ʼn Beweerde rower het Vrydagoggend sy medepligtige tydens ʼn mislukte rooftog naby ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Cullinan-kleuter brand erg
ʼn Tweejarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag erg met kookwater in haar ouerhuis gebrand het.
Nuuskommentaar: Kommunis agter elke bos uitskop
Kenners het gou die jongste opgewondenheid oor skynbare krake tussen die ANC en die SAKP besweer. Maar lê die werklike kommunistiese gevaar nie by die EFF en radikale vakbonde wat miskien nie formeel die kommunistiese hoed dra nie, maar ideologies kwalik te onderskei is?
Krugersdorp-kerk in brand verwoes
ʼn Kerk in Krugersdorp, Gauteng, is Donderdagnag in ʼn brand verwoes.
Man vermoor tydens sakeroof
ʼn 57-jarige man is Donderdagaand by ʼn sakeperseel in Durban, KwaZulu-Natal, vermoor.
Soveel geregistreer om in munisipale verkiesing te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat ʼn bykomende 2,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer het om in die komende munisipale verkiesing te stem.
‘Korrupsie is hoofrede vir werkloosheid in SA’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê korrupsie in munisipaliteite is die grootste bydraende faktor tot Suid-Afrika se werkloosheidsyfer.
17 behandel ná gaslekkasie
Altesaam 17 persone is Donderdagmiddag na ʼn hospitaal geneem ná ʼn beweerde gaslekkasie by ʼn onderneming in Meyerton, Gauteng.
Rhodes-student sterf in brand
Die polisie in Grahamstad in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn student van Rhodes-universiteit gesterf het.
Telkom is amptelike borg van Olimpiese Spele
Telkom het Donderdag aangekondig hy is die amptelike borg van die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese spanne.
Uitspraak vertraag TV se migrasie van analoog na digitaal
Die uitsaaier e.tv het ʼn uitgerekte hofsaak in die hoogste hof van appèl gewen oor digitale televisie in Suid-Afrika.
Zim-boer terug hof toe oor sy plaas
Die Zimbabwiese tabakboer Phillip Rankin het weer die Harare-hooggeregshof genader en die polisiekommissaris-generaal van minagting van die hof beskuldig oor sy versuim om ʼn vorige hofbevel uit te voer.
Jeremy Clarkson se nuwe program in SA verfilm
Jeremy Clarkson het Donderdag bekend gemaak dat die verfilming van sy nuwe program saam met Richard Hammond en James May in Suid-Afrika sal begin.
Die wêreld in foto’s – 2 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Kranige jong sportman verlam ná gru-ongeluk
Ulrich Bester (24), ʼn kranige rugbyspeler, is verlam toe hy Dinsdag in ʼn gru-ongeluk in Brits betrokke was.
Moot-moord: Hy dreig glo om gesin te vermoor, selfmoord te pleeg
Stefan Visser (29), die man wat verdink word van die moord op sy skoonma, pastoor Elsabe van Niekerk (55), sal minstens nog ʼn week agter tralies moet deurbring voordat hy weet of sy borgtogaansoek suksesvol was.
Sakeman moet R1 miljoen aan Absa terugbetaal
ʼn Voormalige sakeman van Polokwane, Jacques Nell, moet R1 miljoen aan Absa terugbetaal nadat hy die bank uit miljoene rande bedrieg het.
Lesufi/Kriel-debat: ‘Ek is nie julle vyand nie’
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het mekaar Donderdag kaalvuis gepak in ʼn openbare debat rakende die toekoms van Afrikaans in skole.
Voetgangers sterf toe motor hul tref
Vier mense is Donderdagoggend dood toe hulle in Boksburg deur ʼn motor getref is.
11-jarige sterf onverwags: ‘Ander ouers moet weet’
ʼn Ouerpaar van Lephalale (Ellisras) in Limpopo is in rou gedompel nadat hul 11-jarige seun Maandag onverwags oorlede is.