ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn 68-jarige vrou van Port St. Johns.
Vermoorde ANC-leiers begrawe
Die begrafnisse van twee ANC-leiers wat vandeesweek vermoor is, is Sondag in Pietermaritzburg gehou.
Arbeidskomiteevoorsitter voldoen self nie aan arbeidswetgewing
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het bevind dat Lumka Yengeni, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, strydig met arbeidswetgewing opgetree het rakende haar huishulp.
Clinton sterk op pad na Demokrate-benoeming
Hillary Clinton het ʼn wegholoorwinning behaal in die Maagde-eilandgroep en is nou nog ʼn stap nader om as die Demokrate se presidentskandidaat aangewys te word.
Vrou vas ná moord op man
Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn 42-jarige vrou in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man.
Paramedikus sterf op ongelukstoneel
ʼn Paramedikus is dood en talle mense beseer nadat verskeie voertuie in ʼn botsing betrokke was op die N1 naby die Allandale-afrit in Midrand.
Nominasies en aansoeke vir nuwe OB nou oop
Die publiek kan nou kandidate benoem vir die pos van openbare beskermer (OB).
Drie dood ná motor in ongelukstoneel inploeg
Drie mense is dood en drie beseer in ʼn ongeluk op die N2 naby Grabouw in die Wes-Kaap.
VSA waarsku weer oor moontlike terreuraanvalle in SA
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het gewaarsku dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms op winkelsentrums in Johannesburg en in Kaapstad beplan.
Louvre-museum gesluit weens vloede in Parys
Die Louvre-museum is Vrydag gesluit om kunswerke te skuif wat moontlik deur vloede in Parys, Frankryk, geraak kan word.
Finansies-waarborg vir Statebondspele gefinaliseer
Die minister van sport en ontspanning het Saterdag bevestig die finansies-waarborg om die 2022 Statebondspele in Durban te hou, is gefinaliseer.
Bejaarde man sterf in KZN-brand
ʼn Bejaarde man is Saterdagmiddag dood toe ʼn brand by ʼn woonstelgebou in Isipingo, ongeveer 20 km suid van Durban in KwaZulu-Natal, uitgebreek het.
Eerste Olimpiese span sonder ʼn land
Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het ʼn span van 10 vlugtelinge gekies om vanjaar aan die spele in Rio de Janeiro deel te neem.
Nuwe aanbieder vir kykNET se MegaBoere-program
Piet Croucamp sal nie die nuwe reeks van MegaBoere aanbied nie.
Onbeheersde drang na mag gaan ANC doodmaak, meen Kodwa
Zizi Kodwa, die ANC se nasionale woordvoerder, het Vrydag gesê die “onbeheersde drang na mag” onder die regerende party se lede sal nog die einde van die party beteken.
117 liggame spoel uit op strand
Altesaam 117 liggame, hoofsaaklik vroue, het op ʼn strand in Libië uitgespoel, het beamptes Vrydag gesê.
Tronkbewaarders sterf in ongeluk
Twee tronkbewaarders is dood en ʼn gevangene het oorleef toe hul voertuig Vrydag ʼn vragmotor op die N4 in Groot Marico in Noordwes getref het.
SAUK gee oor; DA-advertensies binnekort te sien
Die Demokratiese Alliansie het Vrydag gesê die SAUK het ingestem om sy verkiesingsveldtogadvertensies uit te saai.
Politici, sakemanne verwelkom S&P-aankondiging
Politici van albei kante van die spektrum en verskeie sakemanne het Vrydag die besluit deur Standard & Poor’s (S&P), om Suid-Afrika se kredietgradering onveranderd te laat.
NGV sal ‘rampspoedige gevolge’ inhou
Die sakeregte-waghond AfriSake is van mening dat die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) rampspoedige gevolge vir Suid-Afrika sal inhou.