Die weke lange staking in die petroleumbedryf het Woensdag tot ʼn einde gekom nadat ʼn ooreenkoms tussen die vakbond en werkgewers bereik is.
Nuuskommentaar: Koalisies en samewerking
Sou die nuwe situasie daartoe lei dat Suid-Afrika ook professionele politieke brugbouers kry, gaan hulle, met die EFF in die prentjie, hare op hul tande nodig hê om die wa op sy spore te hou. Tensy natuurlik die EFF vir ’n slag besluit om volwasse politiek te bedryf.
Opgradering van Pta-waterpype suksesvol afgehandel
Die watertoevoer in Pretoria is Woensdag omstreeks 23:00 herstel, maar dit sal nog ʼn ruk duur voordat dit heeltemal terugkeer na normaal.
Oud-koerantredakteur in hof vir laster
Ferial Haffajee, voormalige redakteur van City Press, moet Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg verskyn op aanklagte van laster.
Twee studente vas ná kampusgeweld
Twee studente aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings oor studiefooie op die universiteit se twee kampusse opgevlam het.
Man sterf toe hy onder padskraper beland
ʼn 45-jarige man is Woensdag in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, dood nadat hy onder ʼn padskraper beland het.
KZN-betogings: Polisieman geskiet, bus afgebrand
Tien vroue wat in hegtenis geneem is nadat ʼn betoging naby Msinga in KwaZulu-Natal gewelddadig geraak het, sal vandag in die Msinga-landdroshof verskyn.
Video: Vaaldam-vlak skokkend
Die Vaaldam is net sowat 34% vol. Verlede jaar dié tyd was dit meer 75 persent vol, wat die voortslepende gevolge van die afgelope seisoen se droogte duidelik laat blyk.
Die wêreld in foto’s – 17 Augustus 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Vrou sterf in fratsongeluk
ʼn Vrou is dood en twee beseer nadat talle groot sakke voer op hulle geval het in Howick, KwaZulu-Natal.
Tweejarige in ouerhuis doodgeskiet
ʼn Tweejarige dogtertjie is Dinsdagaand in haar ouerhuis doodgeskiet nadat ʼn onbekende aantal verdagtes op haar en haar ouers losgebrand het.
Klagtes teen ‘rassistiese’ verkeersbeamptes in Ermelo
“Julle wit mense het mos alles gesteel in die land, dit is hoekom julle so ryk is,” het Nicolaas Sibeko, provinsiale verkeersbeampte in Ermelo, glo aan ʼn motoris gesê nadat hy hom van die pad af getrek het.
Vermoorde tiener se familie opgespoor; verdagte vas
Die tienermeisie, wie se naakte liggaam Sondag naby ʼn stadion in Ermelo, Mpumalanga gevind is, se familie is opgespoor en ʼn verdagte is in hegtenis geneem in verband met haar moord.
Sasolburg-pedofiel gevonnis: ‘Ons kan nou afsluiting kry’
“Ons wil net sien dat hy vir ewig uit die samelewing verwyder word sodat hy nooit weer iemand kan seermaak nie.”
[Foto’s] Verulam-plaasaanval laat bloedspoor
WAARSKUWING: Die foto’s onderaan die berig is grafies van aard en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.
Opposisiepartye teken ‘geskiedkundige’ ooreenkoms
Meeste van die land se grootste opposisiepartye het Woensdag bekend gemaak hoe hulle sal saamwerk na die munisipale verkiesing vroeër die maand waarin geen partye ʼn meerderheid in verskeie munisipaliteite oor die land heen kon behaal nie.
Sasolburg-pedofiel skuldig op honderde aanklagte
Die Bloemfonteinse hooggeregshof het Woensdag ʼn pa van Sasolburg skuldig bevind op 933 seksuele misdrywe, waaronder die seksuele aanranding van sy eie twee dogters.
Motorwasser wat vrou glo raakry ‘nie gemagtig’
Die bestuurder van die motor wat glo ʼn hoogswanger vrou by ʼn Sasol-motorwassery getref en veroorsaak het dat sy haar ongebore baba verloor het, was glo nie gemagtig om die motor te bestuur nie.
Video: Metropolisiebeampte buite laerskool aangerand
ʼn Stasiebevelvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Maandagmiddag buite ʼn laerskool aan die Oos-Rand aangerand, terwyl hy besig was om ʼn boete uit te skryf.
EFF sê nee vir koalisies, maar…
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag aangekondig dat sy party geen koalisies met ander partye sal aangaan nie maar wel sekere partye sal steun in die onderskeie munisipaliteite waar geen party ʼn meerderheid gekry het nie.