Reën word van Maandag af oor ʼn groot deel van die binneland voorspel volgens die langtermynvoorspelling van die Noorweegse weerdiens.
Gauteng skole dalk gesluit oor ‘onaanvaarbare’ slaagsyfer
Nege onafhanklike skole wat in die afgelope matriekeksamen ʼn slaagsyfer van minder as 40% behaal het, kan moontlik gederegistreer word.
Derduisende sê hul sê oor e-tol
Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Donderdag gesê hulle het meer as 117 000 voorleggings ontvang in reaksie op die voorgestelde regulasie wat motoriste sal dwing om verkeersboetes en e-tol te betaal.
Ina Bonnette ervaar nou vrede
Dis vier jaar sedert Ina Bonnette ʼn wrede aanval deur haar eksman, Johan Kotzé, die sogenaamde “Modimolle-monster”, oorleef het.
Grootste lotery-boerpot in VSA-geskiedenis
Amerikaners koop verwoed kaartjies vir Saterdag se Powerball-loterytrekking.
‘Rustenburg oop om geplunder te word’
Cosatu in Rustenburg het Donderdag gesê die vakbond is verras en teleurgesteld dat Bheki Khenisa, die munisipale bestuurder, geskors is.
Kleuter weer in hospitaal ná byna-verdrinking
Miané Ainslie van Witbank, die 22 maande oue dogtertjie wat byna in ʼn opblaasswembad verdrink het, is weer in die hospitaal opgeneem.
Stappe teen staatsamptenaar oor ‘kap wittes op’
Die Gautengse departement van sport, kuns, kultuur en ontspanning het Woensdag gesê hy gaan stappe doen teen ’n werknemer na aanleiding van uitlatings op Facebook.
Nuuskommentaar: Lesse uit rassegeweld in Keulen
Tydens die Nuwejaarsvieringe in Keulen, Duitsland, het liederlike misdadige tonele hulle afgespeel en die vingers wys na mans met ’n Noord-Afrika-voorkoms. Die hoofstroommedia se aanvanklike swye hieroor word nou saam met die verskynsel self ontleed. Dit lyk of daar raakvlakke tussen “politieke korrektheid” in Duitsland en die jongste rasseherrie in Suid-Afrika was.
‘Basiese onderwys is ontvouende tragedie’
Baie leerders voltooi nooit hul hoërskoolloopbaan nie aangesien hulle moeilike vakke in Engels, wat nie hulmoedertaal is nie, probeer baasraak.
Tuks-moord: ‘Hulle moes hom dopgehou het’ sê vrou
“Tuks was sy lewe. Hy het die kampus soos die palm van sy hand geken.”
Wits: Derduisende doen aansoek; plek beperk
Die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) het meer as 70 000 aansoeke ontvang.
[Foto’s] Pippie se ma glo sy sal weer loop
“Ons sien net hoe sterk sy word en elke dag behaal sy ietsie kleins – hoe sy nog iets probeer en nog ʼn woordjie sê. Ek gaan haar nie aanjaag nie – alles sal op die regte tyd gebeur.”
Cosatu, SAKP waarsku ANC oor raadslede
Die SAKP en Cosatu het met die plaaslike verkiesing wat al nader kom die ANC gewaarsku om nie ongewenste plaaslike raadslede op kiesers af te dwing nie.
SA diplomaat in ongeluk in Oslo: Noorweë se versoek
Die diplomaat, in sy 50’s, het glo Sondag kort ná middernag onder die invloed van alkohol bestuur toe hy teen ʼn ander motor gebots het.
Nuusleser in sop oor hy onderwysminister ‘spot’
ʼn Senior nuusleser van eNCA is in die sop nadat hy glo ʼn bespotting gemaak het van Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, se uitspraak.
‘ANC is eensydig oor rassisme’
“Die ANC kan nie vertrou word om rassisme in Suid-Afrika te beheer nie, aangesien sommige van die land se grootste rassiste senior leiersposisies in die ANC beklee,” het AfriForum Woensdag gesê.
[Video] Vrystaat-gemeenskap pleit om ramphulp
Namate die droogtegreep in die Vrystaat verstewig, word trekkers, bakkies en vragmotors ingespan om water aan te ry vir dorstige gemeenskappe. Dis nou al weke lank ’n alledaagse gesig op Senekal.
Twee kritiek, kinders beseer in Krugersdorp-botsing
Twee mans is kritiek en twee kinders beseer nadat twee bakkies Woensdagmiddag op die R24 in Krugersdorp gebots het.
‘Facebook-dwelmsmokkelaar’ by grenspos vasgetrek
ʼn Vermeende dwelmsmokkelaar wat glo deur Facebook gewerf is, is Dinsdag by die Beitburg-grenspos tussen Suid-Afrika en Zimbabwe betrap met 4 200 heroïenkapsules.