Vyf mense sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn nadat sowat 620 kg perlemoen in hul besit gevind is.
Nkandla-hofgeding aangehoor
Die konstitusionele hof sal Dinsdag die aansoek deur die DA en EFF aanhoor in hul saak teen pres. Jacob Zuma oor sy Nkandla-woning.
Man sterf toe trok omslaan
ʼn Man in sy 40’s is dood nadat die vragmotor waarmee hy gery het Dinsdagoggend by Kaapstad omgeslaan het.
Publiek kan menings gee oor rassisme, haat teenoor minderheidsgroepe
AfriForum gaan ’n internasionale verslag uitreik waarin die toename van rassisme en haat teenoor Suid-Afrikaanse minderheidsgroepe, veral witmense en Afrikaners, toegelig word.
Publiek kan help met verkiesing van nuwe OB
Pres. Jacob Zuma het Thuli Madonsela in 2009 aangestel en haar sewejaar-termyn kom in Oktober tot ʼn einde.
Apartheidera-polisiebeamptes aangekla van moord
Vier polisielede van die destydse Soweto Spesiale Tak sal vervolg word vir die apartheidera-moord van Nokuthula Simelane wat in 1983 verdwyn het.
Nog ʼn student op UK-kampus aangeval
ʼn Tweedejaarstudent op die Universiteit Kaapstad (UK) se mediese kampus het Maandag die mees onlangse slagoffer van ʼn reeks aanvalle geword wat die afgelope paar weke die studentegemeenskap teister.
Twee agter tralies vir rooftog met speelgoedgeweer
Twee mans is in die Wepener-streekhof in die Vrystaat gevonnis nadat hulle ʼn winkel met ʼn speelgoedgeweer beroof en die winkeleienaar met ʼn panga aangerand het.
Lily-myn: Werkers al 80 uur lank vasgekeer
Na nóg ʼn dag se reddingspogings kon reddingspanne steeds nie daarin slaag om die drie werkers wat onder in die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga vasgekeer is, na veiligheid te bring nie.
PE-moord: Man getuig van vrou se ontrouheid
ʼn Man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou ten aanskoue van hul jong kinders met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die stad se hooggeregshof vertel van sy vrou se buite-egtelike verhouding.
Lucky Montana: ‘Dis ʼn politieke sameswering teen my’
Lucky Montana, die voormalige uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap (Prasa), het Maandag beweer daar is ʼn politieke sameswering teen hom wat deur Popo Molefe, die raadsvoorsitter van die instelling, gelei word.
Drie beseer toe honde hulle aanval
Een persoon is in ʼn kritieke toestand en nog twee beseer nadat hulle in ʼn straat in Durban deur twee honde aangeval is.
Man sit voet neer toe polisie weer geld eis
Polisiebeamptes van Worcester wat omkoopgeld by ʼn vragmotorbestuurder geëis het nadat hulle die voertuig afgetrek en op ʼn pakkie met die dwelmmiddel Cat beslag gelê het, is Maandag aan korrupsie skuldig bevind.
Omstrede reisregulasies wéér hersien
Dié besluit volg ná maande lange, uitgerekte binnegevegte tussen die minister van toerisme, Derek Hanekom, en die minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba.
Nóg ʼn ontbinde liggaam naby plaas gevind
Skaars vyf dae nadat ʼn hond wat aan ʼn menslike liggaamsdeel gekou het die Oos-Kaapse polisie na ʼn gru-toneel gelei het, is nóg ʼn ontbinde liggaam in die omgewing gevind.
Lily-myn aangesê om te sluit
Die Lily-myn naby Barberton in Mpumalanga waarvan ʼn gedeelte Vrydag ineengestort het, het Maandag ʼn sluitingskennisgewing ontvang.
Nog aanklagte teen konstabel wat glo moor
Konst. Rishen Rampashard van die Pretoria-Wes-polisiestasie het Maandag vlugtig in die Pretoria-landdroshof verskyn vir die moord op lt.kol. Reinier Lagois.
Plaasmoord: Oorledene was werker
Die man wat Vrydag op ʼn plaas in die Kenhardt-gebied naby De Rust in die Noord-Kaap doodgeslaan is, was nie ʼn boer soos wyd deur media berig word nie.
Egpaar op plaas oorval kort ná hulle intrek
Gideon Steenberg en sy vrou, Annetjie, het skaars twee maande gelede op ʼn plaas in Sundra naby Delmas, Mpumalanga, ingetrek toe hulle Saterdag in die vroeë oggendure daar oorval en beroof is.
Plaashuis deur boewe in puin gelê
ʼn Gesin van Noordwes het al hul besittings verloor nadat hul plaashuis Saterdagaand ná ʼn inbraak heeltemal afgebrand is.