Doeanebeamptes het Vrydagaand miljoene rand se kristalmetamfetamien by OR Tambo Internasionale Lughawe onderskep.
WGO verwerp versoek om Olimpiese Spele uit te stel
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê daar is “geen regverdiging” om die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro uit te stel of te kanselleer oor die Zika-uitbreking nie.
Nog geen beslissing oor Mandela se Qunu-huis
Eksekuteurs van Nelson Mandela se boedel, het die oudpresident se huis in Qunu in die Oos-Kaap uitgelaat, aangesien sy voormalige vrou, Winnie Madikizela-Mandela, die eienaarskap van die eiendom in die hof betwis.
Brand by Noordwes-hoërskool
ʼn Hoërskool in Ledig buite Rustenburg in Noordwes, is Vrydag afgebrand.
Renosters gestroop: Rietvlei-natuurreservaat gesluit
Die stadsraad van Pretoria het bevestig die Rietvlei-natuurreservaat is tot verdere kennisgewing gesluit. Twee renosters, waaronder ʼn koei wat dragtig was, is Donderdag in dié reservaat gestroop.
Amcu-staking by Sibanye-myn is onwettig
Sibanye Platinum het bevestig lede van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) het Vrydag by sy Kroondal-myn in Rustenburg begin staak.
Maatskaplike toelaes: Bedrogsindikaat oopgevlek
Altesaam 14 persone is Vrydag in hegtenis geneem in verband met ʼn bedrogsindikaat wat binne die Sassa-toelaagstelsel bedrywig was.
Valse inligting op pamflette saai paniek
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het gesê hy distansieer homself van pamflette wat valse boodskappe oor kinderhandel versprei.
Presidensie vaar uit oor Zuma/Gordhan-berigte
Die presidensie het Vrydag uitgevaar teen berigte van ʼn bitter magstryd tussen pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan, minister van finansies, oor beheer van die tesourie en gesê as president het Zuma reeds die finale sê oor die departement.
Investering in Lily-myn verwelkom
Die vakbond Solidariteit het vandag die buitelandse investering in die mynmaatskappy Vantage Goldfields Limited (Vantage) verwelkom.
Zuma-vroue se voordele hersien
Pres. Jacob Zuma het Vrydag aangekondig dat die voordele wat sy vroue geniet, hersien sal word nadat dit aan die lig gekom het dat die Suid-Afrikaans Polisiediens (SAPD) nagenoeg R9 miljoen bestee het aan motors vir die president se vroue.
Ma voor Jhb-skool doodgeskiet
ʼn Ma van Springs aan die Oos-Rand is Donderdag ten aanskoue van talle kinders voor ʼn skool koelbloedig in haar motor doodgeskiet.
Hartroerende brief van Jayde in hof voorgelees
ʼn Hartroerende brief wat Jayde Panayiotou enkele maande voor haar dood geskryf het, is Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof voorgelees.
Die wêreld in foto’s – 27 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Orkney-‘swendelaars’ só vasgetrek
Wilhelm Petrus Miller (52) en sy lewensmaat, John Clare Miller (25), wat vir ʼn geruime tyd die polisie ontduik nadat hulle glo verskeie mense ingeloop het, is Donderdagaand in hegtenis geneem danksy ʼn Maroela Media-leser.
Nog ʼn kattebak-moord in Krugersdorp
Die jong man van Krugersdorp wie se liggaam Donderdagaand in die kattebak van sy motor gevind is, sou binnekort pa geword het.
Parys-moordsaak binnekort na hooggeregshof
Gusta Loggenberg, vrou en ma van Anton en Cor, het buite die hof aan Maroela Media gesê hoewel dit vir haar swaar is om oor die saak te praat, glo sy daar is ʼn groter bedoeling hiermee en vorm dit deel van die Here se plan vir haar gesin.
Randburg-skietery: Stukwerker skiet egpaar
Louisa Lubbe (40) is Donderdagmiddag doodgeskiet en haar man, Dieter, ernstig gewond by hul huis in Randburg.
Renosters in Pta-natuurreservaat doodgemaak
Twee renosters is Donderdagaand in die Rietvlei-natuurreservaat in Pretoria doodgemaak.
Nuuskommentaar: Grondgryp nou in Zuma se hande
Pres. Jacob Zuma het nou die finale sê oor die goedkeuring van die omstrede onteieningswet. Naas die juridiese proses, is daar ook ʼn proses van groot verwagtinge teenoor ʼn harde muur van realiteit wat konflik kan veroorsaak.