Huldeblyke van regoor die wêreld stroom in vir ʼn legendariese Suid-Afrikaanse sjef wat Donderdag in die ouderdom van 67 gesterf het.
Pa help glo seun se aanvaller doodslaan
“Die man het die seun voorgekeer en met ʼn mes in sy linker bors gesteek, waarna hy sy tablet-rekenaar gegryp en gevlug het.”
Boer beroof ná aanlyn-advertensie
“Die volgende oomblik het een van hulle ʼn vuurwapen uitgepluk.”
Valke kap SAKP oor ‘kwaadwillige beskuldigings’
Die Valke het Woensdag heftig gereageer oor die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) se “kwaadwillige beskuldigings” teenoor die Valke-hoof, Berning Ntlemeza.
‘Vermiste’ EgyptAir-vliegtuig het glo neergestort
Verwarring heers of die vliegtuig van EgyptAir, wat Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn het, neergestort het.
Nuuskommentaar: “Ons toekoms is te belangrik om dit net aan die ANC oor te laat.”
Gaan die Afrikaner sy toekoms in die hande van die administrasie van pres. Jacob Zuma se regering oorlaat, of gaan hy op ʼn wettige wyse saamstaan en deur die Solidariteit Beweging se #OnsBou-aksie ʼn sinvolle toekoms vir toekomstige geslagte verseker?
Passasiervliegtuig verdwyn oor Middellandse See
ʼn Airbus A320-vliegtuig van EgyptAir, met 66 mense aan boord, het Donderdag in die vroeë oggendure tydens ʼn vlug van Parys in Frankryk na Egipte van die radar verdwyn.
Man val vier verdiepings ver
ʼn Man het ernstige beserings opgedoen nadat hy Donderdag in die vroeë oggendure vier verdiepings ver uit ʼn woonstelblok in Wonderboom-Suid, Pretoria, geval het.
Vrou se lyk in silo op plaas gevind
ʼn Man het ʼn gru-vonds op ʼn plaas in Balgowan, KwaZulu-Natal, gemaak, toe hy ʼn bloedspoor gevolg en op sy dogter se liggaam in ʼn silo afgekom het.
Polisieman in hof ‘wat inligting verkoop’
ʼn Polisieman wat na bewering inligting wat hy van misdaadintelligensie-rekenaars bekom het, verkoop het, het Woensdag in ʼn hof in Kaapstad verskyn.
Durban-strande gesluit oor mediese afval
Vier Durbanse strande is gesluit nadat dit met mediese afval besoedel is.
[Foto] Eerste Picasso-werk in SA opgeveil
ʼn Skildery deur Pablo Picasso het verlede jaar die duurste kunswerk geword wat nog op ‘n veiling verkoop is en nou word een van die bekende kunstenaar se werke vir die eerste keer in Suid-Afrika opgeveil.
20 leerlinge in hof ná geweld
Die 20 hoërskoolleerders wat Maandag in hegtenis geneem is nadat hulle van hul mede-skoliere met klippe bestook het tydens ʼn gewelddadige betoging, het in die hof verskyn.
Pta-straatnaamtwis draai in grondwethof
Die saak tussen AfriForum en die Tshwane-metroraad rakende die verandering van Pretoria se straatname gaan in die konstitusionele hof draai.
N1 in Pta dan heeltemal gesluit
Die N1-noord en -suid in Pretoria sal die naweek vir etlike ure eers gedeeltelik en dan heeltemal gesluit wees tussen Rigelweg en die N1/R21-wisselaar.
Styging in repokoers kan strop nóg stywer laat trek
ʼn Vierde agtereenvolgende styging in die repokoers sal die strop om die keel van verbruikers net nóg stywer trek.
Die wêreld in foto’s – 18 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Een meisie gevind ná Boko Haram-ontvoerings
Een van die 219 meisies wat op 14 April 2014 by hul skool in Chibok in Borno in die noordooste van Nigerië deur die Islamitiese groep, Boko Haram, ontvoer is, is glo vandeesweek, twee jaar ná die voorval, opgespoor.
‘Versteekte motief agter Gordhan-vervolging’
“Die Valke se gedrag is aanduidend van politiek gemotiveerde, faksie- en private agendas. Om hierdie agendas te gebruik asof dit bloot die reg is wat sy loop neem, en só die mag van die staat te misbruik, is totaal onaanvaarbaar.”
Kaapstad-damvlakke bly laag
Watervlakke van damme in Kaapstad is steeds laer as die gemiddelde vlakke vir dié tyd van die jaar.