʼn vakansie in Newquay, in Cornwall, Engeland, deur ʼn fratsgolf van rotse meegesleur is, is ook oorlede.
Tutu weer in hospitaal opgeneem
Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu (84) is weer in ʼn Kaapse hospitaal opgeneem vir die behandeling van ʼn voortdurende infeksie.
Panayiotou terug in hooggeregshof
Die moordbeskuldigde Christopher Panayiotou sal na verwagting Donderdag weer in die hooggeregshof in Port Elizabeth verskyn vir sy voorverhoorkonferensie.
14-jarige kry skyfies ná verkragting
ʼn 21-jarige uitlander wat in Suid-Afrika woon, is in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 14-jarige meisie in Bethlehem in die Vrystaat.
Gedenkdiens vir slagoffers van Golden Gate-busongeluk
ʼn Gedenkdiens is Woensdag in Bloemfontein gehou om die lewe te vier van die 11 lede van die weermag wat Vrydag dood is toe ʼn…
Rowers buit Bloem-winkel, ondanks leë kluis
Die polisie het ʼn volskaalse soektog van stapel gestuur na vier verdagtes wat Woensdag ʼn gewilde klerekettingwinkel in Bloemfontein se middestad beroof het.
Nog geen besluit oor 2017-studentegelde, sê Nzimande
Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het Woensdag daarop aangedring dat daar nog nie enige besluit geneem is oor verhogings in universiteitsgelde vir 2017 nie.
Gordhan weier om voor Valke te verskyn
Pravin Gordhan, minister van finansies, en sy prokureur het dit Woensdag duidelik gemaak dat hy nie Donderdag by die Valke gaan aanmeld om te reageer op bewerings oor ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid binne die SAID terwyl hy die kommissaris was nie.
Staking by Robertson-wynmakery: ‘Dis ʼn slaaf se loon’
Werknemers by die Robertson-wynmakery in Robertson in die Wes-Kaap het Woensdag begin staak en eis ʼn minimumsalaris van R8 500 per maand
Geen borgtog vir polisiebeamptes ná transitorooftog
Die Valke het vier van die agt persone, wat na bewering betrokke was in ʼn G4S-rooftog in Kimberley in die Noord-Kaap, se aansoek om borgtog suksesvol teengestaan.
UKZN gesluit tot volgende week
Lesings by die Universiteit van KwaZulu-Natal sal eers volgende week hervat.
OB-pos: Hier is die finale kandidaat
Die ad hoc-komitee, wat op die been gebring is om ʼn nuwe openbare beskermer (OB) aan te wys, het Woensdagmiddag op ʼn finale kandidaat besluit.
Honderde sterf tydens aardbewings in 2016
Bykans 900 mense het reeds vanjaar in aardbewings gesterf.
Kind kom op ouma, versorger se liggame af
Die Limpopo-polisie het ʼn volskaalse ondersoek van stapel gestuur nadat die halfontbinde liggame van ʼn 88-jarige vrou en haar 44-jarige versorger Dinsdag deur die bejaarde se dogter gevind is.
[Video] Italië-aardbewing: Dodetal styg skerp
Die dodetal in die aardbewing wat Woensdag in die vroeë oggendure die sentrale gedeelte van Italië geskud het, het intussen tot 63 gestyg.
DA-vrou dra nou die broek in Limpopo-munisipaliteit
Inwoners van Vaalwater, Modimolle (Nylstroom), Naboomspruit en Roedtan in Limpopo kan uitsien na “positiewe verandering” met ʼn plaaslike DA-vrou, ma, voormalige joernalis en onderwyseres, nou aan die stuur van die Mookgophong/Modimolle-munisipaliteit.