Standard & Poor’s het Vrydag bevestig Suid-Afrika se kredietgradering bly onveranderd.
Comrades-wenners wag nog vir dwelmtoetsuitslae
Comrades-deelnemers wag nog steeds op die uitslag van dwelmtoetse wat ná die wedloop geneem is.
Sepp Blatter en kie het glo £55 miljoen ontvang
Voormalige Fifa-beamptes Sepp Blatter, Jerome Valcke en Markus Kattner het oor vyf jaar glo buitensporige verhogings en bonusse ontvang.
[Video] Eerste vrou in rugbyunie se raad
Ilhaam Groenewald is pas aangestel as die eerste vrou in die Suid-Afrikaanse Rubyunie (Saru) se uitvoerende raad.
Liggaam van vasgekeerde Implats-myner gevind
Die liggaam van ʼn mynwerker by Impala Platinum in Rustenburg, is gevind.
Die wêreld in foto’s – 3 Junie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Aanklagte teen minister wat Burundese vrou na SA ‘smokkel’
Die DA het Vrydag aanklagte teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, die minister van verdediging en militêre veterane, aanhangig gemaak nadat sy glo ʼn jong Burundese vrou onwettig die land ingesmokkel het.
Motorfiets ry tiener dood
ʼn 15-jarige meisie is Donderdagmiddag in Ventersburg in die Vrystaat deur ʼn motorfiets doodgery.
300 onderwysers druip graad 3-Engels-toets
Die departement van basiese onderwys (DBE) sal opleiding gee aan 300 laerskoolonderwysers wat ʼn graad 3-Engels-toets gedruip het.
‘Stoute’ seun ná ‘n week gevind
ʼn Sewejarige seun is Vrydag gevind nadat sy ouers hom ʼn week gelede in ʼn woud gelos het omdat hy glo stout was.
Man gevonnis ná hy seuntjie (3) verkrag
“Tabile het die seun gedra toe hulle by die ouma se huis aangekom het en hy het gehuil. Die ouma het onraad gemerk en sy het die kleuter gevra wat fout is.”
SA hoor vanaand oor moontlike rommelstatus
“As ons met mekaar eerlik is, verdien Suid-Afrika om afgegradeer te word na rommelstatus. Dit is natuurlik nie wat ons wil hê nie, maar dit is wat ons verdien.”
Turkye onttrek sy ambassadeur uit Duitsland
Turkye het duidelik gewys hy is ontevrede nadat die Bundestag, die Duitse parlement, die massamoord op Armeniërs deur Ottomaanse Turke van 1915 tot 1917 as volksmoord verklaar het.
Rower skiet makker in Pta dood
ʼn Beweerde rower het Vrydagoggend sy medepligtige tydens ʼn mislukte rooftog naby ʼn winkelsentrum in die ooste van Pretoria doodgeskiet.
Cullinan-kleuter brand erg
ʼn Tweejarige meisie van Cullinan, oos van Pretoria, is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal geneem nadat sy Donderdagmiddag erg met kookwater in haar ouerhuis gebrand het.
Nuuskommentaar: Kommunis agter elke bos uitskop
Kenners het gou die jongste opgewondenheid oor skynbare krake tussen die ANC en die SAKP besweer. Maar lê die werklike kommunistiese gevaar nie by die EFF en radikale vakbonde wat miskien nie formeel die kommunistiese hoed dra nie, maar ideologies kwalik te onderskei is?
Krugersdorp-kerk in brand verwoes
ʼn Kerk in Krugersdorp, Gauteng, is Donderdagnag in ʼn brand verwoes.
Man vermoor tydens sakeroof
ʼn 57-jarige man is Donderdagaand by ʼn sakeperseel in Durban, KwaZulu-Natal, vermoor.
Soveel geregistreer om in munisipale verkiesing te stem
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het bevestig dat ʼn bykomende 2,6 miljoen Suid-Afrikaners geregistreer het om in die komende munisipale verkiesing te stem.
‘Korrupsie is hoofrede vir werkloosheid in SA’
Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê korrupsie in munisipaliteite is die grootste bydraende faktor tot Suid-Afrika se werkloosheidsyfer.