“Dit is ʼn skande dat iemand met so ʼn rekord van strafregtelike gedrag enigsins ʼn openbare amp beklee, om nie eens te noem die ANC se uitvoerende burgemeester van ʼn groot dorp te wees nie.”
Sithole-moordenaars hoor dalk vandag hul lot
Die vonnis van die twee mans wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole sal na verwagting Maandag in die Johannesburg-landdroshof gevel word.
Zuma-bondgenote glo in opstand oor Gupta-bande
Pres. Jacob Zuma se naaste politieke bondgenote het hom glo nou die rug gewys weens sy noue bande met die invloedryke Gupta-familie, het die Sunday Times berig.
Visserman verdrink tydens kompetisie
ʼn Visserman het verdrink tydens ʼn hengelkompetisie aan die Transkeise Wildekus in die Oos-Kaap.
Weermaglid vir rower aangesien, vermoor
Die polisie in Hartbeespoortdam in Noordwes ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn lid van die weermag vermoor is toe hy glo vir ʼn rower aangesien is.
5 kinders verbrand terwyl vrou glo gaan drink
Vyf kinders het Sondag in die vroeë oggendure in Noordwes doodgebrand terwyl die vrou wat na hulle moes omsien glo by ʼn kroeg was.
Sithole-moordenaars: Vonnisoplegging hervat
Die vonnisoplegging van die twee mans wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole het Vrydag in die Johannesburg-landdroshof begin en sal Maandag hervat.
SA kry toekenning vir stryd teen malaria
Suid-Afrika het die 2016-Alma-toekenning ontvang vir die stryd teen malaria.
Rouxville-aanval: Vrou steeds kritiek maar toestand verbeter
Cecilia Cilliers word steeds behandel in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ná ʼn plaasaanval Donderdagaand naby Rouxville in die Vrystaat waarin haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, doodgeskiet is.
Krugersdorp-man val na sy dood by Drie Rondawels
ʼn 34-jarige man is dood nadat hy Saterdag van ʼn 100 meter hoë krans by Drie Rondawels naby Graskop in Mpumalanga geval het.
Man kritiek, twee ernstig ná ineenstorting by winkelsentrum
Drie mans is Sondag beseer weens die ineenstorting van ’n betonblad by Eastgate Mall aan die Oos-Rand.
Man met bottel doodgesteek
ʼn 31-jarige man is Saterdagaand met ʼn gebreekte bottel in die Johannesburgse middestad doodgesteek.
Drie vas ná roof voor kringtelevisiekameras
Drie verdagtes is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hulle Sondagoggend glo ʼn man voor kringtelevisiekameras in die middestad beroof het.
N4-botsing eis ses
Ses mense, onder wie ʼn kind, is dood nadat twee voertuie Saterdag reg van voor op die N4 naby Belfast in Mpumalanga gebots het.
US-taalbeleid: AfriForum stel regsaksie in
AfriForum se regspan het Vrydag ʼn aanmaning aan die uitvoerende bestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) beteken.
‘Kapers’ vinnig in Durban aangekeer
Twee mans is Saterdag spoedig in Sydenham in Durban in hegtenis geneem kort nadat hulle glo ʼn motor gekaap het.
Drie Lesotho-tieners vas vir dwelmhandel
Drie tieners van Lesotho is Vrydag in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat 125 kg dagga in hul besit gevind is.
Tiener sterf in steengroef
ʼn Vrystaatse seun, vermoedelik 16 jaar oud, is dood nadat hy Saterdag sowat 40 m ver in ʼn steengroef geval het.
Hofbevel om elektrisiteit te herstel
Die burgerregte-organisasie AfriForum sowel as die burgerregte-waghond AfriSake het die Noord-Gautengse hooggeregshof Vrydag op ʼn dringende grondslag genader om ʼn bevel te bekom wat Eskom sal dwing om elektrisiteitstoevoer na onder meer Hopetown, Barkly-Wes en Strydenburg te herstel.
Man sterf ná val van berg
ʼn Man is Saterdag dood nadat hy van ʼn 100 meter hoë krans naby Nelspruit geval het.