Julius Malema, leier van die EFF, het Saterdag beweer talle lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersteun sy party.
Malema moet verskoning vra vir verdeeldheid, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Saterdag gesê dat Julius Malema regstreeks op televisie om verskoning moet vra vir sy uitlatings in die publiek wat verdeeldheid saai.
SA Express se lisensie opgeskort
Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het SA Express se vliegtuig-bedryfsertifikaat (AOC) opgeskort “ernstige veiligheidsbesware”.
Pta-motoris skiet ‘grypdief’
ʼn Vermeende grypdief is Vrydag gewond nadat ʼn motoris hom op die hoek van Bloed- en Es’kia Mphahlele (DF Malan)-straat geskiet het.
Tweede verdagte vas oor onnie se moord
ʼn Tweede verdagte is in Isipingo in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn 47-jarige onderwyser van Bergville.
Berugte bende aangekeer
Die polisie in KwaZulu-Natal het Saterdag bevestig ʼn berugte groep misdadigers, lede van die Msenti-bende, is vandeesweek in hegtenis geneem.
Senekal se krane droog op
Ongeveer 40 000 mense word geraak deur ʼn krisis nadat water in Senekal in die Vrystaat opgedroog het.
Poskantoor-staking sal ‘noodlottig’ wees
Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, het vakbonde gemaan om nie volgende week te staak nie.
Tydelike onderwysers word volgende week betaal
Die LUR vir onderwys in Noordwes het Vrydag bevestig tydelike onderwysers in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik sal volgende week hul maandelikse salarisse ontvang.
Massagraf in Mosambiek ontken
Die administrateur van die Gorongosa-distrik in Mosambiek het berigte in buitelandse media oor ʼn massagraf in dié gebied ontken.
Buitelandse media berig oor Zuma-uitspraak
Verskeie buitelandse bronne het berig oor Vrydag se uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof oor die “irrasionaliteit” om 783 aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery teen pres. Jacob Zuma te laat vaar en het ook ander minder aangename voorvalle uit Zuma se verlede opgerakel.
Eggenoot vas oor vrou se grusame moord
ʼn 39-jarige man is in Galeshewe in Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem in verband met die grusame moord op sy vrou.
[Foto’s] Die eerste sneeu is hier!
Die Facebook-blad Snow Report het Saterdagoggend bevestig die eerste sneeu het in verskeie dele in die Oos-Kaap en Kokstad in KwaZulu-Natal geval.
Drie beseer toe gebou brand
Drie persone is Vrydagmiddag beseer toe ʼn brand uitgebreek het in ʼn gebou in Durban, KwaZulu-Natal.
Kabinet wag vir ANC se Gupta-verslag
Die kabinet sal na verwagting binne twee weke ʼn verslag van die ANC ontvang ná ʼn interne ondersoek oor bewerings dat die Gupta-familie regeringsbesluite beïnvloed het.
Oos-Londen-staking verby
Buffalo City-munisipaliteit in Oos-Londen het Vrydag gesê hy het ʼn ooreenkoms met werkers bereik wat die staking tot ʼn einde bring.
Zuma mors belastingbetalers se geld in die hof, sê EFF
Pres. Jacob Zuma moet uittree en homself daarvan weerhou om te appelleer teen die hooggeregshofuitspraak dat hy deur 783 korrupsieaanklagte in die gesig gestaar word, het die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) Vrydag gesê.
DG van finansies se kontrak verleng
Die kabinet het die direkteur-generaal van finansies, Lungisa Fuzile, se kontrak verleng.
Spioenasiebande-uitspraak: Wat gebeur nou?
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit om die korrupsieaanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, was irrasioneel en moet hersien word. Maroela Media het met kenners gesels oor die pad vorentoe.
Befondsing van Zuma se dogter se tv-reeks bevraagteken
Opposisiepartye in KwaZulu-Natal het Donderdag die R5 miljoen munisipale befondsing van die SAUK televisiedrama, Uzalo, waarvan pres. Jacob Zuma se dogter een van die vervaardigers is, bevraagteken.