ʼn Man is dood en een is ernstig beseer toe ʼn swaarwoertuig met ʼn vrag soutsuur Donderdagaand in Durban omgeslaan het.
Nuuskommentaar: 90% plaaslike musiekinhoud is ʼn kat met baie naels
Gaan Afrikaanse musiek baat vind by die SAUK se besluit om 90% plaaslike musiekinhoud op al sy platforms te verplig, of gaan luisteraars wegdraai van RSG omdat die “kwota” “noodwendig” ook tot die storting van musiekrommel sal lei? Uiteindelik gaan die luisteraar bepaal of die projek, wat Afrikaanse musiek betref, in sy doel slaag.
Hond onder motor gesleep
ʼn Hond het oorleef nadat hy omtrent 50 m ver onder ʼn motor gesleep is. Die voorval het in Bloemfontein gebeur.
Moord ondersoek ná verdagtes sterf
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek sake van moord nadat gemeenskapslede van Bengu buite Lady Frere glo reg in eie hande geneem het.
Vrywillige skeidingspakkette vir Lily-mynwerkers
Die Lily-myn se besigheidsreddingpraktisyn het werkers by dié myn in kennis gestel dat hulle nou kan begin om aansoek te doen vir vrywillige skeidingspakkette weens operasionele redes en ʼn gebrek aan befondsing.
[Video] Ons gaan rugbytoernooie ontwrig, dreig ANC-jeugliga
Die ANC-jeugliga dreig om ál SA Rugby se toernooie te ontwrig indien die unie nie dringend aandag gee aan transformasie nie.
Musiekbedryf verwelkom SAUK-besluit
Die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het die SAUK se besluit, om vanaf Donderdag minstens 90% plaaslike musiek oor sy 18 radiostasies uit te saai, verwelkom.
Hofinterdik teen VUT-betogers
Die Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT) het ʼn hofinterdik bekom teen studente wat by sy Vanderbijlpark-kampus betoog, ná geboue gevandaliseer en aan die brand gesteek is.
Geen druk op NVG ná spioenasieband-uitspraak, vra kabinet
Die regering het Donderdag Suid-Afrikaners versoek om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) toe te laat om te besluit wat hy gaan doen in verband met die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak in die spioenasiebande-saak.
Lotto-wenner sterf in KZN-ongeluk
Die wenner van ʼn R18 miljoen-boerpot van die nasionale lotery is dood in ʼn motorongeluk naby Empangeni in KwaZulu-Natal.
EFF ontken betrokkenheid by VUT-geweld
Verskeie jeug- en studente-organisasies het Donderdag die geweld op die kampus van die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) se Vanderbijlpark-kampus veroordeel en die EFF beskuldig dat dié party verantwoordelik is vir geweld by die instansie.
Krugersdorp-man se liggaam in kattebak gevind
Die liggaam van ʼn 67-jarige man is Dinsdagaand in die kattebak van sy motor in Krugersdorp in Gauteng gevind.
Die wêreld in foto’s – 12 Mei 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Eskom sê oor beurtkrag dié winter
Brian Molefe, Eskom se uitvoerende hoof, het verslaggewers Donderdag buite die parlement toegespreek oor Eskom se verwagting rondom die instelling van beurtkrag in die komende wintermaande.
N12 gesluit weens Bloemhof-betoging
Drie vragmotors is Woensdagaand op die N12 tussen Bloemhof en Christiana aan die brand gesteek en talle voertuie met klippe bestook toe ʼn betoging oor dienslewering gewelddadig geraak het.
Orkney-moord: Begrafnisreëlings bekend
Die begrafnisreëlings wat volg op die dood van Annatjie Kruger (89), ʼn jare lange inwoner van Orkney in Noordwes, is bekend gemaak. Sy is vermoedelik op Moedersdag vermoor.
Mosselbaai-wrakstuk ‘hoogs waarskynlik’ deel van MH370
’n Wrakstuk wat by Mosselbaai gevind is asook ’n stuk wat op Mauritius se Rodrigues-eiland uitgespoel het, is “hoogs waarskynlik” deel van die vermiste Malaysia Airlines-vlug MH370 wat in 2014 oor die suidelike Atlantiese Oseaan verdwyn het.
VUT-lesings opgeskort ná betogers geboue aan die brand steek
Die Vaal-Universiteit van Tegnologie (VUT) in Vanderbijlpark het alle lesings Donderdag gestaak nadat betogende studente geboue en ander kampuseiendom aan die brand gesteek het.
Weermag: ‘Regstellendeaksie, dissipline en straler pla’
“Met die swaard van regstellende aksie oor hul koppe, kan die weermag nie verwag dat witmense sonder enige loopbaanvooruitsigte by die weermag sal aansluit nie.”
Winnie Rust-moord: ‘Sy het so reg geleef en so verkeerd gesterf’
Die gemeenskap van Wellington in die Wes-Kaap is steeds in skok na die moord op die geliefde skrywer en jarelange inwoner Winnie Rust (77).