ʼn 33-jarige man is dood toe ʼn trein Woensdagaand naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo teen sy motor gebots het.
Enkele seksklagtes teen modelbaas laat vaar
Dawie de Villiers, die Johannesburgse modelagentskapbaas wat tereg staan op verskeie seksuele aanklagte, het Woensdag die regter versoek om die aanklagte teen hom te laat vaar.
Durban-kleuter verdrink
Volgens mense op die toneel het die seuntjie vermis geraak en sy familie het na hom gaan soek. Hy is gevind waar hy in die swembad gedryf het.
Skok oor Guptas-aanbod: ‘Jonas was nie die enigste een nie’
Politieke partye het Woensdagaand met skok gereageer oor Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se erkenning dat die Gupta-familie hom wel die pos van minister van finansies aangebied het en het beweer dit is nie die enigste keer wat die Guptas in politieke besluite betrokke was nie.
Man ernstig beseer in kaping
ʼn Man het ernstige beserings opgedoen toe hy erg aangerand is tydens ʼn kaping in Midrand.
Gupta-familie antwoord op bewerings
Die Gupta-familie het ʼn verklaring uitgereik in reaksie op Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, se bewering dat hulle vir hom die pos van minister van…
Twee Ikeys-studente sterf
Die Universiteit van Kaapstad (UK) het sy medelye met die families betuig van twee van sy studente wat die afgelope ruk dood is.
Adjunkminister erken Guptas-aanbod
Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, het in ʼn verklaring erken dat die Gupta-familie vir hom die pos van minister van finansies aangebied het.
Vakansieganger sterf in fratsongeluk
Paramedici is Woensdag na ʼn huis in die Illovo-area naby Amanzimtoti ontbied ná berigte van ʼn strukturele ineenstorting.
Pizza-afleweraar-video: Klagtes gelê
Famous Brands, die maatskappy wat onder meer Debonairs Pizza besit, het gesê strafregtelike aanklagte is aanhangig gemaak teen die motoris wat glo een van Debonairs se afleweraars van sy motorfiets afgestamp het in Port Elizabeth.
Nóg ʼn aanval in Pta-natuurreservaat
ʼn Man en vrou is Woensdagmiddag ernstig beseer toe hulle in ʼn natuurreservaat in die suide van Pretoria met pikke aangeval is.
Man kritiek ná hy van winkel se dak val
ʼn Man is in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal nadat hy Woensdag van ʼn supermark in Fochville, Gauteng, se dak geval het.
Bekende se noue ontkoming toe plafon inval
Die voormalige radio-omroeper en televisie-persoonlikheid Jeremy Mansfield het Woensdag ligte beserings opgedoen toe ʼn gedeelte van die plafon van die News Cafe in Woodmead Retail Park in Johannesburg ineengestort het.
SA volgens peiling minder gelukkig as in 2015
Suid-Afrikaners is nou 116de op die lys van gelukkigste mense ter wêreld. Dis nou volgens die jongste World Happiness Report wat saamgestel word deur die Earth Institute van die Amerikaanse Columbia-universiteit. Verlede jaar was Suid-Afrika 113de op dié lys.
Fifa eis miljoene vir sokkerwêreldbeker in SA
Die Internasionale Sokkerfederasie (Fifa) het Dinsdag in hofdokumente aangevoer dat Suid-Afrika $10 miljoen se omkoopgeld betaal het om die 2010-Wêreldbekersokkertoernooi aan te bied en dat die geld terugbetaal moet word.
Meisie (15) vas vir moord
ʼn 15-jarige meisie het Woensdag in die Springbok-landdroshof in die Noord-Kaap op aanklag van moord verskyn.
Nóg twee aanklagte teen Breytenbach
Bykomende aanklagte van meineed en bedrog is Woensdag teen DA-LP Glynnis Breytenbach gebring toe sy vlugtig in die Pretoriase landdroshof verskyn het op aanklagte van dwarsboming van die gereg en oortreding van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag.
Betogers takel Jhb-vulstasie; pad gesluit
Betogers het ʼn vulstasie naby die informele nedersetting geteiken en voorraad uit die winkel gesteel, die kitsbank in die winkel beskadig en dele van die vulstasie aan die brand gesteek.
Vytjie ‘nie bang’; ANC, presidensie kap terug
Vytjie Mentor, voormalige voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare werke, het gesê sy gaan nóg inligting oor die invloedryke Gupta-familie aan die groot klok hang.
Randfontein-moorde: ‘Ma en dogter was onafskeidbaar’
Terwyl reëlings getref word vir die begrafnisse van vier mense wat verlede week wreed op ʼn kleinhoewe naby Randfontein aan die Wes-Rand vermoor is, hou…