Dipuo Peters, minister van vervoer, het Dinsdag gesê 46% minder padsterftes is oor die afgelope Paasnaweek aangeteken in vergelyking met 2015.
PE-man weke na aanranding oorlede
“Hy was so ʼn opregte mens, die beste vriend waarvoor jy ooit kon vra. ʼn Ware heer vir wie almal lief was. Hy sal so baie gemis word.”
Berugte rondloperleeu Sylvester ontsnap weer uit wildtuin
Die berugte rondloperleeu, Sylvester, wat verlede jaar uit die Karoo Nasionale Park ontsnap het en ná 25 dae op vrye voet weer gevang is, het Maandag weer ontsnap.
EgyptAir-vliegtuig gekaap
ʼn Vliegtuig van EgyptAir met vermoedelik 55 mense aan boord, is glo Dinsdagoggend tydens ʼn binnelandse vlug gekaap.
NWU Mafikeng-kampus heropen vandag
“Enige verdere ontwrigting van hierdie reeds beperkte skedule, sal die gehalte van onderrig in gedrang bring en ons met geen ander opsie laat as om die hele eerste semester en gevolglik die hele jaar te verloor nie.”
Taxibestuurder probeer met R20 omkoop
ʼn Minibustaxibestuurder is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn Johannesburgse metropolisiebeampte met R20 probeer omkoop het.
Nuuskommentaar: Wie dorings saai, sal distels maai
Die inwoners van Brussel se “voorliefde vir sjarmante chaos” het nou geboemerang, toe 450 “hooligans” die Beursplein bestorm en amok gemaak het onder naasbestaandes van die slagoffers van die onlangse terreuraanvalle. Dit het die Belge laat besef chaos werk nie, skryf ʼn Belgiese joernalis. Maar word chaos nie al te lank in Suid-Afrika vertroetel nie, soos die ANC se pogings om pres. Zuma uit die sop te hou?
Boosdoeners brand los op patrollielede
Twee lede van ʼn Noordwes-gemeenskapspatrollie is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn groep gewapende boosdoeners onverwags op hulle losgebrand het.
DA kap regering oor Oos-Kaapse polisiereserviste
Die DA het Maandag sy skok uitgespreek oor die provinsiale departement van veiligheid en sekuriteit in die Oos-Kaap se onthulling dat slegs sowat 15% van polisiereserviste in die provinsie vuurwapenbevoegdheidsopleiding ondergaan het.
ANC sê parlement sal nie Guptas ondersoek
Die ANC het ontken hy het ingestem tot ʼn parlementêre ondersoek om die invloed van die omstrede Gupta-familie oor die regering te ondersoek.
Brussel-verdagte vrygelaat weens gebrek aan bewyse
ʼn Persoon wat in aanhouding was en aangekla is van terreurdade in Brussel, België, is vrygelaat weens ʼn gebrek aan getuienis, het die Belgiese federale staatsaanklaer Maandag gesê.
Egpaar beseer toe hulle hondegeveg wou keer
ʼn Egpaar van Kloof in Durban, KwaZulu-Natal, is beseer toe hulle ʼn Amerikaanse veghond (Pitbull) en ʼn Rottweiler uit mekaar wou kry wat besig was om te baklei.
Vier met drie lewendige ietermagôs betrap
Vier vermeende stropers is in die noorde van Zimbabwe in hegtenis geneem nadat hulle met drie lewendige ietermagôs betrap is, het die Matusadona Anti Poaching Project (Mapp) berig.
Verkeersopeenhoping weens verlore vrag bier
Die N2 suid naby Dickensweg in Amanzimtoti is Maandag vir ʼn wyle gesluit toe ʼn vragmotor sy vrag bier verloor het.
Australopithecus-vonds in Kenia gemaak
ʼn Span paleontoloë het glo onbetwiste oorskot van die vroeë moderne mens naby Nairobi in Kenia ontdek.
R500 miljoen vir studentebehuising geallokeer
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het Maandag aangekondig dat hy meer as R500 miljoen opsy gesit het vir studentebehuising by 24 staatsbeheerde universiteite in Suid-Afrika.
Zuma het parlement mislei oor Nkandla, sê Maimane
Die Sunday Times het berig nuwe besonderhede het aan die lig gekom hoe staatsgeld gebruik is om bybehore en boumateriaal aan te koop vir drie huise by Zuma se woning in Nkandla – ondanks sy ontkenning dat staatsgeld gebruik is.
Man gee homself oor ná verkeersbeampte sterf
ʼn Motoris van Limpopo wat Sondag in Tzaneen glo betrokke was in ʼn tref-en-trap-ongeluk waartydens ʼn verkeersbeampte gesterf het, is in hegtenis geneem.
Vermiste Kuilsrivier-vrou dood aangetref
Zarah Hector (33) van Kuilsrivier, wat vroeër vandeesmaand verdwyn het, is dood aangetref.
Nuuskommentaar: Wat laat ʼn selfmoordterroris ‘tik’?
Onlangse selfmoordbomaanvalle plaas weer die kwessie van wat iemand inspireer om ’n selfmoordbomaanvaller te word onder die loep.