Die tyd was nog nooit so ryp soos nou vir pres. Zuma om die aftog as president te blaas nie. Hy sal egter waarskynlik soos ʼn neet bly klou en in die proses die ANC nog kwesbaarder maak.
Minstens 13 sterf in gru-botsing
Minstens 13 mense is Vrydag in ʼn gru-botsing in Randfontein dood toe ʼn minibustaxi en ʼn vragmotor reg van voor in Randfonteinweg gebots het.
Zuma-spioenasiebande: Presidensie, ANC reageer
Die presidensie en die ANC het gereageer op Vrydag se uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria, dat die besluit om korrupsie-aanklagte teen pres. Jacob Zuma te laat vaar, irrasioneel was.
Staking laat Bfn-kitsbanke dalk leegloop
Die transito-maatskappy, SBV Services, se Bloemfontein-werknemers het Vrydag op ʼn onbeskermde staking gegaan.
Kinderslagter-pa gevonnis
Lesiba Kekana (37), die pa van Limpopo wat sy vier seuns keelaf gesny het, is Vrydag in die hooggeregshof in Polokwane gevonnis.
Advertensieborde ‘dood’ virusdraende muskiet
Die advertensiemaatskappye Posterscope en NBS het onlangs ʼn advertensiebord ontwerp wat glo die virusdraende Aedes aegypti-muskiet sal lok en doodmaak. Die bord stel koolstofdioksied en melksuuroplossing vry wat menslike asemhaling en sweet naboots.
‘NVG moet voortgaan met aanklagte teen Zuma’
“Zuma moet besef dat hy nie bo die reg verhewe is nie.”
Zuma-spioenasiebande: Uitspraak gelewer
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag uitspraak gelewer oor die DA se aansoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit te hersien nadat 783 strafregtelike aanklagte sewe jaar gelede teen pres. Jacob Zuma laat vaar is.
Man met doringdraad agter trok gesleep
ʼn Man het ernstige beserings aan sy arms en bene opgedoen nadat hy met doringdraad sowat 50 m agter ʼn vragmotor aan gesleep is.
Grypdiewe se buit in veld gevind
Talle motoriste wat onlangs onder grypdiewe in die weste van Pretoria en omgewing deurgeloop het, kan moontlik binnekort met van hul besittings herenig word danksy AfriForum se plaaslike tak.
Verkeer erg ontwrig ná N1-ongeluk
Verkeer op die N1-suid in die Lynnwood-ongewing is erg ontwrig ná ʼn motorfietsongeluk.
Twee ‘rowers’ tydens rooftog by huis doodgeskiet
Twee vermeende rowers is Donderdagaand doodgeskiet toe hulle ʼn vuurwapeninstrukteur en sy vriend by ʼn huis aan die Oos-Rand probeer beroof het.
SA’ner blink uit by Chileense ultramarathon
Armand du Plessis, ʼn ultramarathon-atleet van Kaapstad, het die land se naam hoog gehou toe hy die derde plek op die podium gehaal het tydens ʼn 160 km-wedloop onder uiterste omstandighede in Chileense Patagonië.
Duisende by Mall of Africa-opening
ʼn Versekeringskenner het Donderdag Johannesburg-motoriste gewaarsku om waaksaam te weens teen voertuigmisdaad en diefstal by winkelsentrums nadat talle motors glo gesteel is toe die Mall of Africa gister die eerste keer sy deure geopen het.
Nuuskommentaar: Is SA nou slegter af as voor 1994?
Ten spyte van pres. Jacob Zuma se Vryheidsdagtoespraak waarin hy groot gewag probeer maak het van hoeveel beter die land nou daaraan toe is as onder die vorige regering, toon ’n peiling meer Suid-Afrikaners glo dinge is nou slegter of dieselfde as diegene wat glo dinge het verbeter.
Reeksverkragter tot 439 jaar tronkstraf gevonnis
Die reeksverkragter Sello Mkhomazi is tot 439 jaar en nege maande tronkstraf gevonnis.
Weduwee: ‘Hy was my alles’
Ao. Steven Britz het ʼn verrassingswegbreek vir hom en sy vrou se 20ste huweliksherdenking beplan toe hy op teregstellingswyse in die Klapmuts-polisiestasie doodgeskiet is.
Dokter rand glo vrouerekrute seksueel aan
ʼn Dokter is in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele aanranding van twee nuwe vrouerekrute by die weermag se Infanterieskool in Oudtshoorn.
Franziska só vermoor
Franziska Blöchliger (16) het versmoor nadat daar sand in haar keel afgedruk is en haar gesig in die grond gedruk is, het die Wynberg-landdroshof Donderdag gehoor.
R40 miljoen vir waternavorsing
Die departement van omgewingsake het Donderdag ʼn drie jaar ooreenkoms ter waarde van R40 miljoen aan die Walter Sisulu Universiteit oorhandig vir ʼn waternavorsingsprogram.