Suid-Afrika se departement van staatsveiligheid het Maandag sy stilswye verbreek ná ʼn waarskuwing van die Amerikaanse ambassade oor terreuraanvalle in die land.
Pa vas ná hy glo seun doodslaan
ʼn Pa van Bosbokrand in Mpumalanga is in hegtenis geneem nadat sy vrou Saterdag op hul seun se bebloede lyk in sy slaapkamer afgekom het.
Betoging woed in Limpopo; twee dood
ʼn Gewelddadige betoging het Maandag in Northam, Limpopo, ontstaan nadat ʼn mynwerker Sondag in die gebied doodgeskiet is.
Amputasie wag nou op negejarige ná slangpik
“Sy is moeg, moedeloos en het baie seer.”
Nasionale polisiekommissaris in onderonsie met rowers
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, was Sondag in ʼn worsteling met twee gewapende rowers betrokke.
Nuuskommentaar: ‘Vertroude’ ANC al wat kan regeer – Zuma
Dit is te vroeg om veel betekenis te heg aan baie toeskouers se uitlopery die naweek by die ANC-verkiesingsmanifessaamtrek in Gauteng toe pres. Jacob Zuma aan die woord gekom het. Voorts het Zuma by dié geleenthede weer dinge kwytgeraak wat Suid-Afrika se stabiliteit onder druk plaas.
Vermiste Port St. Johns-vrou se liggaam gevind
Pamela Burns (68), wat Vrydagaand van haar huis in Port St. Johns verdwyn het, se liggaam is Sondag gevind.
Zuma: ‘ANC het plan om SA ekonomie te laat opvlam’
Die regering werk nou saam met vakbonde en sakelui om ʼn ommekeer in die sukkelende ekonomie te bewerkstellig, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die ANC se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in Mpumalanga gesê.
ANC ontken bewerings teen Lumka Yengeni
Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, het mediaberigte dat Lumka Yengeni, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, strydig met arbeidswetgewing opgetree het ten sterkste ontken.
Spesiale taakspan om ‘politieke moorde’ te ondersoek
ʼn Spesiale polisietaakspan is op die been gebring om politieke moorde te ondersoek en te probeer verhoed, het die minister van polisie Sondag gesê.
Man vas ná bejaarde vrou se verdwyning
ʼn 25-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van ʼn 68-jarige vrou van Port St. Johns.
Vermoorde ANC-leiers begrawe
Die begrafnisse van twee ANC-leiers wat vandeesweek vermoor is, is Sondag in Pietermaritzburg gehou.
Arbeidskomiteevoorsitter voldoen self nie aan arbeidswetgewing
Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het bevind dat Lumka Yengeni, ANC-LP en voorsitter van die portefeuljekomitee oor arbeid, strydig met arbeidswetgewing opgetree het rakende haar huishulp.
Clinton sterk op pad na Demokrate-benoeming
Hillary Clinton het ʼn wegholoorwinning behaal in die Maagde-eilandgroep en is nou nog ʼn stap nader om as die Demokrate se presidentskandidaat aangewys te word.
Vrou vas ná moord op man
Die polisie in die Oos-Kaap het ʼn 42-jarige vrou in hegtenis geneem in verband met die moord op haar man.
Paramedikus sterf op ongelukstoneel
ʼn Paramedikus is dood en talle mense beseer nadat verskeie voertuie in ʼn botsing betrokke was op die N1 naby die Allandale-afrit in Midrand.
Nominasies en aansoeke vir nuwe OB nou oop
Die publiek kan nou kandidate benoem vir die pos van openbare beskermer (OB).
Drie dood ná motor in ongelukstoneel inploeg
Drie mense is dood en drie beseer in ʼn ongeluk op die N2 naby Grabouw in die Wes-Kaap.
VSA waarsku weer oor moontlike terreuraanvalle in SA
Die Amerikaanse ambassade in Suid-Afrika het gewaarsku dat terreurgroepe aanvalle in die nabye toekoms op winkelsentrums in Johannesburg en in Kaapstad beplan.
Louvre-museum gesluit weens vloede in Parys
Die Louvre-museum is Vrydag gesluit om kunswerke te skuif wat moontlik deur vloede in Parys, Frankryk, geraak kan word.