Die prys van brandewyn gaan waarskynlik afwaarts aangepas word.
[Video] Boerboel fnuik ‘dief’ se planne
ʼn Video van ʼn hond wat ʼn vermeende inbreker buite ʼn huis bestorm en erg verskeur, word wyd op sosiale media versprei.
Afgedankte myners heraangestel
Werkers wat in 2012 afgedank is tydens die stakings wat die platinumgordel by Rustenburg lamgelê het, is heraangestel.
[Foto’s] Dramatiese skietgeveg in Lyttelton
ʼn Skietgeveg tussen vermeende kapers en die polisie is glo die rede vir die dramatiese toneel wat hom tans in Lyttelton in Centurion afspeel.
[Video] Wat ons in 2015 ge-Google het
Die soekenjin Google het bekend gemaak watter soekterme in 2015 die gewildste was.
Nuuskommentaar: Kommerwekkende Zuma se rol in komkommertyd
Danksy pres. Zuma en die tegnologie is komkommertyd ook nie meer wat dit was nie. Trouens, dis al of Zuma sy mees omstrede uitsprake juis vir hierdie tyd gebêre het en dan op internasionale vlak negatiewe opslae maak. Gaan dit vanjaar anders verloop? vra Herman Toerien.
Rolene Strauss gereed om kroon te oorhandig
Rolene Strauss gaan 19 Desember amptelik haar kroon as Mejuffrou Wêreld aan haar opvolger oorhandig wanneer die nuwe Mejuffrou Wêreld tydens die 65ste Mejuffrou Wêreld-skoonheidskompetisie in Sanya, China, aangekondig word.
Man skiet ma in bed dood
ʼn Oos-Kaapse man sal Vrydag in die hof verskyn nadat hy na bewering sy ma doodgeskiet het.
Steelpoort-plaasaanval: Derde ‘rower’ vas
ʼn Derde verdagte wat glo betrokke was by ʼn plaasaanval Dinsdagoggend op Steelpoort in Limpopo waartydens twee verdagtes doodgeskiet is, is deur die polisie vasgetrek.
MTN betwis boete
MTN het hom tot die hooggeregshof in Lagos, Nigerië gewend oor ʼn reuseboete wat dié selfoondiensverskaffer in die land ontvang het.
‘Vermiste’ gesin veilig gevind
ʼn Uitgebreide soektog na ʼn gesin van Johannesburg wat Woensdag op pad na hul vakansiebestemming vermis geraak het, het Donderdagaand tot ʼn einde gekom nadat hulle gevind is.
#ZumaMustFall: ‘Optog net die begin’
Die organiseerders van die #ZumaMustFall-optogte het gesê dit was net die eerste treë tot verandering.
Eis van Zuma se kop wys op diktatorskap
Bathabile Dlamini, president van die ANC-vroueliga, het gesê diegene wat aan optogte deelgeneem het om pres. Jacob Zuma se bedanking te eis, ondersteun ʼn diktatorskap.
Man in hof oor ‘daggalaboratorium’
William David Lowe Donald (65) het Donderdag in die Goodwood-distrikshof verskyn op aanklag van daggahandel.
Palmietvlei-vliegongeluk: Name bekend
Die twee vroue wat Woensdag dood is in die vliegtuigongeluk in die Palmietvlei-omgewing in die Oos-Kaap, se name is bekend gemaak.
Regter verbied WhatsApp in Brasilië
Ongeveer 100 miljoen Brasiliane het Donderdag gesukkel om te kommunikeer nadat ʼn regter beslis het dat die gewilde boodskapdiens WhatsApp vir 48 uur lank verbied moet word.
Halfmiljoen rand se tik in Kaapstad gevind
Wetstoepassers het Donderdag beslag gelê op tik van nagenoeg R500 000 tydens ʼn klopjag op ʼn huis in Pinelands.
Man op Durban-strand vermoor
ʼn 27-jarige man is Donderdag op Durban se strand met ʼn mes doodgesteek, ure nadat die polisie hul veiligheidsplanne vir die feesseisoen op dié strand bekend gemaak het.
Kaapstad-ma het glo kinders verwaarloos
ʼn 20-jarige vrou van Valhallapark in Kaapstad is in hegtenis geneem op aanklag van kinderverwaarlosing nadat haar kind in die vroeë oggendure glo in die straat rondgehardloop het.
Bejaarde deur spesialiseenheid gehelp ná val
Paramedici moes Donderdag ʼn bejaarde vrou te hulp snel nadat sy by haar woning in Amanzimtoti in KwaZulu-Natal geval het.