Militante van die Islamitiese Staat is verantwoordelik vir die bomontploffings Dinsdagoggend in Brussel, België, het die ekstremistiese groep se Amaq Agency gesê.
Vullisverwyderaars betoog in Durban
Ongeveer 200 munisipale vullisverwyderaars het Dinsdagoggend spitsverkeer in Durban ontwrig.
Ses vas oor plaasaanval in Zeerust
Ses persone is in hegtenis geneem in verband met ʼn aanval op ʼn plaas in Zeerust, Noordwes, waar ʼn 71-jarige man en sy werknemer vasgebind is voor hulle beroof is.
AfriForum-verslag oor skending van minderheidsregte vrygestel
Die burgerregteorganisasie AfriForum het ʼn verslag vrygestel wat glo daarop wys dat daar ʼn “stelselmatige skending van taal-, kultuur- en minderheidsregte” in Suid-Afrika plaasgevind het.
US-taalbeleid: Belangegroepe genooi om kommentaar te lewer
Die Universiteit Stellenbosch (US) het Dinsdag met ʼn proses begin om sy huidige taalbeleid te hersien.
België-Frankryk-grens bly oop
Veiligheidsmaatreëls op die grens tussen Frankryk en België is opgeskerp, maar ʼn bron in die Belgiese krisissentrum het aan Sputnik-nuusagentskap gesê die grens is nie gesluit nie.
Drie skoolseuns sterf tydens landsdienskamp
Drie skoolseuns van Rustenburg Hoër Tegniese Skool is tydens ʼn landsdienskamp buite dié Noordwes-dorp dood.
Verdagte sterf in skietgeveg met polisie
ʼn Vermeende rower is Dinsdagoggend by ʼn sakekompleks in die Drakensberg-omgewing doodgeskiet.
Sisulu ontken Guptas-aanbod
Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, het Dinsdag bewerings deur die EFF ontken dat sy van die departement van verdediging na haar huidige portefeulje geskuif is omdat sy geweier het om vliegtuie by die omstrede Gupta-familie te huur.
Lyke op NW-plaas geïdentifiseer
Die polisie in Noordwes het Dinsdag bevestig dat die twee liggame wat die afgelope naweek op ʼn plaas naby Rustenburg gevind is, nie dié van die plaaseienaars of plaaswerkers is nie.
‘Pistorius-swendelaar’ in hof
Die 33-jarige man wat glo probeer het om R250 000 omkoopgeld van Oscar Pistorius te eis vir sy “vryheid”, het Dinsdag sy eerste verskyning in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gemaak.
‘Sanral-dagvaardings onwettig’
Kort nadat die nasionale padagentskap (Sanral) aangekondig het dat motoriste wat nie hul uitstaande e-tolskuld betaal nie nou gedagvaar sal word, het die Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) gesê daar is geen grond waarop motoriste wat nooit vir e-tol geregistreer het, gedagvaar kan word nie.
België-aanvalle: Selfmoordbom bevestig; grens tussen België en Frankryk gesluit
Die grens tussen Frankryk en België is Dinsdag gesluit ná bomontploffings in Brussel.
Polisieman in Pta geskiet
Die 52-jarige man, ʼn polisiebeampte, wat Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is, se toestand is stabiel.
Ontploffings ruk deur Brussel-lughawe, -treinstasie
Twee ontploffings by ʼn lughawe en ʼn treinstasie het Brussel, die hoofstad van België, Dinsdag geruk.
Pta-man kritiek ná aanval by huis
ʼn 52-jarige man is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdag in die vroeë oggendure verskeie kere tydens ʼn beweerde huisroof in Pretoria geskiet is.
ANC stel glo nuwe hoofsweep aan
Die ANC se voormalige woordvoerder, Jackson Mthembu, is na bewering aangestel as die party se nuwe hoofsweep.
SA universiteite op wêreldranglys volgens vakke
Suid-Afrikaanse universiteite verskyn op die mees onlangse QS-wêreldranglys van top universiteite volgens verskillende vakrigtings.
Nóg ontsnap uit polisieaanhouding in Limpopo
Sewe mense het Dinsdagoggend uit aanhouding by die Tzaneen-polisiestasie in Limpopo ontsnap.
Nuuskommentaar: Die ‘wit’ gevaar
Min mense het iets anders verwag, maar met pres. Jacob Zuma se Menseregtedagtoespraak in Durban het hy die land opnuut geen guns bewys nie – en nou bepaald deur wit mense veralgemeend as white supremacists voor te stel.