Die raad van die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ʼn voorstel dat Engels die primêre medium van onderrig moet word, goedgekeur.
12-jarige deur weerlig doodgeslaan
ʼn 12-jarige seun is in Howick in KwaZulu-Natal deur weerlig doodgeslaan.
Ontsnapte loop rieme styf
Theo Botha (56), wat tronkstraf uitdien vir die moord op sy dogter en ʼn huishulp en wat vroeër die week uit aanhouding ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.
Man vermoor, vrou erg verniel in plaasaanval
Die polisie is op soek na ses verdagtes in verband met ʼn plaasmoord in die Spruitfontein-omgewing naby Rustenburg in Noordwes.
Ses dood, talle beseer in KZN-ongelukke
Ses mense is Vrydagaand dood en 37 beseer in ongelukke aan die KwaZulu-Natalse suidkus.
Man beëindig liefdesdriehoek tragies, sê polisie
ʼn Vermeende liefdesdriehoek het in ʼn treurspel ontaard toe ʼn man glo sy vriendin en haar beweerde minnaar doodgeskiet het en toe selfmoord gepleeg het.
Polisieman sterf ná kaping; man in hof
ʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn polisiebeampte van Noordwes tydens ʼn kaping geskiet het, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.
Drie liggame in huis gevind
Die liggame van drie mans, tussen 20 en 22 jaar oud, is in ʼn huis in Bethelsdorp in die Oos-Kaap gevind.
NVG soek Oscar so gou moontlik terug in hof
Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Vrydag gesê hy wil Oscar Pistorius so gou as moontlik in die hof kry nadat hy skuldig bevind is aan die moord op Reeva Steenkamp.
Valke red 24 kinders uit ‘smokkelaars’ se kloue
Die Valke in Limpopo het toegeslaan op twee taxibestuurders wat daarvan verdink word dat hulle probeer het om mense van Zimbabwe na Suid-Afrika te smokkel.
Vonnisoplegging van moordenaars uitgestel
Die vonnisoplegging van die twee mans en een minderjarige wat verantwoordelik is vir die dood van Emmanuel Sithole, is Vrydag in die Johannesburg-landdroshof uitgestel omdat die voorvonnisverslae nog nie beskikbaar was nie.
Fochville-pa voor seun doodgeskiet
ʼn Man van Fochville in Gauteng is Vrydagoggend koelbloedig voor sy seun vermoor.
Goeie nuus: Charlie weer terug by die huis
ʼn Dankbare ma van Witbank in Mpumalanga is Donderdag, byna twee maande sedert haar 25-jarige seun in die Kameeldrift-omgewing oos van Pretoria verdwyn het, weer met hom herenig.
Polisie waarsku teen aanlyn slenter oor werk
Die polisie waarsku teen ʼn aanlyn slenter wat mense per SMS uitnooi om aansoek te doen om sogenaamde polisieleerling-betrekkings in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).
Boer bel om hulp voor finale doodskoot
ʼn Bejaarde boer van Aberdeen in die Oos-Kaap is Donderdagaand koelbloedig in sy huis doodgeskiet.
Ongeluk naby Bloemfontein eis man se lewe
ʼn Man is dood en ʼn vrou beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het buite Bloemfontein gerol het.
11 ontsnap uit brandende fabriek
Altesaam 11 mense het Donderdagaand uit ʼn brandende fabriek in Eastwood, Pietermaritzburg, in KwaZulu-Natal ontsnap.
Meer as een massaskietery per dag vanjaar in VSA
Die voorval vandeesweek in San Bernadino waartydens twee mense 14 mense by ’n partytjie afgemaai het, was die 355ste massaskietery vanjaar in die VSA waartydens vier of meer mense geskiet is.
Kaapstad óók by COP21 vereer
Die stad Kaapstad het Donderdag óók ʼn toekenning in Parys, Frankryk, by die COP21-beraad ontvang.
Nuuskommentaar: Oorlog oor ’n oorlog se naam
As ’n mens die geskiedenis wil opteken, moet dit eerlik gedoen word en nie vanuit die perspektief van die oorwinnaar nie. ’n Foutiewe berig oor die verandering van die Anglo-Boere-oorlog se naam het opnuut op die sensitiewe aard hiervan gewys.