ʼn Driejarige seuntjie het Dinsdagaand in ʼn swembad by ʼn huis in Vanderbijlpark verdrink.
Registrasie by Wits hervat, Tuks steeds gesluit
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) in Johannesburg het Woensdag gesê registrasie by die instelling sal Woensdag hervat, terwyl die Universiteit van Pretoria (Tuks) se hoofkampus steeds gesluit is.
Man verdrink glo in Hartbeespoortdam
Die soektog na ʼn man wat vermoedelik in die Hartbeespoortdam verdrink het, duur voort.
Duisende sonder plek in Gauteng-skole
Skole in Gauteng het Woensdagoggend geopen, ondanks paniek weens duisende leerders wat nie plek in graad 1 het nie.
Nuuskommentaar: Rassistiese betogings by Parys-boere verhoor ou probleem
Opruiende betogings waar mense verklaarde haatspraakliedjies by howe sing, soos nou weer in Parys gebeur het, is uiters gevaarlik in ʼn land waar dit pas weer gedemonstreer is hoe diep rassepolarisasie in die land steeds lê.
Tweede sterfgeval tydens Dakar
Een persoon is Dinsdag dood ná ʼn ongeluk tussen ʼn paar voertuie, insluitend ʼn voertuig wat aan die Dakar-wedren in Argentinië deelneem.
Gauteng gewaarsku oor kitsvloede
Die Ekurhuleni departement van ramp- en nooddiensbestuur het gesê swaar reën kan kitsvloede in Gauteng veroorsaak.
Vier vas oor juweliersware-diefstal
Die polisie in Kaapstad het vier persone in hegtenis geneem in verband met ʼn diefstal by ʼn juwelierswarewinkel Dinsdag in Mitchells Plain.
[Video] Pikkewyntjie na David Bowie vernoem
ʼn Klein pikkewyn wat Vrydag, op Elvis Presley en David Bowie se verjaarsdae gebore is, laat harte wêreldwyd smelt.
Tiener sterf weens te veel deodorant
ʼn Tiener van Engeland is dood nadat hy te veel deodorant gebruik het.
Byna 500 brande in 4 dae in Kaapstad
Kaapstad se brandbestryders is binne vier dae na 495 brande ontbied, het die stad Dinsdag gesê.
‘SA moet nuwe Agoa-sperdatum nakom’ – VF Plus
Die VF Plus sal druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om die nuwe sperdatum rakende die Agoa-handelsooreenkoms met Amerika na te kom.
750 werkers by chroommyn afgedank
ASA Metals en Dilokong-chroommyn in Limpopo gaan 750 werkers afdank as deel van ʼn herstruktureringsplan.
Reën bring verligting
Reën het welkome verligting gebring vir verskeie dele van die land wat die laaste paar weke geteister is deur erge hitte en droogte.
Parys-boere op borgtog vrygelaat
Die vier boere van Parys in die Vrystaat wat vir die moord van twee vermeende plaasaanvallers in hegtenis geneem is, is Dinsdagmiddag op borgtog vrygelaat.
Minister is toe nié op Facebook
Dit het pas aan die lig gekom dat verskeie Facebook-profiele sonder ʼn minister se medewete in sy naam geopen is.
Ingrypende elektrisiteitsverhoging dalk op pad
ʼn Verhoging in elektrisiteitstariewe van tot 17% kan Suid-Afrika se voorland wees, indien Eskom sy sin kry.
[Foto’s] Reën en beloftes van reën
Terwyl groot gedeeltes van die land nog deur droogte geteister word, het die reën onlangs op talle plekke groot verligting gebring.
Oscar se appèlaansoek ‘in belang van geregtigheid’
Dit is “in belang van geregtigheid” dat die konstitusionele hof Oscar Pistorius moet toelaat om teen sy skuldigbevinding aan moord te appelleer.
SA-paaie eis dié feesseisoen meer lewens
Die minister van vervoer het Dinsdag aangekondig dat meer mense tydens die afgelope feesseisoen op die land se paaie dood is as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar.