ʼn Vermeende dwelmsmokkelaar wat glo deur Facebook gewerf is, is Dinsdag by die Beitburg-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe betrap met 4 200 heroïenkapsules.
PE-visserman in Mosambiek vermis
Die polisie in Port Elizabeth het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn plaaslike visserman wat in Mosambiek gewerk en verdwyn het.
‘Matrieksertifikaat nie genoeg vir goeie werk’
Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê die verwerwing van ’n matrieksertifikaat is onvoldoende om ’n goeie werk te bekom.
Verkeersbeampte vas oor omkoopgeld
ʼn Verkeersbeampte van Klerksdorp in Noordwes is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo omkoopgeld van ʼn motoris geëis het.
Centurion-man sterf in Mosambiek
Johan Westervelt, ʼn 30-jarige sakeman en kranige sportman van Centurion, is op Nuwejaarsdag in Mosambiek dood.
Vier dood ná bus omslaan; pad gesluit
Vier mense is dood en talle beseer ná ʼn bus Woensdag op die N1 in Limpopo omgeslaan het.
Geldwa buite Malelane opgeblaas
Nagenoeg 10 rowers het Dinsdagoggend ʼn geldwa van die veiligheidsmaatskappy G4S naby Malelane in Mpumalanga opgeblaas.
Kookwatermoorde: Ma vra seun moet in aanhouding bly
Die moordsaak van twee verdagtes wat glo twee familielede en ’n baba in Katlehong aan die Oosrand met ’n mes gesteek en daarna in ’n bad vol kookwater gegooi het, is uitgestel hangende verdere ondersoek.
Saak oor ‘wittes moet opgekap word’
ʼn Jong man van Kaapstad het ʼn saak van crimen injuria aanhangig gemaak teen ʼn Facebook-gebruiker wat glo op sy profiel gesê het wittes verdien om “soos die Jode opgekap en doodgemaak te word”.
Tienermeisie steeds vermis in see
Vier tienermeisies is Dinsdagaand deur seestrome by Dappat se Gat by Kogelbaai naby Gordonsbaai meegesleur toe hulle gaan swem het.
Nuuskommentaar: Rassisme en verheerliking van apartheid strafbaar?
Die vinnigste manier om die kwessie te laat ontspoor is om te maak asof die euwel van rassisme slegs ’n wit teenoor swart verskynsel is, want so ’n houding is self grondig rassisties.
Noord-Korea se kerntoets veroordeel
Verskeie lande, waaronder Japan, Suid-Korea, Brittanje en die VSA het Noord-Korea skerp veroordeel vir die toets van ’n waterstofbom in die noordooste van die land.
Hittegolf: Wees voorbereid
Met die hittegolf wat tans groot dele van die land in sy kake het, word mense aangeraai om nie vir lang tye buite te wees nie.
Voortvlugtige vas toe hy glo op groep losbrand
ʼn Vermeende bendelid van Port Elizabeth wat vir weke deur die polisie gesoek is vir moord, is vasgetrek nadat hy glo Sondag op ʼn groep inwoners losgebrand het.
Lyk van vermiste Tuks-werker op kampus gevind
Die liggaam van ʼn projekbestuurder by die Universiteit van Pretoria (UP) is Woensdagoggend in ʼn toilethokkie in ʼn badkamer gekry met ʼn plastieksak om sy kop.
Matriekuitslae: Wes-Kaap span die kroon
Van al die provinsies het die Wes-Kaap die beste matriekresultate vir 2015.
ANC-verjaardag: Derduisende in Rustenburg verwag
Meer as 120 000 mense word dié naweek by die ANC se 104de verjaardagviering, wat by Phokeng naby Rustenburg gehou word, verwag.
‘Maak rassisme ʼn misdaad’, vra ANC
Na aanleiding van inskrywings op sosiale media wat die afgelope ruk opslae gemaak het en waarin onder meer na swart mense as “ape” verwys is, het die ANC Dinsdag gesê dit het tyd geword om rassisme te kriminaliseer.
Vrou uit puttoilet gered
ʼn Vrou wat in ʼn puttoilet in Bankara naby Kuruman in die Noord-Kaap vasgekeer was, is Dinsdagmiddag gered.
‘Werklike matriekslaagsyfer is minder as 36%’ – AfriForum
Die burgerregteorganisasie AfriForum het gesê die gevolg van politiekery in plaas van leierskap is ʼn werklike matriekslaagsyfer van minder as 36%.