Altesaam 399 baba Siamese krokodille, ʼn beskermde spesie in China, is deur die grenspolisie in Guangxi Zhuang gered.
Ondersoek ná voedselvergiftiging by skool
Die departement van gesondheid stel ondersoek in nadat 82 kinders Vrydag by ʼn skool in Ekurhuleni in Gauteng vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het.
OVK-stembokse in Soweto gesteel
Stembokse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir komende Woensdag se munisipale verkiesing is uit ʼn afleweringsvoertuig in Diepkloof, Soweto gesteel.
EFF en Malema hits geweld aan, sê Sanco
Die burgerlike organisasie Sanco meen die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het die morele toets gedruip toe hulle versuim het om ʼn raadslidskandidaat te skors oor sy rassistiese aanmerkings.
19-jarige beseer ná brand in sy kamer
ʼn 19-jarige is Saterdag beseer toe ʼn brand in sy kamer in Ladysmith, KwaZulu-Natal uitgebreek het.
Skoolhoof in hof oor tiener se verkragting
ʼn 51-jarige skoolhoof het in ʼn hof in die Oos-Kaap verskyn op aanklag van die verkragting van ʼn 13-jarige meisie.
Groen lig vir bevorderings in die SAPD
Meer as 3 000 lede in die SAPD word direk deur dié geskiedkundige skikking beïnvloed.
16 sterf toe warmlugballon val
ʼn Warmlugballon met 16 mense het Saterdag in sentraal Texas, VSA, neergestort en daar is waarskynlik geen oorlewendes nie.
ʼn Stem is nie ʼn tatoe nie, sê Maimane
Maimane het gesê ʼn onselfsugtige struggle is vervang met selfsugtige opgaring. “Nie-rassisme is vervang met rasse-politiek. Hartspolitiek is vervang met maagpolitiek.”
Een persoon sterf in brand by DBV
Een persoon is Saterdagoggend dood toe ʼn brand omstreeks 03:00 by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Highveld Ridge in Evander, Mpumalanga, uitgebreek het.
Taxibestuurder ʼn barmhartige Samaritaan ná ongeluk
ʼn Taxibestuurder het Saterdag twee seuns, 11 en 12 jaar oud, bygestaan wat deur ʼn motor getref en waarskynlik gesleep is in Pinetown, KwaZulu-Natal.
Pikitup-lid doodgeskiet ná Samwu met lyfwagte bots
ʼn Lid van Pikitup is Vrydagmiddag in Johannesburg se middestad doodgeskiet en ʼn tweede het kritieke beserings opgedoen ná lede van die vakbond Samwu met vakbondamptenare se lyfwagte gebots het.
Sterftes by twee AngloGold-myne
Twee mynwerkers is in afsonderlike voorvalle by twee AngloGold Ashanti-myne in Gauteng oorlede, het die maatskappy Saterdag gesê.
Meer as 60 000 Kaapstad-seweskaartjies Vrydag verkoop
Meer as 60 000 kaartjies vir die 2016 HSBC Kaapstad-sewesrugbytoernooi, wat op 10 en 11 Desember plaasvind, is op die eerste dag van verkope deur die publiek opgeraap.
Kolwyntjie-kleuterskool: Saak teen Lesufi vorder
Kriminele klagtes van aanhitsing tot geweld en intimidering teen die Gautengse LUR vir basiese onderwys, Panyaza Lesufi, word ondersoek.
Man kritiek ná klein ontploffing
ʼn 48-jarige man is Vrydag ernstig beseer toe die kragopwekker waaraan hy werk het, op ʼn plaas buite Fochville in Gauteng ontplof het.
Vier vas wat glo diesel steel
Vier mans is Vrydag by Bona Bona naby Morokweng in Noordwes in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord, diefstal en poging tot sakeroof.
Valke keer kitsbankbedrog-verdagte aan
Die Valke in die Wes-Kaap het Vrydag ʼn 34-jarige man, wat al sedert 2014 voortvlugtig is in verband met ʼn bedrogsaak in Queenstown, in hegtenis geneem.
Nóg ʼn skool in Noordwes afgebrand
Ses klaskamers is by Setilo Secondary School naby Mafikeng in Noordwes afgebrand weens politieke geweld in die gebied, het die departement van onderwys Vrydag gesê.
Verkiesingshof sê oor NFP-aansoek
Die verkiesingshof het Vrydag uitspraak gelewer oor die National Freedom Party (NFP) se tweede aansoek om aan die munisipale verkiesing op 3 Augustus deel te neem.