David Geldenhuys (22) is oor die naweek in ʼn fratsongeluk by die Bay Harbour-mark in Houtbaai, Kaapstad, dood waar hy as ʼn verkoopsman gewerk het.
Nzimande en polisiehoof vergader oor kampusbetogings
Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en onderrig, sal Maandag met die polisieminister, Nathi Nhleko, by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) vergader om die rol van die polisie in die beskerming van universiteite te bespreek.
Vrou red man ná weerlig hom slaan
ʼn Egpaar van Johannesburg, wat met verlof in KwaZulu-Natal was om hul huweliksherdenking te vier, het ʼn noue ontkoming gehad nadat die man deur weerlig raakgeslaan is.
Ontvoerde baba gevind
Die babaseuntjie wat Donderdag uit die Worcester-hospitaal ontvoer is, is gevind.
Puk-student sterf skielik
ʼn Student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus is Sondagoggend oorlede, vermoedelik aan breinvliesontsteking.
Vier sterf in Kuilsrivier-ongeluk
Vier mense is vroeg Sondagoggend dood in ʼn ongeluk op die R300 in Kuilsrivier in die Wes-Kaap.
Kovsies heropen Maandag
Akademiese aktiwiteite by die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat word, met die akademiese termyn wat ʼn week langer sal wees.
Lily-myn: Reddingspoging nog nie hervat
Pogings om ʼn sekondêre skag by Vantage Goldfields se Lily-myn naby Barberton te sak is op koers, het die departement van minerale hulpbronne gesê.
Motorfietsryer sterf in botsing
ʼn Motorfietsryer, glo in sy 30’s, is Sondag dood in ʼn motorfietsongeluk op die Amajuba-pas naby Newcastle.
Vrou gooi man glo met warm olie
ʼn Vrou sal Maandag in die Potchefstroom-landdroshof verskyn nadat sy haar man glo met warm olie gegooi het.
Historiese ooreenkoms vir UP
Verteenwoordigers van die ANC-alliansie en die Solidariteit Beweging het Sondag ʼn historiese ooreenkoms voorgelê vir die herstel van ’n vreedsame, stabiele en volhoubare akademiese program aan die Universiteit van Pretoria (UP).
Miljoene ingesamel vir UJ-veldtog
Meer as R30 miljoen is reeds ingesamel vir die Universiteit van Johannesburg (UJ) se sogenaamde “missing middle”-geldinsamelingsveldtog.
Twee sterf in gru-ongeluk
Twee mense is Sondagoggend dood en nog twee beseer in ʼn gru-ongeluk buite Carletonville.
Oos-Kaap-munisipaliteite skuld Eskom miljoene
Munisipaliteite in die Oos-Kaap skuld Eskom glo meer as R186 miljoen.
Man swaar gestraf vir moord op polisieman
Sy private voertuig is verlate naby Brentpark in Kroonstad gevind terwyl sy liggaam in ʼn veld in Maokeng gevind is
Petrol kos minder, dieselprys styg
Petrol sal van 2 Maart beduidend goedkoper wees, terwyl die prys van diesel sal styg.
Boom val man dood
ʼn Man is Saterdag dood toe ʼn boom op sy motor geval het in Westville, Durban.
Man geskiet ná amok in drankwinkel
ʼn 39-jarige man word onder polisiebewaking in ʼn hospitaal in Port Elizabeth behandel ná ʼn voorval in ʼn drankwinkel waartydens hy deur ʼn vrouepolisiekonstabel geskiet is.
Handelaar in hof vir ‘motordiefstal’
Die polisie in die Oos-Kaap het lede van die publiek wat motors by ʼn sekere motorhandelaar gekoop het, gewaarsku dat hulle dalk die motors sal moet teruggee nadat hy in hegtenis geneem is.
Zuma op pad terug
President Jacob Zuma behoort teen Saterdag laatmiddag terug in Suid-Afrika te wees.