Die VF Plus het Woensdag die Valke versoek om die verhouding tussen president Jacob Zuma en die Gupta-familie te ondersoek.
Brussel-aanval: Aanvallers geïdentifiseer
Die Belgiese uitsaaidiens RTBF het twee aanvallers, wat Dinsdag deel was van die bomaanvalle in Brussel, uitgeken as die broers Khalid en Brahim Bakraoui.
Plaasaanvalle: Ses gevonnis jaar ná Bothaville-boere hulle vastrek
Ses buitelanders is skuldig bevind en gevonnis nadat hulle Gert (66) en Lulu (61) Malan in Januarie 2015 op hul plaas naby Bothaville in die Vrystaat aangeval het.
Slenter teiken oudsoldate
Talle oudsoldate is glo deur ʼn slenter gevang wat hulle na bewering sou help om te registreer vir veteraanvoordele van die regering.
Name bekend van drie wat tydens skoolkamp sterf
Die name en begrafnisbesonderhede is bekend gemaak van die drie skoolseuns van Rustenburg Hoër Tegniese Skool wat oor die naweek tydens ʼn skoolkamp buite dié Noordwes-dorp dood is.
Oudminister in Centurion gekaap
Siphiwe Nyanda, die voormalige minister van kommunikasie, se Porsche Panamera is Dinsdagaand in Centurion gekaap.
Vrou vir liggaamsdele vermoor: Beloning aangebied
Die Limpopo-polisie het Woensdag ʼn beloning van R200 000 uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging kan lei van die persoon of persone wat glo ʼn 62-jarige vrou vir haar liggaamsdele vermoor het.
Oorskot van apartheid-gevangenes opgegrawe
Die oorskot van politieke gevangenes wat in die apartheidsjare in die ou Pretoria-gevangenis gehang is, sal opgegrawe word en aan hul families besorg word.
Nuuskommentaar: Internasionale terreur en staatsterreur
Die bomaanvalle in Brussel is ’n herinnering dat daar nie so iets soos ’n goeie terroris is nie. Suid-Afrikaners het dit eerstehands ervaar. Terreur is iets wat met hand en tand beveg moet word, al word dit uiteindelik eers in die stryd om harte besleg.
Aardklop klop dalk gou weer
Die Aardklop-belanghebbendesgroep het Woensdag gesê hulle is “baie positief” dat dit moontlik is om die gewilde Aardklop Kunstefees op Potchefstroom vanjaar te laat voortgaan.
Drie sterf toe vloedwater motor wegspoel
Drie mense is dood en een in die waakeenheid van ʼn Limpopo-hospitaal nadat hul motor Dinsdag deur vloedwater meegesleur is.
Pa van twee sterf terwyl hy doen waarvoor hy lief was
Willem Venter (37), ʼn boorman en plaasbestuurder wat Saterdag op ʼn plaas in Meyerton in Gauteng doodgeskok is, was ʼn hardwerkende gesinsman wat ʼn groot leemte in die gemeenskap gaan los.
Dringende hofaansoek teen polisie se regstellendeaksieplan
Die vakbond Solidariteit se dringende hofaansoek teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.
Vermiste seuntjie ná 3 dae gevind
ʼn Polisiesoektog na ʼn 18-maande oue seuntjie het ʼn gelukkige einde gehad toe hy ná drie dae lewend gevind is.
Man vas wat glo R71 miljoen by werk steel
Henry Louis Fourie Schreuder (53) is op borgtog van R100 000 vrygelaat nadat hy homself by die Valke se Oos-Londen-kantoor oorgegee het.
Man ure ná ontsnapping weer vas
Een van die sewe gevangenes wat Dinsdagoggend uit die selle by die Tzaneen-polisiestasie ontsnap het, is Dinsdagaand weer in hegtenis geneem.
Wit Zimbabwe-boere hoop steeds op vergoeding
Talle bejaarde wit Zimbabwiese boere wat sedert 2000 van hul grond ontneem is, het Dinsdag in Harare vergader oor vergoeding.
Brussel-aanval: IS aanvaar aanspreeklikheid
Militante van die Islamitiese Staat is verantwoordelik vir die bomontploffings Dinsdagoggend in Brussel, België, het die ekstremistiese groep se Amaq Agency gesê.
Vullisverwyderaars betoog in Durban
Ongeveer 200 munisipale vullisverwyderaars het Dinsdagoggend spitsverkeer in Durban ontwrig.
Ses vas oor plaasaanval in Zeerust
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in Zeerust, Noordwes, waar ʼn 71-jarige man en sy werknemer vasgebind is voor hulle beroof is.