ʼn Veertienjarige meisie van Wisconsin in die VSA is Vrydagaand as balkoningin gekroon by ʼn afskeidsdans wat haar skool vir haar gehou het voordat sy binnekort uit vrye wil sal sterf.
‘ANC gebruik apartheid as verskoning’
Julius Malema, leier van die EFF, het Sondag gesê die ANC moet ophou om die nalatenskap van apartheid te gebruik as ʼn rede om nie dienste aan Suid-Afrikaners te lewer nie.
SAUK-joernaliste: Uitspraak dié week verwag
Uitspraak sal na verwagting Maandag gelewer word in die saak van die vakbond Solidariteit teen die SAUK oor die afdanking van vier veteraanjoernaliste wat Vrydag in die arbeidshof in Braamfontein aangehoor is.
R26 miljoen vir nuwe Kaapstad-brandweerstasies
Die Stad Kaapstad het R26 miljoen bewillig om twee nuwe brandweerstasies in onderskeidelik Masiphumelele en Somerset-Wes te bou.
Twee IVP-lede doodgeskiet
Twee lede van die Inkatha Vryheidsparty (IVP) is in die uMtshezi-gebied naby Estcourt in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Meer as 200 verdagtes in Jhb vasgetrek
Altesaam 226 mense is die afgelope naweek op verskeie aanklagte in Johannesburg in hegtenis geneem.
Motoriste gewaarsku oor sneeu; paaie dalk gesluit
Volgens Steele is alle nooddienste, reddingspanne en verkeersowerhede op ʼn hoë gereedheidsgrondslag geplaas om bystand te lewer waar nodig.
Man se lyk op sypaadjie gevind
KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn man se liggaam Sondagoggend op ʼn sypaadjie in Pietermaritzburg gevind is.
München-skietery: Getal beseerdes nou 35
Die getal mense wat Vrydag beseer is nadat ʼn skieter op mense in ʼn McDonalds-restaurant in München, Duitsland, losgebrand het, het intussen tot 35 gestyg. Nege mense is in die aanval dood.
Thabo Mbeki ontken onttrekking uit ANC
Oudpres. Thabo Mbeki het berigte dat hy homself van die ANC gedistansieer het ontken en gesê hy is steeds ʼn getroue ANC-lid.
Vrou op lughawe vas oor 8 kg dwelms
ʼn 27-jarige vrou van Hillbrow in Johannesburg is Saterdag met meer as R1,8 miljoen se dwelms op die Kaapstad Internasionale Lughawe betrap.
Man deur trein getref
ʼn Man is Sondagoggend na ʼn hospitaal gehaas nadat hy in die Prestbury-gebied in Pietermaritzburg deur ʼn trein getref is.
Drie dood, ses beseer in gru-botsing
Drie mense is dood en ses beseer toe twee voertuie Saterdagaand reg van voor op die N14 buite Kathu in die Noord-Kaap gebots het.
Mmusi Maimane: ‘Madiba se ANC is weg’
“Die ANC wat na vryheid en eenheid gestreef en ʼn beter lewe vir die armes nagejaag het, bestaan nie meer nie. Dit is vervang deur ʼn ANC wat gedryf word deur gulsigheid en korrupsie – ʼn ANC wat sy rug op die mense van die land gedraai het.”
Fetus gevind ná vrou se raaiselagtige dood
ʼn Fetus is Saterdag in ʼn huis in Sandton in Johannesburg gevind, net ʼn dag nadat ʼn vrou se liggaam die vorige dag op dieselfde perseel gevind is.
Gevangene sterf ná tronk glo doktersbesoek weier
ʼn Gevangene in die Polokwane-gevangenis wat glo maande lank die owerhede gesmeek het om hom toe te laat om sy privaat dokter te raadpleeg, is verlede Saterdag in die gevangenis dood.
München-skieter het mense glo só na winkelsentrum gelok
Die skieter wat Vrydag lukraak in ʼn winkelsentrum in München, Duitsland, op mense losgebrand het, het glo vooraf Facebook gebruik om mense na die winkelsentrum te lok.
Veiligheidsplanne gereed vir verkiesing in Vuwani
Ná onderhandelinge vir vrede in die gebied vasgeval het, het betogers onderneem om die gebied onbegaanbaar te maak op 3 Augustus wanneer die munisipale verkiesing sal plaasvind.
‘WhatsApp-verkragter’ vasgetrek
ʼn Man wat na bewering vroue deur WhatsApp bevriend, na hom toe gelok en verkrag het, is Donderdag in Tongaat in KwaZulu-Natal vasgetrek.
Man sterf in ongeluk; bestuurder vlug
Een persoon is dood en twee tienermeisies ernstig beseer nadat ʼn voertuig Vrydagaand in Ficksburg in die Vrystaat teen ʼn boom gebots het.