Die saak tussen pres. Jacob Zuma en die DA en EFF, wat vandeesweek deur die konstitusionele hof aangehoor is, het opnuut die taak van die Openbare Beskermer (OB) en die omvang van haar magte in die kollig gebring.
Beperkte vrede in Sirië dalk weer moontlik
Nadat verteenwoordigers van 17 lande wat by die konflik in Sirië betrokke is deurnag in München, Duitsland, koppe bymekaargesit het, is vanoggend aangekondig dat voorlopige vredesplanne in werking gestel gaan word.
De Lille: Verklein kabinet eerder as om parlement te skuif
Voorstelle om die parlement van Kaapstad na Pretoria te verskuif is onnodig aangesien die regering eerder daarop moet fokus om die kabinet te verklein, het Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, gesê.
Maties behou Afrikaans, vir nou
AfriForum Jeug en die Universiteit van Stellenbosch (US) het Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad ooreengekom dat Afrikaans gelyke status met Engels as onderrigmedium sal geniet soos goedgekeur tydens die universiteit se raadsvergadering in 2015.
Stiefpa kry lewenslank vir 13-jarige se verkragting
ʼn 45-jarige man is vandeesweek in die Pietermaritzburg-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van sy 13-jarige stiefdogter terwyl sy vrou in die huis was.
Parys-saak: Landdros waarsku staat
Die verrigtinge Vrydag in die Parys-landdroshof waar vyf beskuldigdes verskyn het in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers, was binne ʼn halfuur verby.
Nuuskommentaar: SONA was sôna oemf en amper sôna einde
Die groot verwagtinge wat weens omstandighede die aandag op die staatsrede gevestig het, het grootliks ’n muis gebaar. Tog was daar meer waarvan kennis geneem moet word as net die EFF se sirkusstreke.
Dwelmhandelaar vas ná daggavonds by skool
Die Mpumalanga-polisie het Donderdagmiddag ʼn vermeende dwelmhandelaar vasgetrek nadat hulle tydens ʼn bewusmakingsveldtog by ʼn hoërskool in Evander, naby Secunda, leerders met dagga betrap het.
Saak teen Parys-boere hervat vandag
Vyf verdagtes sal Vrydag in die Parys-landdroshof verskyn in verband met die moord op twee vermeende plaasaanvallers wat in Januarie deur ʼn groep boere op ʼn plaas in die distrik aangekeer is.
Staatsrede 2016: ‘Zuma soos bottel sonder gas’
“Die staatsrede van pres. Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, ná afloop van die geleentheid in die parlement gesê.
Man sterf in huisbrand
ʼn Man in sy 30’s is dood nadat sy huis in Reservoir Hills, KwaZulu-Natal, afgebrand het.
Mynredding: ‘Hernude hoop’
Reddingspanne het ʼn band gevind wat glo aan die skeepshouer vas was voor dit tydens die ineenstorting by die Lily-myn in Barberton onder puin en grond verdwyn het.
Zuma se staatsrede ‘flou en ʼn verleentheid’
Pres. Jacob Zuma was Donderdagaand ’n afwesige, flou makou en sy staatsrede was geheel en al irrelevant.
Staatsrede 2016: Zuma wil gordel styftrek; slegs een hoofstad voorgestel
Pres. Jacob Zuma het Donderdag in die parlement in Kaapstad sy staatsrede gelewer ná ʼn aanvanklike ontwrigting deur EFF-LP’s.
Staatsrede 2016: EFF verlaat die parlement
Lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters het Donderdag, op versoek van speaker Baleka Mbete, die parlement tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede verlaat, terwyl hulle gedreunsing het, “Zupta must fall”.
Staatsrede 2016: Cope verlaat die parlement
Mosiuoa Lekota, leier van die Congress of the People, en sy LP’s, het Donderdag die parlement verlaat.
Staatsrede 2016: Malema versoek om parlement te verlaat
Baleka Mbete, speaker van die parlement, het Julius Malema, leier van die EFF, Donderdagaand versoek om die parlement te verlaat, weens ʼn ontwrigting van die gesamentlike sitting.
Staatsrede 2016: Mbete probeer LP’s vasvat
Die speaker in die parlement, Baleka Mbete, het Donderdagaand Julius Malema en Floyd Shivambu van die Ekonomiese Vryheidsvegters probeer vasvat toe hulle daarop aangedring het om ʼn spreekbeurt te kry vóór pres. Jacob Zuma se staatsrede.
Staatsrede 2016: Skokgranate vir oproerige skare
Polisiebeamptes is Donderdag genoodsaak om van skokgranate gebruik te maak in Kaapstad se middestad om groepe mense te beheer wat voor pres. Jacob Zuma se staatsrede, saamgedrom het.
Wetenskaplikes bevestig gravitasiegolwe
Amerikaanse navorsers het Donderdag bekend gemaak dat hulle gravitasiegolwe bespeur het, iets wat Albert Einstein 100 jaar gelede vir die eerste keer beskryf het as “rimpels in die struktuur van ruimte-tyd”.